Kontrolering van buskaartjie ruk hande uit
Die polisie in die Belgiese stad Gent ondersoek ’n voorval tussen ’n paar kaartjiekontroleurs en ’n 19-jarige pendelaar wat nie ’n kaartjie gehad het nie.
Volgens die busdiens De Lijn wou die vrou vinnig nog ’n kaartjie via SMS koop toe die kontroleurs in die bus instap. Dit was egter veels te laat en sy is om haar identiteitsbewys gevra sodat hulle vir haar ’n boete kon uitskryf.
Het Nieuwsblad berig dat die vrou volgens haar wel ’n geldige kaartjie gehad het, wat tot ’n rusie tussen haar en die kontroleurs gelei het.
Op die beeldmateriaal kan ’n mens sien hoe die kontroleurs om die vrou staan, en in ’n stadium hoor ’n mens die kontroleur sê: “Ik ben het beu, ik ga u op de grond smijten.”
Die vrou word dan hardhandig in hegtenis geneem.
Die vrou sê in ’n verklaring: “Ik was voor vijf seconden aan het stikken.”
Die polisie het by die volgende halte tussenbeide getree. De Lijn en die Gentse polisie het die voorval bevestig en gesê die saak word ondersoek.
De Lijn sê in ’n verklaring: “Indien uit het onderzoek zou blijken dat er dingen gebeurd zijn die niet kunnen, nemen wij sancties. Laat ons duidelijk zijn: geweld tegen reizigers kan niet door de beugel en veroordelen wij ten strengste.”
Geweld gebruiken is nooit goed te keuren, maar die meiden hadden ook maar es deftig moeten betalen voor een ticket, dan was er ook geen probleem geweest!
: beelden tonen schermutseling tussen controleurs van De Lijn en reizigers zonder geldig ticket https://t.co/DELj5EOpgL
— juisseppe amigoss (@JuisseppAmigoss) April 15, 2022
Langafstandbusdiens ry weer na Oekraïne
Die busdiens Flixbus het aangekondig dat hy van Maandag af weer van België en Nederland na Oekraïne reis, berig nu.nl.
Flixbus sê in ’n verklaring reisigers sal binnekort onder meer na die hoofstad Kiëf kan reis. Volgens Flixbus is daar baie mense wat Oekraïne verlaat het en nou weer wil terugkeer.
Volgens Flixbus se webwerf kan ’n mens al van Maastricht na Kiëf reis met ’n tussenverbinding in Warskou. Dit is ook moontlik om vanaf Brussel te reis. Die busdiens ry ook na ander Oekraïense stede, soos Lwif.
Oekraïne staan egter nog op die Nederlandse Rijksoverheid-reisadviesdiens op rooi: “Wat uw situatie ook is: ga er niet naartoe.”
Nederlandse ambassade open weer in Oekraïne
Die Nederlandse minister van buitelandse sake, Wopke Hoekstra, het bekend gemaak dat die Nederlandse ambassade in Oekraïne weer oop is. Volgens Hoekstra het ’n klein deel van die Nederlandse ambassadepersoneel afgelope Saterdag na Oekraïne teruggekeer en opereer vanuit Lwif.
Die ministerie sê in ’n verklaring bykomende veiligheidsmaatreëls is getref om personeel teen byvoorbeeld lugaanvalle te beskerm.
Die opening van die ambassade is volgens Hoekstra van groot belang, aangesien dit kontak met die Oekraïense regering en ook kontak met ander lande vergemaklik. Dit help ook om die veiligheidsrisiko’s beter te evalueer.
Ambassadeur @jennesdemol1 is met een klein deel van het Nederlandse ambassadepersoneel dit weekend teruggekeerd naar Lviv in het westen van #Oekraïne. Het team gaat werkzaamheden uitvoeren op diplomatiek terrein, samen met andere teruggekeerde EU-landen.https://t.co/8Q6NcleQOM
— Wopke Hoekstra (@WBHoekstra) April 19, 2022
Kettingbotsing van Nederlandse konvooi in Tsjeggië
Die Nederlandse Departement van Verdediging het bekend gemaak dat vyf voertuie van die Nederlandse leër in Tsjeggië in mekaar vasgery het. Die voertuie is deel van drie konvooie van Patriot-lugafweerstelsels wat vanaf Limburg in Nederland na Slowakye vervoer is.
Die NOS berig dat die ongeluk afgelope Saterdag gebeur het. ’n Woordvoerder van die Departement van Verdediging sê die ongeluk het op ’n gladde pad ná swaar reën gebeur. Niemand is in die voorval beseer nie. Vier van die vyf voertuie is wel swaar beskadig. Geen voertuig wat lugafweerstelsels vervoer, was in die ongeluk betrokke nie.
Bij slecht zicht moet je afstand houden hè? Kop-staartbotsing Nederlandse leger in Tsjechië. https://t.co/r0Uxwft4Cd
— Belle 🇺🇦 💪 (@Belleblabla) April 17, 2022
Arts kry een miljoen euro skadevergoeding ná mislukte epiduraal
Het Nieuwsblad berig dat die hof in België beslis het dat ’n dokter op skadevergoeding van een miljoen euro (sowat R16 miljoen) geregtig is ná ’n epiduraal tydens haar bevalling skeefgeloop het. Tydens die voorval, sewe jaar gelede, het die narkotiseur ’n fout gemaak met die inspuiting van ’n kateter.
Die gevolg was dat die dokter gedeeltelik verlam is en verskriklike neuropatiese pyn moes verduur. Die narkotiseur en Ziekenhuis Netwerk Antwerpen het privaat speurders gehuur om te probeer vasstel of die dokter nie haar simptome veins nie. Die hof het egter beslis dat die beeldmateriaal te eensydig is. “Het is niet uit te sluiten dat enkel de sporadische betere momenten aan de rechtbank getoond werden,” staan in die vonnis geskryf.
“Wij zijn tevreden dat er een uitspraak is, de rechtbank heeft mijn cliënte over de hele lijn gelijk gegeven,” sê advokaat Kris Luyckx namens die slagoffer. “De komende tijd zullen we met de verzekeraar van de tegenpartij, Ethias, afspreken om de juiste bedragen voor de schadevergoeding te bekomen.”
Bestryding van die eikeprosessieruspe het begin
Die eikeprosessieruspe sorg die afgelope paar jaar vir heelwat irritasie.
Die indringerspesie, oorspronklik van Suid-Europa, vorm in die lente groot neste van drade en brandhaartjies op boomstamme. Dit is juis dié brandhaartjies wat by mense vel- en oogirritasies veroorsaak. Die gediertes hou ook ’n gevaar vir honde en perde in.
Die insekte skiet hul brandhaartjies af wanneer hulle bedreig voel, en die haartjies tas dan die vel, oë en lugweë van mense, honde en perde aan. Die haartjies versprei ook deur die wind, wat dit nog lastiger maak om te vermy.
Om die probleem aan te pak het sommige plaaslike owerhede soos Enschede reeds op Paasmaandag begin om die ruspe met behulp van nematodes, ’n soort parasiet, te bestry. RTV Oost berig dat Enschede op Paasmaandag na sonsondergang begin het om 21 000 eikebome met nematodes te bespuit. Die nematodes word as ’n omgewingsvriendelike bestrydingsmetode beskou, maar sommige wetenskaplikes wys daarop dat ook ander ruspes die nematodes inkry en sterf. Daarbenewens is die nematodes ook skadelik vir voëls.
Met levende aaltjes de processierups in Haaksbergen te lijf https://t.co/2jiuyN0wbX
— Tubantia Enschede (@TCTEnschede) April 11, 2022