Milton Webber

Milton Webber (1976) is ’n vryskuttaalpraktisyn wat tans in Nederland woon. Hy het sy studies aan die destydse Kaapse Technikon begin waar hy die Nasionale Diploma: Taalpraktyk verwerf het. Later het hy aan Unisa sy studie voortgesit met Duits en Musiekgeskiedenis as hoofvakke. Hy het ook Nederlandse lesse by Alfred Schaffer geneem. Milton het in die reklamebedryf begin werk en later by verbruikers- en bedryfstydskrifte as redakteur, subredakteur en vertaler gewerk. Hy is tans redakteur van die taalspeletjie Beter Afrikaans en was tot onlangs nuusskrywer vir RSG. Hy maak steeds bydraes vir die boekeprogram, byvoorbeeld oor die Week van de Afrikaanse Roman en Het Festival over het Afrikaans in Nederland. Milton hou van reis en maak graag musiek. As hy nie agter die rekenaar besig is met ’n taalopdrag nie, sal jy hom dalk êrens agter die orrel in ’n kerk raakloop.

’n Busongeluk, probleemsjokolade, kopseer dagga en beter verpakking

Milton Webber In het nieuws 2022-04-14

"Twee mense in ’n busongeluk dood en 10 beseer; ’n bejaarde man word dood in water aangetref; sjokoladeprodukte word onttrek; toeriste mag dalk nie meer dagga koop nie; Albert Heijn wil minder verpakking gebruik; en prinses Ariane word 15."

Zelenski se diplomasie; probleme met treine en die posdiens; en ’n skietery

Milton Webber In het nieuws 2022-04-06

"Wolodimir Zelenski spreek die parlemente van beide Nederland en België toe; Mark Rutte reageer met skok op die afgryslike beeldmateriaal wat Sondag opgeduik het ná die Russe se onttrekking uit die voorstad Boetja; twee broers verlede Woensdag tydens ’n skietery by ’n McDonald’s-restaurant dood; die Belgiese polisie voer ’n klopjag op PostNL-depots uit; en ’n tegniese probleem het Sondag veroorsaak dat die hele Nederlandse treinnetwerk buite werking was."

Poetin se aggressie raak steeds die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-03-31

"Die Russiese inval word steeds in die Lae Lande gevoel; somertyd word ingevoer; skraagdosisse teen Covid; ’n motorongeluk eis twee lewens; en groot skade ná ’n brand in ’n historiese kasteel."

Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke

Milton Webber In het nieuws 2022-03-24

"Vlugtelinge uit Oekraïne mag binnekort koninklik ontvang word; ’n besonderse energiepark begin krag opwek; verskeie mense is dood in twee motorbotsings; en die Arvo Pärt-fees word luisterryk afgeskop."

Koebaai koronamaatreëls!

Milton Webber In het nieuws 2022-03-17

"Die kabinet in Nederland het besluit om vanaf volgende week Woensdag alle verpligte koronamaatreëls af te skaf, Nederland is by die stembus, verligting kom vir armer mense terwyl meer mense petrol steel en ’n waardevolle skat uit ’n vorige oorlog ontdek."

Poetin se oorlog hou Europa besig

Milton Webber In het nieuws 2022-03-10

"Poetin se aggressie in Oekraïne word ook deeglik in die Lae Lande gevoel; ’n ander despoot se standbeeld word aangeval; en padsterftes haal dié week die nuus."

Donker wolke van onsekerheid sak op Europa toe

Milton Webber In het nieuws 2022-03-02

"Ondanks al die waarskuwings het niemand gedink dat Rusland Oekraïne wel sou inval nie. Die Weste, insluitend die Lae Lande, het dadelik gereageer met ongekende streng sanksies." ~ Milton Webber berig hieroor en nog meer.

Oekraïne ook op die spits in die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-02-23

"Rusland se optrede met betrekking tot Oekraïne word met sanksies gestraf; Nederland en België oorweeg nou om wapens aan Oekraïne te lewer; ’n gyselaarsdrama in Amsterdam; enorme storms veroorsaak ongekende skade in Europa; premier Rutte vra verskoning vir Nederlanders se optrede tydens Indonesië se vryheidstryd; en ’n gesonke Nederlandse vragskip is klaarblyklik aan die Suid-Afrikaanse kus opgespoor."

“Naar het nieuwe normaal”

Milton Webber In het nieuws 2022-02-16

"België en Nederland versoepel koronamaatreëls; vragmotorbetogers misluk in hulle pogings om Den Haag en Brussel lam te lê; en tronkstraf bepleit vir diegene wat gays wil ‘genees’."

Oekraïne, kindersterftes, seksuele teistering, seiljagte en inflasie

Milton Webber In het nieuws 2022-02-09

"Premier Mark Rutte van Nederland was verlede week op besoek aan Oekraïne; ’n vyfjarige kleuter is Maandag op ’n treinspoor dood; twis oor ’n brug wat tydelik uitmekaargehaal moet word om plek te maak vir ’n nuwe seiljag van Jeff Bezos; nóg ’n bekende bedank weens beweerde seksuele teistering; en inflasie styg in Nederland."

Krisis in Oekraïne wek kommer, Corrie saai verwoesting, en goeie nuus vir reisigers

Milton Webber In het nieuws 2022-02-02

"Dreigende optrede van die Weste teen Rusland kan daartoe lei dat Rusland sy gastoevoer na Wes-Europa afsny; die eerste storm van 2022 het Maandag behoorlik vir konsternasie gesorg; vanaf afgelope Sondag hoef Suid-Afrikaners nie meer in kwarantyn te gaan by hul aankoms in Nederland nie; en die grootste seesluis ter wêreld open in Ijmuiden."

Verstekelinge, vlugtelinge, verraaiers, voëlgriep en vokale protes

Milton Webber In het nieuws 2022-01-25

"’n Verstekeling is op Schiphol in die neuswiel van ’n vragvliegtuig uit Suid-Afrika aangetref; omstredenheid oor The voice of Holland kring verder uit; die Switserse Anne Frank-fonds het die bevindings van die ondersoekspan oor die beweerde verraaier van Anne Frank en haar gesin skerp gekritiseer; gewelddadige betogings wil stem verleen aan diegene wat skynbaar nie gehoor word nie; en voëlgriep rig groot skade in die landbou aan."

Dood en verraad in die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2022-01-19

"Die gewilde sangkompetisie The voice of Holland word onmiddellik stopgesit; ’n jongman van Franse afkoms word aangekeer kort nadat hy glo ’n niksvermoedende vrou voor ’n aankomende moltrein gestoot het; ’n vierjarige se lyk word gevind; en ’n ondersoekspan het skynbaar die verraaier van Anne Frank geïdentifiseer."

’n Nuwe Nederlandse kabinet, misdaad en Covid

Milton Webber In het nieuws 2022-01-13

"Die nuwe Nederlande kabinet is uiteindelik Maandag ingehuldig; ’n 14-jarige misdaadslagoffer word begrawe; moontlik aanslag op joernalis afgeweer; betogings teen inperking duur voort, terwyl infeksies styg. Hospitalisering neem af in Nederland, terwyl België dalk nie meer Covid-gevalle in hospitale gaan prioritiseer nie."

Onrus en vuurwerk lui die nuwe jaar in

Milton Webber In het nieuws 2022-01-05

"Die nuwe jaar het onrustig en onlustig begin in Nederland met verskeie betogings en selfs ’n moord. In België is vier mense dood weens ’n gasontploffing. Daar is ook uitstekende nuus vir kunsliefhebbers."

Verified by MonsterInsights
Top