Menseslagtings, asielsoekers, betogers en ’n brand
2022-07-14"Nederland sê jammer oor slagting in Srebrenica; ’n Antwerpse universiteitsgebou staan in ligte laaie; asielsentrum is so vol, migrante slaap buite; die polisie skiet glo op 16-jarige boerebetoger; en nóg ’n skraagdosis wink in die Lae Lande."
Voortdurende protesaksie, moordverdagtes, en die dood van ’n reus
2022-07-07"Nederlandse boere is steeds woedend oor die besluit dat stikstofproduksie in sommige dele verminder moet word en versper weer hoofroetes; nóg verdagtes aangekeer vir die moord op Peter R de Vries; Noord-Holland en die Nederlandse Bank bied verskoning aan vir slawerny; ’n Belgiese welsynswerker is al vyf maande agter tralies in Iran; en die skrywer Remco Campert is op 92 oorlede."
Kunsroof, ’n stinkstorie oor stikstof en die koning ry trein
2022-06-30"Vier rowers het Maandag helder oordag ’n kunsbeurs in Maastricht beroof; Nederlandse boere is woedend oor die kabinet se stikstofbeleid; minstens een persoon is dood toe ’n tornado deur Zeeland getrek het; die pandemie hou steeds hospitale besig; en Nederlandse koningspaar besoek Oostenryk."
Stakings, steenkool en die waarde van ’n enkele tand
2022-06-24"Nederland se belangrikste internasionale lughawe, Schiphol, het verlede week aangekondig dat hy in Julie en Augustus daagliks duisende vlugte gaan skrap; intussen het ’n staking deur veiligheidspersoneel Maandag die Brusselse lughawe lamgelê; twee Pole is naby Zeebrugge deur ’n sterk seestroom meegesleur; weens Rusland se oorlog het die Nederlandse kabinet aangekondig dat drie steenkoolkragstasies vir eers weer op volle sterkte mag werk; en België gee Patrice Lumumba se tand terug aan sy familie."
’n Stikstofkrisis, die koloniale verlede en ’n bietjie goeie nuus
2022-06-15"Nederland moet sy stikstofproduksie verminder, wat beteken sommige boere sal hul bedrywighede moet staak; ’n Nederlandse entrepreneur bou ’n elektriese motor wat 1 000 km kan aflê voordat dit weer gelaai moet word; koning Filip van België het verlede week in die Kongolese parlement erken dat die koloniale oorheersing verkeerd was; daar is ’n skerp styging in die getal COVID-19-infeksies, maar geen noemenswaardige styging in hospitaalopnames nie; en die Concertgebouw-orkes spog met ’n bloedjong nuwe hoofdirigent."
Nog ’n kindermoord en nog oorstromings
2022-06-08"Die negejarige Gino uit Maastricht se liggaam is gevind; die hofsaak rakende die moord op misdaadjoernalis Peter R de Vries het Dinsdag begin; België steier onder die swaarste oorstromings in 20 jaar; Nederland moet dalk tog gas in Groningen win; ’n pakkie sigarette kan teen 2040 sowat €47 (R773,99) kos; die Nederlandse Spoorweë het met ’n blink plan vorendag gekom om die nypende personeeltekort die hoof te bied; en koningin Máxima verras met ’n valskermsprong."
Nuus uit die Lae Lande
2022-06-01"Rusland sny gastoevoer na Nederland af; polisie gryp in om woedende sokkertoeskouers te laat bedaar; groot ontwrigting weens landwye staking in België; kerk wil skeur oor vroue in die amp; ongeluk tydens pretparkrit; hommeltuie red babadiertjies van die grassnyer; en prinses Amalia se gekose universiteit bekendgemaak."
Personeeltekorte, aappokke, wol, koraalriwwe en stambome
2022-05-25"Reisigers moes Maandag opnuut ure lank by Schiphol-lughawe in toue staan weens ’n gebrek aan personeel, en treindienste in België is ingekort om dieselfde rede; aappokke ook in België en Nederland; Nederlandse boere sukkel al hoe meer om van hul wol ontslae te raak; nuwe hoop vir koraalriwwe; en Beethoven is ’n nefie ryker."
’n Vragskip verdwaal in ’n woonbuurt; die media; die pandemie; en die droogte
2022-05-18"’n Vragskip saai verwoesting toe dit in ’n woonbuurt invaar; ’n tonnel op die A4-snelweg is Maandagoggend gesluit omdat die twee toesighoudende operateurs siek was; Nederlanders is deesdae positiewer oor seksuele minderhede; die omstrede TV-persoonlikheid Johan Derksen is weer terug op die kassie; die hoofaanbieder van Podium Witteman tree uit; kenners meen die Covid-pandemie is nog lank nie verby nie; maskers is nie meer nodig aan boord van Nederlandse vlugte nie; die droogte het die owerhede genoop om in te gryp; en koningin Máxima verjaar."
Sterftes en bevryding gedenk, immigrante en selfone
2022-05-11"Twee mense is dood en nog twee ernstig gewond ná ’n skietery in Nederland; ’n somber Dodeherdenking in Nederland en Bevrydingsdag tot in Duitsland herdenk; Vlaminge voel migrante moet assimileer; jou selfoon kos jou straks jou rybewys."
Storms op TV en energiekwessies
2022-05-04"Ook Nederland sukkel met kragvoorsiening maar ’n nuwe hittebattery bied moontlik ’n skoon oplossing; nóg ’n storm oor onaanvaarbare gedrag op TV; ’n Russiese olietenkskip die hawe geweier; chaos op Schiphol; geen maskers meer in Belgiese vliegtuie nie; en geen einde aan voëlgriep-epidemie nie."
Tronkstraf weens ontgroening geëis, gasprobleme, partytjies en hekse
2022-04-27"Vyf jaar tronkstraf vir die hoofverdagtes in ’n ontgroeningsaak geëis; sewe mense deur twee gasontploffings beseer; Nederland wil voor die einde van die jaar alle aankope van gas en olie uit Rusland staak; €919 miljoen (sowat R15 miljard) om onderwysers meer te betaal; Koningsnag en -dag kan weer soos voor die pandemie gevier word; en ’n veroordeelde heks se naam gaan nie in ere herstel word nie."
Buskaartjies, kettingbotsings en ruspes
2022-04-20"’n Paar kaartjiekontroleurs behandel ’n buspassasier hardhandig; busse loop weer na Oekraïne; Nederland se ambassade open weer in Oekraïne; voertuie van die Nederlandse weermag is in ’n kettingbotsing betrokke in Tsjeggië; groot skadevergoeding betaal ná ’n bevalling; en ruspes word met parasiete bestry."
’n Busongeluk, probleemsjokolade, kopseer dagga en beter verpakking
2022-04-14"Twee mense in ’n busongeluk dood en 10 beseer; ’n bejaarde man word dood in water aangetref; sjokoladeprodukte word onttrek; toeriste mag dalk nie meer dagga koop nie; Albert Heijn wil minder verpakking gebruik; en prinses Ariane word 15."
Zelenski se diplomasie; probleme met treine en die posdiens; en ’n skietery
2022-04-06"Wolodimir Zelenski spreek die parlemente van beide Nederland en België toe; Mark Rutte reageer met skok op die afgryslike beeldmateriaal wat Sondag opgeduik het ná die Russe se onttrekking uit die voorstad Boetja; twee broers verlede Woensdag tydens ’n skietery by ’n McDonald’s-restaurant dood; die Belgiese polisie voer ’n klopjag op PostNL-depots uit; en ’n tegniese probleem het Sondag veroorsaak dat die hele Nederlandse treinnetwerk buite werking was."