Vyf jaar tronkstraf vir hoofverdagtes in fatale ontgroening geëis
Die Belgiese staatsaanklaer het gevangenisstraf van vyf jaar geëis vir al 18 hoofverdagtes van ’n ontgroening in 2018 wat tot die dood van ’n student, Sanda Dia, gelei, het, berig VRT NWS.
Die 20-jarige Dia het in Desember 2018 aan ’n 30 uur lange ontgroening deelgeneem om ingelyf te kon word by ’n Leuvense studenteklub, Reuzegom, waartydens hy fisieke mishandeling moes verduur. Nadat hy sy bewussyn verloor het, is Dia na die ongevalle-eenheid van ’n hospitaal in Malle geneem, waar vasgestel is dat hy heeltemal te koud is en ’n veels te hoë soutgehalte in sy bloed het. Hy is twee dae ná sy opname aan orgaanversaking oorlede.
Die klub is intussen ontbind.
Volgens die aanklaer het die verdagtes veels te lank gewag om in te gryp. Gevangenisstraf van 60 maande staar die verdagtes in die gesig. Die voorsitter van die studentevereniging kan tot 50 maande tronk toe gestuur word. Die aanklaer wil ook dat alle verdagtes ’n boete van €1 000 (sowat R17 000) opgelê word. Indien die verdagtes bykomend tronkstraf kry, kan die boete volgens die Belgiese reg tot €8 000 (omtrent R134 000) oploop elk berig NU.nl.
Die dood van Dia het heelwat woede in België ontketen. Berigte van ontgroeningspraktyke soos die drink van ’n drankie bestaande uit vissous en gemaalde muise, fisieke geweld, en dat slagoffers met yskoue water in die koue winter natgegooi is, het kort ná die voorval op sosiale en hoofstroommedia die ronde gedoen.
Ousmane Dia, vader van Sanda Dia, sprak vlak voor aanvang van het proces over de nieuwe gelekte beelden van Sanda Dia: "Ik heb nooit toestemming gegeven. Het was voor mij de eerste keer dat ik die beelden zag". #robnieuws #robtv pic.twitter.com/IbgtAIjT7M
— ROBtv (@rob_televisie) April 22, 2022
De Reuzegommers die een gestoord brute doop wilden voor #SandaDia
Blijken in de rechtzaal gestoord laffe achterbakse watjes te zijn#GeenVerrassing— Marnix 🇧🇪 🇪🇺 🇫🇷 (@marnixbe) April 26, 2022
de #reuzegom wilden geen ambulance bellen omdat ze wisten dat de politie dan ook kwam en dat wilden ze toch absoluut niet ... wat zouden ze tegen mama en papa moeten zeggen ? #sandadia pic.twitter.com/Dy6MD95trm
— Vlaamse Geuzen - Stand STRONG with Ukraine (@v_geuzen) April 26, 2022
Talle beseer ná gasontploffing in woonstelgebou
Sewe mense is beseer toe ’n woonstelgebou in Bilthoven naby Utrecht deur twee gasontploffings geruk is berig die NOS. Vyf van die beseerdes was lede van die brandweer; die ander twee was polisiebeamptes. Geen inwoners is in die voorval beseer nie.
Die voorval het plaasgevind nadat die brandweer ontbied is ná die aanmeld van ’n gaslekkasie. Kort voordat die gas afgesluit is, is die gebou deur die eerste ontploffing geruk. Al die inwoners was toe reeds ontruim. Die tweede ontploffing het gevolg kort nadat die gas wel afgesluit is. Dié ontploffing het veroorsaak dat ’n deel van die gebou ineengestort het. Dit het juis op die oomblik gebeur toe die brandweer die gebou wou betree. Die gebou is tans onbewoonbaar en inwoners is elders tydelike huisvesting gebied, meld die NOS.
Foto's van kort na de tweede explosie. De schade is enorm. #Bilthoven pic.twitter.com/YNuADC3qGt
— Koen Laureij (@KoenLaureij) April 21, 2022
Geen Russiese gas vir ons nie, dankie
Nederland wil voor die einde van die jaar alle aankope van gas en olie uit Rusland staak, skryf NU.nl. Hiervoor gaan die kabinet fokus op energiebesparing, volhoubaarheid en die invoer van brandstof uit ander lande. “We willen niet langer de schatkist van Poetin spekken,” sê die minister van klimaat en energiesake, Rob Jetten. En hy glo vas dat dit haalbaar is. Nederland voer tans sowat ses miljard kubieke meter gas per jaar in. Met die uitbreiding van hawe-eindpunte vir vloeibare natuurlike gas in Rotterdam en die aanlê van ’n drywende hawe-eindpunt, is Jetten van plan om sowat agt miljard gas uit ander lande in te voer.
Ingevolge EU-sanksies moet alle EU-lande teen 11 Augustus die invoer van Russiese steenkool staak. Die kabinet wil ook probeer om olie uit ander lande in te voer.
Om te verseker dat Nederland die komende winter nie sonder gas sit nie, sal gas nou al opgeberg word. Die hoë gaspryse en wisselvallige mark maak dit egter vir privaat ondernemings onaantreklik om nou hul gasvoorraad aan te vul. Om die probleem die hoof te bied gaan die staat borg staan vir die prysrisiko’s wat ondernemings loop as hulle nou hul gasvoorraad aanvul. Die bedrag wat hiervoor geoormerk word, beloop sowat €600 miljoen (sowat R1 miljard). Die koste sal weer deur middel van ’n spesiale heffing van verbruikers verhaal word.
Vandaag op werkbezoek bij de Eemshaven in Groningen. Vanaf augustus ligt hier een drijvende lng-terminal. Daarmee kan lng (vloeibaar gas) opgeslagen en omgezet worden in aardgas voor het Nederlandse gasnet. Hiermee kunnen we extra gas importeren uit andere landen dan Rusland. pic.twitter.com/H2xzWwnDv8
— Rob Jetten (@MinisterKenE) April 25, 2022
Meer geld vir laerskoolonderwysers
Die kabinet in Nederland het €919 miljoen (sowat R15 miljard) beskikbaar gestel om die verskil tussen salarisse vir onderwysers in die basisonderwys en dié in die voortgesette onderwys te verklein. Dit kom neer op ’n gemiddelde verhoging van €5 300 (sowat R89 000) op ’n voltydse salaris. Geld word ook beskikbaar gestel om onderwysers na die beroep te lok. Onderwysers in die basisonderwys het die afgelope paar jaar verskeie kere gestaak om die aandag te vestig op hul hoë werkdruk, betreklik lae salarisse en gebrekkige investering in die onderwys, berig die NOS.
Lang gewenste en terechte verhoging voor salarissen basisonderwijs!
Hopelijk trekt het ook mensen over de streep om het vak in te gaan💪🏻#onderwijs #lerarentekort #beloning #mooivak #doen
“10 procent extra voor leraar basisschool” https://t.co/lzI6FqRJ4d
— Manfred Haveman (@Trompetfred) April 22, 2022
Geen keer aan voëlgriep nie
Die dorp Lunteren in die provinsie Gelderland is die jongste om deur die voëlgriepepidemie getref te word, berig die NOS. Die siekte is op ’n plaas in die omgewing vasgestel, waarna sowat 88 000 pluimvee op die betrokke plaas van kant gemaak is. Diere van sewe ander pluimveebedrywe in die nabye omgewing is ook gedood. In ’n sone van 10 km om die betrokke bedryf mag geen diere vervoer word nie. Daar is sowat 236 ander hoenderboerderye in die omgewing. Die verbod geld nie net vir hoenders nie, maar ook vir eiers en mis. Besmettings van voëlgriep is ook aangemeld in Voorthuizen en Barneveld. Sowat 600 000 hoenders is al die afgelope maand uit voorsorg van kant gemaak.
Weer vogelgriep in Lunteren. 88.000 kippen vergast, op 7 bedrijven dieren preventief gedood.
Precies zoals wetenschappers voorspelden: in regio met kippenbedrijven hutje mutje,is uitbraak vogelgriep niet te stoppen. Landbouwlobby hield krimp echter tegen. https://t.co/1auVpWzhk0
— Sjoerd vd Wouw (@SjoerdWouw) April 23, 2022
Nieuwe detectie #vogelgriep #H5 in eendenbedrijf in #Lunteren; 294 bedrijven binnen 10 km. 3.000 eenden op dit bedrijf en 145.370 dieren op 7 bedrijven binnen 1 km worden gedood. 7e bedrijf in #Ede en #Barneveld waar virus is vastgesteld sinds 11 maart.https://t.co/1o1K6vSEjp pic.twitter.com/DxJWCaUDyL
— Thijs Kuiken (@thijskuiken) April 21, 2022
Oranje boven!
Na twee jaar van inperkings en COVID-19 kan Nederlanders weer alles loslaat en Koningsnag en -dag soos voor die pandemie vier. Talle feesaktiwiteite word landwyd gevier. In Utrecht begin Koningsnag oudergewoonte met ’n groot mark in die middestad. Die mark begin om 18:00 en word dwarsdeur die nag en die volgende dag gehou. In Den Haag word verskillende gratis optredes beplan en in Amsterdam tussen Koningsplein en Veijzelstraat is daar musiekoptredes van 19:00 tot middernag.
Koning Willem-Alexander vier vanjaar sy 55ste verjaardag saam met sy familie in Maastricht, en Maastrichters gaan ook nie op hulle laat wag wat musiek- en dansgeleenthede betref nie.
Maastricht maakt zich op voor Koningsdag #MagnifiekZL
📸: joep larue - Instagram pic.twitter.com/7QjPqY8j3J— Magnifiek Zuid Limburg (@magnifiekZL) April 25, 2022
Ook station Maastricht in Koninklijke kleuren. @uitMaastricht kleurt oranje voor het Koninklijk bezoek morgen! #koningsdag @ProRail @NS_online @Arriva_NL pic.twitter.com/u9Xm3kJCOo
— cescoholtus (@cescoholtus) April 26, 2022
Geen ereherstel van “heks” ná 400 jaar
Die Belgiese stad Oostende het besluit om nie die naam van ’n vrou in ere te herstel wat 400 jaar gelede deur die burgemeester en wethouer as heks na die brandstapel gestuur is nie, berig VRT NWS. Raadslid Vanessa Vens het die stad gevra om die vrou se naam in ere te herstel omdat heksevervolgings volgens haar ’n manier was om vroue te onderdruk. Die stad voer egter aan dat daar op die oomblik belangriker dinge is om op te fokus en dat daar nie nou tyd is om ’n behoorlike ondersoek na die voorval te doen nie.
Bart Plasschaert, die “Schepen Oostende, bevoegd voor Vrije Tijd, inclusief Cultuur, Jeugd en Sport”, iemand wat dus wat die wette hierom heen moet toepas, sê verder: “Daarnaast is het een heel specifiek dossier uit 1605, waarvan niemand juist weet wat er gebeurd is. De aanklacht staat wel op papier, maar het is waarschijnlijk niet goed onderzocht. Ik vraag me ook af hoe we de gebeurtenissen van toen nog kunnen onderzoeken.”
Vens voel egter dat dit juis nou tyd is om die vrou se naam in ere te herstel. “Ik ben zelf geschrokken toen ik het verhaal hoorde. Ik hat nooit gedacht dat dit ook in Oostende zou gebeurd zijn.”
In die stede Nieuwpoort en Menen is die vervolging van hekse wel ondersoek. Tussen 1480 en ongeveer 1700 is tussen 40 000 en 100 000 vroue op verdenking van heksery na die brandstapel gestuur.
Vooruit wil eerherstel voor in 1605 gewurgde heks Lievine, stad ziet dat niet zitten: “Hebben andere katten te geselen” https://t.co/4aF92tOrBR
— Nieuws Uit Oostende (@NieuwsOostende) April 26, 2022