Stikstofkrisis groot skok vir boere
Nederland moet sy stikstofproduksie in sommige natuurgebiede met tot 70% verminder. Dit beteken sommige boere sal hul bedrywighede moet staak.
Nederland het ná die Tweede Wêreldoorlog, waartydens daar groot hongersnood tydens die Duitse besetting was, tot een van die vernaamste landbou-uitvoerlande ter wêreld ontwikkel. Dié ontwikkeling kom egter teen ’n prys. Intensiewe veeboerdery veroorsaak hoë konsentrasies stikstof en versteur natuurlike ekostelsels. Dit veroorsaak dat sommige plante beter groei en die natuurlike plantegroei verdring. Op sy beurt plaas dit diere en insekte hoër op in die voedselketting onder druk weens ’n gebrek aan voedsel.
Hoewel veeboerdery nie die enigste bron van stikstofbesoedeling is nie, is dit wel die grootste. Om die besoedeling te beperk is die snelheidsgrens op paaie vroeër van 130 km/h op snelweë bedags na 100 km/h verminder en is daar ’n beperking geplaas op die toestaan van nuwe boupermitte – juis iets wat tydens die woningkrisis nie bekostig kan word nie.
Tot dusver was boere egter in die duister oor wat die beperking op stikstofproduksie vir hulle gaan beteken, maar nou is dit duidelik: Die kabinet het bekendgemaak dat stikstofproduksie dus teen 2030 – oor agt jaar – met 50% moet daal. Boere moet 40% minder stikstof produseer, wat beteken dat hulle hul veestapel met 30% sal moet verklein.
Die onderskeie provinsies moet nou met ’n plan vorendag kom om stikstofbesoedeling in hul gebiede te bekamp.
Cijfers liegen niet; veeboeren zijn al jaren het probleem;
- 80% is voor export
- slechts 1,4% BBP
- >40% totale #stikstof uitstoot
- slechte luchtkwaliteit
- ontbossing voor veevoerZet mens, dier en milieu op 1 en niet een zwaar vervuilende gesubsidieerde sector. #boeren pic.twitter.com/wB5qUKZFcd
— Carl Verheijen 🍁🌳🌍🌱🇺🇦💉 (@VerheijenCarl) June 10, 2022
Die minister van natuur en stikstof, Christianne van der Wal, sê boere het die keuse om óf hul boerderye nog meer volhoubaar te maak, of om elders te gaan boer. Laasgenoemde is egter nie vir almal ’n opsie nie, omdat die probleem landwyd voorkom.
Boere was natuurlik nie bly oor die nuus nie en ’n groep het vir groot verontwaardiging gesorg toe hulle ongenooid Saterdag voor die minister se huis opdaag om hul misnoeë te kenne te gee. Op sosiale media is reeds oproepe om eerskomende Vrydag in Den Haag te gaan betoog.
Hoe kan het nou dat Christianne van der Wal met minimale wereldkennis en een bescheiden studie van iets héél anders ("facility management") zomaar VVD-minister van "Natuur en Stikstof" wordt (met een budget van 25 miljard) en in een enorme villa woont? pic.twitter.com/qvFlyPslkw
— Ton Smit (@tonsmit) June 11, 2022
22 juni, grootste #boerenprotest ooit in Den Haag. @agractie #stikstof #stikstofbrief https://t.co/Fi3yo7Ygyy
— Caroline van der Plas (@lientje1967) June 10, 2022
Oppas Elon Musk, hier kom Lex Hoefsloot
Die Nederlandse entrepreneur Lex Hoefsloot het verlede Donderdag sy nuwe Lightyear 0-motor bekend gestel. Dié prototipe- elektriese motor kan volgens die vervaardiger 1 000 km aflê voordat dit weer gelaai moet word. Met die batterye alleen kan ’n mens 625 km ver ry, maar wat die motor van ander onderskei, is sy sonpanele op die dak wat per dag 70 km reikafstand toevoeg. “Want het belangrijkste is dat je op de snelweg ver kunt komen met een elektrische auto,” sê Hoefsloot.
Teen ’n gemiddelde snelheid van 100 km/h kan ’n mens 560 km met ’n volgelaaide battery ry. “Maar daar bovenop komt dat je 70 km per dag van de zon kunt halen,” sê hy.
Volgens Hoefsloot is een van die groot probleme met elektriese motors dat ’n mens uitgelewer is aan beskikbare infrastruktuur om die motors te laai. “Dus als je de energie direct van de zon kunt halen, betekent dat dat je niet meer op hoeft te laden.”
Omdat dit die eerste motor in sy soort is en voorlopig teen ’n lae volume gebou gaan word, kom dit met ’n stewige pryskaartjie van €250 000 (sowat R4,2 miljoen). Hoefsloot is egter vol vertroue dat die eerste modelle teen einde 2024 teen €30 000 (sowat R500 000) beskikbaar sal wees.
Belgiese koning Filip betuig spyt oor gebeure in die Kongo
Koning Filip van België het verlede week in die Kongolese parlement sy “diepste spijt voor de wonden uit het verleden” betuig.
Die koning het in sy toespraak erken dat die koloniale oorheersing verkeerd en op die uitbuiting, vernedering en rassisme van die inheemse bevolking gerig was. Die koning was saam met koningin Mathilde en premier Alexander De Croo op ’n staatsbesoek van vyf dae in die land.
Die besoek was al twee jaar vantevore beplan ter viering van 60 jaar onafhanklikheid van België, maar die Covid-inperkings het die planne in die wiele gery.
Die Kongo was in die eerste jare van koloniale besetting die persoonlike eiendom van koning Leopold II. Sy heerskappy is gekenmerk deur uitermatige wreedheid, soos die afkap van ledemate van inheemse inwoners wat nie kon of wou werk nie. Die bevolking het in dié tyd as gevolg van epidemies, hongersnood en geweld deur die koloniale heersers met miljoene afgeneem. Ná internasionale druk het die Belgiese staat later die administrasie van die Kongo oorgeneem.
Die koning het wel geen verskoning aangebied nie. Volgens VRT is die rede daarvoor omdat die koning wag op die verslag van die parlementêre kommissie oor die koloniale verlede waarin aanbevelings oor ’n moontlike verskoning verwag word.
Tot excuses kwam het niet, maar wat koning Filip in Congo zei over racisme en discriminatie is niet zonder gevolgen, ook voor België: structurele ongelijkheid schaadt iedereen. https://t.co/5jnPx9wkAs via @destandaard
— Marc Reynebeau (@ReynebeauM) June 8, 2022
En sindsdien zijn ze er sterk op vooruitgegaan…….🤨Koning Filip betuigt zijn spijt in Congo: “Koloniaal regime was gestoeld op ongelijkheid, racisme en discriminatie” https://t.co/GihReE10AS
— Dirk L..🙄🤷🏼♂️ (@Drklwrs) June 8, 2022
Volgens VRT het die meeste Kongolese nie juis aandag aan koning Filip se toespraak gegee nie en voel hulle dat hy eerder kan help om vrede in Oos-Kongo te bewerkstellig waar daar tans ’n burgeroorlog woed.
Benewens koning Filip se spytbetuiging, het hy ook ’n seldsame kakuungumasker van België af teruggebring. Die masker, waarvan daar slegs ’n paar eksemplare, is in 1953 deur die wetenskaplike Albert Maesen vir 215 Belgiese frank (sowat R90) gekoop en na België gebring.
Koning Filip geeft zeldzaam masker aan Congo https://t.co/h4ElWh8sup pic.twitter.com/nbZ8kwqua4
— De Standaard (@destandaard) June 8, 2022
Nederland hou asem op vir nog ’n COVID-19-golf
Die RIVM meld dat daar die afgelope week ’n skerp styging in die getal COVID-19-infeksies was. Die syfer het die afgelope week met 64% teenoor die voorafgaande week gestyg.
Tot dusver is daar nog geen noemenswaardige styging in hospitaalopnames aangemeld nie. Volgens die RIVM kom besmettings onder alle ouderdomsgroepe voor met die streke Amsterdam-Amstelland, Utrecht en Hollands-Midden wat uitstaan.
Volgens ’n woordvoerder van die RIVM, Susan van den Hof, styg die besmettings kommerwekkend vinnig en word dit waarskynlik deur die BA.4- en BA.5-subvariante van die Omikronvariant van die virus veroorsaak, wat aansienlik makliker as hul voorgangers versprei.
Van den Hof sê dit is belangrik dat mense self maatreëls tref, sodat die samelewing so lank as moontlik oop kan bly.
Intussen het die minister van gesondheid, Ernst Kuipers, laat blyk dat die moontlikheid bestaan dat daar vir die komende maande ’n nuwe ronde inentings nodig sal wees.
Afgelopen week nam het aantal mensen met een positieve #coronatest toe met 64 procent. In het #rioolwateronderzoek is een vergelijkbare stijging te zien (+62,4%). Dat zorgt op dit moment niet voor veel meer #ziekenhuisopnames.
➡️ https://t.co/30utal3BX5 pic.twitter.com/gxJ8ECaA1B
— RIVM (@rivm) June 14, 2022
Kuipers houdt er rekening mee dat in de komende maanden nieuwe vaccinatierondes nodig zijn. https://t.co/Z03sDw1MiH
— RTL Nieuws (@RTLnieuws) June 13, 2022
Concertgebouw-orkes spog met bloedjong nuwe hoofdirigent
Die Koninklike Concertgebouw-orkes, een van die beste orkeste ter wêreld, het uiteindelik weer ’n nuwe hoofdirigent ná die omstrede vertrek van Daniele Gatti in 2018. Die 26-jarige Fin, Klaus Mäkelä, word vanaf 2027 hoofdirigent. Tot dié tyd sal hy die funksie van artistieke vennoot beklee sodat hy eers sy ander verpligtinge kan afrond.
Mäkelä kom uit ’n musikale familie. Sy pa is ’n tjellis, sy ma ’n pianis en sy oupa ’n violis en altviolis. Daarbenewens speel sy jonger suster ook altviool en is sy ’n danseres by die Finse Nasionale Ballet. Mäkelä se deurbraak het in 2017 gekom toe hy die eerste keer die Sweedse Radiosimfonieorkes gedirigeer het, waarna hy in die volgende jaar as die jongste vaste dirigent ooit by die orkes aangestel is. Daarna is hy in 2020 vir drie jaar aangestel as hoofdirigent van die Oslo Filharmoniese Orkes. Ná ’n periode in 2019 as gasdirigent van die Orchestre de Paris het hy ’n kontrak van vyf seisoene by dié orkes losgeslaan.
Oor die Concertgebouw-orkes sê hy in ’n onderhoud met Nieuwsuur: “Toen ik in 2020 voor de eerste keer met ze optrad, was dat een bijzonder moment voor me. Hun klank is heel speciaal, gevoelig en gelaagd. Het heeft een warmte die geen enkel ander orkest heeft.”
Met sy aanstelling word Mäkelä die agtste dirigent in die 130-jarige bestaan van dié wêreldberoemde orkes, en word deur name soos Bernard Haitink, Mariss Jansons, en Riccardo Chailly voorafgegaan.
Honoured to start a long-term collaboration with the Royal Concertgebouw Orchestra! @ConcertgbOrkest
Photo credit: Marco Borggreve pic.twitter.com/WpRiVFvULk
— Klaus Mäkelä (@klausmakela) June 10, 2022
👏@klausmakela is benoemd tot chef-dirigent van het @ConcertgbOrkest! In september 2020 maakte de 26-jarige Fin een bijzonder overtuigend debuut bij het Amsterdamse orkest➡️https://t.co/DkbAiiZh9U 📸ANP
— NPO Radio 4 (@NPORadio4) June 10, 2022