Covid steel Kersfees en daar is ’n wolf by die deur
2021-12-22"Streng inperking het baie Nederlanders onkant betrap, Belge kan verwag om weer, soos vroeër, sogenaamde contactbubbels van twee tot drie huishoudings te vorm, prikspijt en knaldrang maak opslae en ’n moeë wolf laat boere rooi sien."
’n Nuwe regering, ’n nuwe wêreldkampioen en ’n nuwe variant
2021-12-15"Mark Rutte kon uiteindelik, ná 217 dae, ’n nuwe regering begin saamstel, Max Verstappen laat die Lae Lande se bloed oranje pomp en omikron se tentakels word met streng inperkings beperk."
Nuwe koronamaatreëls, betogers in België maak amok
2021-12-08"Betogings in België, besmettingsyfers daal, kroonprinses Amalia verjaar, en Beatrix het Covid."
Korona: Die wêreld steier, Suid-Afrika ly
2021-12-01"Omikron veroorsaak paniek, ongeënte pasiënte maak Europese hospitale vol, skerp toename in doodgebore babas onder oningeënte moeders en Nederland se prinses Beatrice kry haar derde spuit."
Delft – juweel van Suid-Holland
2021-11-29"Die stad is ’n klipgooi van Den Haag – ’n mens kan sommer met die trem van Den Haag af ry, maar daar is ook ’n goeie treinverbinding met ander stede in Nederland."
Lae Lande steier onder geweld
2021-11-24"Verlede week het België aangekondig dat gesondheidswerkers vanaf April volgende jaar ingeënt moet wees en Nederland werk aan ’n wet om mense wat nie ingeënt is nie, te verbied om openbare ruimtes te gebruik."
Shell groet Nederland, en nuwe hoop met entstowwe
2021-11-17"Royal Dutch Shell het Maandag aangekondig dat sy hoofkantoor na Londen gaan verhuis; koronabesmetting klim onder kinders wat nie ingeënt is nie; entstowwe word nog meer effektief; ’n kunshart gee hoop; en voëlgriep teister boerderye."
COVID-19 skep ’n “kode swart” in hospitale
2021-11-10"Die getal mense wat positief toets vir die koronavirus in die Lae Lande bly styg en neem kommerwekkende vlakke aan – hospitale trek veral swaar. In ander nuus steun die Biskop van Antwerpen ’n poging om aan Jacques Brel meer erkenning te gee; en die Nederlandse kroonprinses sal die Raad van State in die Paleis Kneuterdijk bywoon."
Marken en Volendam
2021-11-08"As jy nie lus het vir die geroesemoes van Amsterdam nie, maar steeds op soek is na eg Nederlandse besienswaardighede, is die Marken en Volendam goeie keuses."
Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop, stilstaande treine en elektriese motors
2021-11-03"Beeldmateriaal waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man skop, word ondersoek, die Nederlandse treinstelsel kom tot stilstand, België soek elektriese motors, koronapasse nodig vir ’n koppie koffie, asielsoekers word meer, en 3M moet produksie staak."
Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande
2021-10-27"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."
Restauranteienaar gesteek oor koronapas, ’n nuwe Bybelvertaling, probleme met graffiti en ’n dwelmfonds
2021-10-20"Die eienaar van ’n Belgiese restaurant is met ’n mes gesteek, ’n man is na bewering deur drie jongmense voor ’n trem ingestoot, ’n Afgaanse tolk vir Nederland is vermoor, die Nederlands-Vlaamse Bybelgenootskap spog met ’n nuwe Bybelvertaling, en heelwat meer."
Slawerny in die kerk, misdaad uit die tronk en ’n gay monarg?
2021-10-13"Volgens die Nederlandse kabinet hoef kroonprinses Amalia nie afstand te doen van die troon selfs al wil sy liewer met ’n vrou trou nie. Navorsing gaan gedoen word oor die rol van die kerk en Nederland se slawernyverlede. Een van die advokate van die misdaadbaas Ridouan Taghi in hegtenis geneem."
Lae Lande-nuus: ’n "Nuwe regering" en meer betogings teen die koronapas
2021-10-06"Ná maande van beraadslaging is daar uiteindelik sprake van ’n 'nuwe regering' in Nederland te midde van hernude betogings teen die invoer van die inentingstoegangsbewys, sigarette kom onder skoot en Nederlanders mag nou aanlyn dobbel."
Minister geskors, betogings teen koronapas
2021-09-28"Honderde betogers het in verskeie stede in Nederland hul protes aangeteken teen die nuwe maatreël van ’n korona-toegangsbewys. Op dieselfde dag het staatsekretaris Mona Keijzer die trekpas gekry – juis oor die pas. Mark Rutte se beveiliging is sterk verskerp en al minder Franssprekende leerders in België neem Nederlands."