Schiphol skrap duisende vlugte per dag
Nederland se belangrikste internasionale lughawe, Schiphol, het verlede week aangekondig dat hy in Julie en Augustus daagliks duisende vlugte gaan skrap. Vir Julie mag daar daagliks nie meer as 67 500 reisigers vertrek nie; vir Augustus is dit 72 500. Vir die maand Julie beteken dit dat sowat 13 500 passasiers se vlugte gekanselleer sal word. Die maatreël is ingestel weens die nypende personeeltekort op die lughawe.
Voornemende reisigers wat reeds kaartjies bespreek het, is nog in die duister oor wat dit vir hul somervakansie inhou. Vakansiegangers wat geraak word en wat deur reisagentskappe bespreek het, sal 100% vergoed word: “De aanbieder is verantwoordelijk voor de reis. Die moet ervoor zorgen dat je toch op reis kan, dus dat ook hotel en vervoer worden omgeboekt,” aldus ’n woordvoerder van die Consumentenbond, Joyce Donat.
Vir individuele reisigers is baie nog onduidelik. Indien iemand ’n reis na die buiteland bespreek het en sy of haar vlug word gekanselleer, dan kan hulle aanspraak maak op vergoeding vir die gekanselleerde vlug, maar dit geld nie vir die ander onkoste soos hotelbesprekings en motorhuur nie.
Die NOS berig dat om besprekings via lughawens in buurlande te maak ook nie ’n gegewe is nie, aangesien byna alle Europese lughawens op die oomblik onder groot druk verkeer.
Intussen het lugrederye soos KLM en Transavia bekendgemaak dat hulle Schiphol verantwoordelik gaan hou vir die verlies aan inkomste.
Ook die Belgiese lugdiens Brussels Airlines het aangekondig dat hy dié somer 148 vlugte na Europese bestemmings gaan skrap vanweë ’n tekort aan personeel.
Ondanks de mooie beloftes van @DickBenschop voor betere arbeidsvoorwaarden op #Schiphol, staat reizigers een ‘zwarte zomer’ te wachten. Het falen van management mag nooit gecompenseerd worden door gedupeerde consumenten. Het #kabinet gooit zand in een enorme banenmotor. #BVNL pic.twitter.com/Dt4X8mGcb2
— Wybren van Haga (@WybrenvanHaga) June 21, 2022
Niet alleen Nederlanders maken zich zorgen over hun vakantievlucht, ook in onze buurlanden worden vluchten geschrapt. Luchtvaartdeskundige Joris Melkert in het #r1jn: "Je ziet overal dat de luchtvaart aan het opkrabbelen is uit een enorme diepe crisis." 🛫 pic.twitter.com/6nfzBBII0c
— NPO Radio 1 (@NPORadio1) June 17, 2022
Ook probleme op Belgiese lughawe
Intussen het ’n staking deur veiligheidspersoneel Maandag die Brusselse lughawe lamgelê, maar ander vervoersektore is ook geraak. Honderde vlugte is geskrap, maar ook busse en trems is deur die staking geraak. Nagenoeg 80 000 betogers het in Brussel die strate ingevaar.
Volgens ’n woordvoerder van die sosialistiese vakbond die ABVV, Miranda Ulens, eis stakende werkers beter koopkrag en vaar hulle uit in protes teen die streng loonnormwet. “De wet die ons beperkt om te onderhandelen over opslag moet herzien worden en we willen zelf verbeteringen voorstellen,” sê sy in ’n onderhoud aan HLN LIVE.
Weens die staking was daar Dinsdag sowat 15 000 bykomende vertrekkende passasiers, sê ’n woordvoerder van Brussels Airport, Ihsane Chioua Lekhli.
Die staking op die lughawe is ook nog nie verby nie. Later die week beplan Brussels Airlines asook Ryanair om weer te staak. Reisigers word gevra om met hul lugdiens kontak op te neem om seker te maak dat hul vlugte wel vertrek.
LIVE. Vakbonden tellen 80.000 betogers in Brussel, honderden vluchten geschrapt op Brussels Airport, hinder op bus en tram https://t.co/kUVB8mMdpj
— brigitte verhelst 🇧🇪💜🐕🐶🚴🌈 (@VerhelstBr) June 20, 2022
Brussels Airport heeft vandaag alle uitgaande vluchten geschrapt
Lees hieronder verder: https://t.co/nNJAIJYJ6A pic.twitter.com/5IMpgRlAXf
— Olleke Bolleke (@OllekeBollekeTH) June 20, 2022
Hitte sorg vir tragedie in die see
Weens die hittegolf in die suide van Europa die afgelope naweek het talle mense lafenis in die see gaan soek. Vir twee Pole het die lafenis egter ’n ongelukkige einde gehad. Die twee mans het naby Zeebrugge gaan swem, maar ’n sterk stroom het hulle weggesleur tot naby Blankenberge, sowat 6 km suid van waar hulle die see ingegaan het.
VRTNWS berig die twee mans van tussen 30 en 40 jaar oud het in ’n onbewaakte sone gaan swem. “Er spoelde één levenloos lichaam aan. De andere man werd nog gereanimeerd, maar ook voor hem kon geen hulp meer baten,” sê die polisie.
In ’n afsonderlike voorval was ’n negejarige seun van Brussel ure lank vermis in Oostende, maar is later, na ’n uitgebreide soektog, sowat 10 km verder op in Westende gevind. Volgens die polisie het hy op eie houtjie die hele ent gestap.
Grootschalige zoekactie in Oostende naar vermist kind van negen https://t.co/Y8jzdajk1X Negen jaar en 1,50m... Een grote jonge.
— Zizigone (@Zizigone) June 18, 2022
Steenkoolkragstasies moet harder werk
Met Rusland se aankondiging dat hy die gastoevoer van Nederland toedraai en dié van Duitsland met 60% verminder, het die Nederlandse kabinet aangekondig dat die drie steenkoolkragstasies in die land vir eers weer op volle sterkte mag werk. Op die oomblik wek hulle slegs 35% van hul vermoë op in ooreenstemming met die doelwitte van die Parys-klimaatverdrag. Die minister van klimaat en energie, Rob Jetten, sê die maatreël is nodig om te voorkom dat huishoudings die komende winter in die koue moet sit. Hy benadruk egter dat daar nog geen tekort aan gas is nie, maar sê “het risico van niets doen is te groot”.
Met die aankondiging het hy ook die “eerste niveau van de gascrisis” in Nederland aangekondig.
Intussen sit inwoners van Groningen, waar gaswinning aardbewings en strukturele skade aan eiendom veroorsaak, op hete kole oor of die kabinet weer gaan begin om gas te win. Staatssekretaris Hans Vijlbrief het egter op ’n nuuskonferensie beloof dat dit die allerlaaste opsie sal wees.
Gisteren besloot het kabinet dat de #kolencentrales op weer op volle kracht mogen draaien. @petersdejong licht toe waarom dit een slecht plan is. Voor het klimaat én de gasreserves.
‘Alleen met radicaal besparen komen we van afhankelijkheid Rusland af’ https://t.co/JsxKIl6ncn— Natuur & Milieu (@NatuurenMilieu) June 21, 2022
België gee ’n tand van Lumumba terug aan sy familie
België het amptelik tydens ’n seremonie in die Egmontpaleis, in die aanwesigheid van premier De Croo en sy Kongolese ampsgenoot Jean-Michel Sama Lukonde Kyenge, ’n tand van die eerste premier van die Kongo ná onafhanklikheid, Patrice Lumumba, teruggegee. Die kinders van Lumumba het die tand in ontvangs geneem.
Tydens die seremonie het premier De Croo erken dat verskeie Belgiese ministers destyds “een morele verantwoordelijkheid” dra vir die omstandighede wat tot die moord op Lumumba gelei het.
Lumumba het destyds op onafhanklikheidsdag ’n onaangekondigde beledigende toespraak in die teenwoordigheid van koning Boudewijn, premier Gaston Eyskens en verskeie eregaste gelewer. Kort daarna skei die provinsies Katanga en Kasaï af. België gryp weer in onder die voorwendsel dat hulle hul burgers wil beskerm en Lumumba verloor al hoe meer sy greep op die mag. Omdat Lumumba hom tot die Sowjetunie gewend het, is hy deur die Weste as ’n vyandige kommunis gesien. Toe die hoof van die weermag die mag in ’n staatsgreep oorneem, word Lumumba onder huisarres geplaas. Hy probeer vlug, maar word aangekeer, waarna hy op 17 Januarie 1961 ter dood veroordeel word. Sy liggaam is nooit gevind nie.
’n Lid van die koloniale polisie in Katanga het later beweer dat hy opdrag gekry het om Lumumba se liggaam te laat verdwyn, waarna dit in stukke gesny en in swaelsuur opgelos is.
De Koning ontvangt de kinderen van Patrice Lumumba: Roland, Juliana en François.
Deze ontmoeting gaat vooraf aan de ceremonie voor de teruggave van het stoffelijk overschot van de voormalige eerste minister van Congo 🇨🇩. pic.twitter.com/BYCsPu2ynn— Belgian Royal Palace (@MonarchieBe) June 20, 2022