Die onlustepolisie is op Oujaarsaand op verskeie plekke ontplooi nadat polisielede en hulpverleners met vuurwerk en ander voorwerpe bestook is, berig die NOS. In die dorpe Burdaard, Bovensmilde, Tzummarum, Marrum en Kollumerzwaag was dit tot laat onrustig en moes die onlustepolisie verskeie kere ingryp nadat hulle deur oproeriges met vuurwerk en ander voorwerpe bestook is. In die provinsie Groningen is 13 mense aangekeer nadat die brandweer ontbied is om verskeie brande te blus. In Amsterdam moes die polisie ook ingryp toe duisende mense ondanks die inperkingsmaatreëls op die Dam fees gevier en die polisie met vuurwerk bestook het.
De Mobiele Eenheid is op dit moment aanwezig aan de Kolkhuizerweg in #Burdaard. Een grote groep personen keert zich hier tegen de politie en gooit onder andere met zwaar vuurwerk naar de ME. Er is meerdere keren gevorderd het gebied te verlaten.
— Politie Fryslân (@POL_Fryslan) January 1, 2022
Die dagblad Trouw berig ’n jongman van Kootwijkerbroek het sy hand in ’n vuurwerkongeluk verloor en ‘n tweede se gesig is beseer. ’n Derde jongman is swaar gewond.
Vroeër op Oujaarsdag is ’n 12-jarige kind in Haaksbergen, naby die Duitse grens, dood nadat hy deur ’n klaphamer beseer is. ’n Klaphamer is ’n toestel wat gebruik word om magnesiumpoeier te laat ontplof. ’n 11-jarige seun is ernstig beseer en is vir behandeling na die hospitaal geneem. ’n Volwasse man word deur die polisie aangehou vir ’n saak van strafbare manslag.
Als ik zo al dat knallen hoor, dan is wel duidelijk dat ik woon in een land dat wemelt van de idioten.
Overigens, ik had nog nooit gehoord van een #Klaphamer.#vuurwerk https://t.co/A21KDNlx7Q— Michel 🇳🇱🇮🇱 (@Michel1401) December 31, 2021
Duisende sak op Museumplein toe teen inperkingsmaatreëls
Vier polisiebeamptes is Sondag 2 Desember beseer toe betogers met die polisie in Amsterdam op die Museumplein slaags geraak het. Minstens 30 betogers is in hegtenis geneem. Hulle word aangekla vir die versteuring van openbare orde, oortreding van die Wet op Identifikasieplig, die besit van onwettige vuurwapens, belediging en versuim om aan ’n bevel gehoor te gee.
Die massabetoging het ondanks ’n verbod plaasgevind, maar die polisie was voorbereid ná aanduidings op sosiale media dat betogers nie aan die verbod gehoor sou gee nie en sommige bereid was om geweld te gebruik. Die NOS berig dat Museumplein al teen 12:30 vol was, waarop die polisie die publiek gemaan het om die terrein te verlaat. Toe dit nie werk nie, is die hulp van die onlustepolisie ingeroep. ’n Konfrontasie het ontstaan toe betogers probeer het om deur ’n polisieversperring te breek. Dit is waar die polisiebeamptes beseer is.
Nadat die polisie daarin geslaag het om Museumplein te ontruim, het sommige betogers na Westerpark gegaan, maar is daar ook voorgekeer omdat daar reeds ’n ander byeenkoms aan die gang was.
Drukker en drukker #museumplein #amsterdam pic.twitter.com/uVnRa82UtQ
— Pascal Buurman (@PascalBuurman) January 2, 2022
🇳🇱 "Minder repressie, meer zorg" Demonstratie in #Amsterdam op het #Museumplein tegen corona tirannie!👏 pic.twitter.com/l8vLZlB81r
— Kees71 (@Kees71234) January 2, 2022
Demonstranten breken door politieeenheid #museumplein pic.twitter.com/341uTRQMqG
— Sjors 📵QR weigeraar (@AtheistKlimaat) January 2, 2022
Hel breek los #museumplein pic.twitter.com/gwEJj3sVAG
— Sjors 📵QR weigeraar (@AtheistKlimaat) January 2, 2022
Politieagent thuis met zwaar letsel na mishandeling door #2januari betoger (47). De man uit Amstelveen protesteerde met groep 'veteranen' bij cellencomplex waar andere 'veteraan' vastzat voor mishandeling ME-ers tijdens verboden demonstratie Museumplein.https://t.co/xEdD9Ql70m
— Rudy Bouma 🧑💻🎦📺 (@rudybouma) January 3, 2022
’n Gasontploffing in België eis vier slagoffers op Oujaarsdag
Vier mense is dood toe ’n woonstelgebou in die Belgiese dorp Turnhout ineengestort het, berig die VRT. Daar word vermoed dat ’n gasontploffing tot die ineenstorting aanleiding gegee het. Verskeie verdiepings van die gebou het ineengestort. Reddingswerkers was deur die nag op die toneel om na oorlewendes te soek, en twee mense is lewend uit die puin gehaal. Een van die oorlewendes was ’n vrou wat 10 uur lank onder die puin vasgesit het voordat sy gered kon word. Onder die slagoffers was ’n 60-jarige man en sy 70-jarige vrou, asook ’n man van 79 en ’n vrou van 72 jaar.
Als gevolg van een zware #explosie vraagt de politie om de omgeving van de Boerenkrijglaan en de Steenweg op Gierle (binnen de ring) in #Turnhout zoveel mogelijk te vermijden en plaats te maken voor de hulpdiensten. @verkeersanker @verkeerscentrum pic.twitter.com/ErhjFhU6Qo
— PolitieRegioTurnhout (@PZRegioTurnhout) December 31, 2021
Drie lichamen geborgen na gasexplosie in flat Turnhout, vrouw na uren gered https://t.co/2AGAqpxWgM pic.twitter.com/g2gn3lB9Jw
— RTL Nieuws (@RTLnieuws) January 1, 2022
Man aangehou vir die dood van ’n 14-jarige meisie
Die NOS berig dat ’n 32-jarige man uit Leiden op Oujaarsdag aangekeer is in verband met die dood van ’n 14-jarige meisie. Sy is verlede Donderdagaand as vermis aangemeld. Haar liggaam is die volgende oggend in ’n parkie in die stad gevind. Volgens die polisie is haar dood aan ’n misdaad te wyte. Burgemeester Liesbeth Spies van Alphen aan den Rijn, die distrik waar die meisie vandaan kom, het hartseer op die nuus gereageer: “Onze gedachten gaan uit naar ouders, familie en vrienden van het meisje. Van hun verdriet kunnen we ons nauwelijks een voorstelling maken. Ik wens alle nabestaanden die haar nu moeten missen heel veel sterkte in deze moeilijke tijd.” Die meisie se skool het ook in ’n brief aan die meisie se ouers gereageer: “Het doet ons veel verdriet dat deze jonge, lieve en energieke leerling er niet meer is. Onze gedachten gaan allereerst uit naar de ouders, familie en naasten.” Die skool het intussen ’n ruimte ingerig waar die meisie herdenk kan word. Die verdagte bly in aanhouding. Volgens die dagblad NRC was die verdagte aan die meisie bekend.
De 32-jarige verdachte die vrijdag is aangehouden in verband met de dood van een 14-jarig meisje blijft langer in voorarrest.Het openbaar ministerie heeft de man maandag voorgeleid op verdenking van moord dan wel doodslag en ontucht. #leiden pic.twitter.com/INBx0MWHFI
— Owen O’Brien (@_owenobrien_) January 3, 2022
14-jarig meisje dood teruggevonden in Leiden, verdachte opgepakt https://t.co/ETsQsqL2mv pic.twitter.com/ek9SA4oSdC
— De Standaard (@destandaard) January 3, 2022
Die nagwag nou in haarfyn besonderhede aanlyn te sien
Kunsliefhebbers wat die bekende Nagwag-skildery van Rembrandt graag van naderby wil bekyk, hoef nou nie meer na Amsterdam te reis nie. Die Rijksmuseum het met ’n spesiale tegniek ’n ultrahoëdefinisiefoto van die skildery saamgestel wat nou gratis aanlyn besigtig kan word.
Die foto bestaan eintlik uit ’n samestelling van 8 439 foto’s wat op ’n afstand van 13 cm van die skildery geneem is en tel sowat 717 miljard pixels. Volgens die senior wetenskaplike van die Rijksmuseum, Rob Erdmann, is dit ’n wêreldrekord, en danksy ’n spesiale tegniek kan ’n mens glad nie die oorgang tussen die verskillende foto’s sien nie. Erdmann beskryf die projek as “een wetenschappelijke weergave van een materieel object dat laat zien hoe goed Rembrandt kon manipuleren met verf”.
Die projek, die eerste in sy soort ter wêreld, het twee jaar en agt maande geduur om te voltooi. Dit is die grootste en mees gedetailleerde foto wat nog ooit van een kunswerk gemaak is en ander bekende museums, soos die Metropolitan in New York en die National Gallery in Londen, staan tou om ook die tegniek in te span.
Die foto kan via hierdie skakel besigtig word.