Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop
Die polisie en die openbare aanklaer in Den Haag gaan beeldmateriaal ondersoek wat op sosiale media opgeduik het waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man teen sy kop skop. Die beeldmateriaal is Sondag in die berugte Transvaal-buurt in Den Haag geneem, waar ’n demonstrasie teen koronamaatreëls gehou is. Die polisie sê in reaksie beamptes is op Paul Krugerplein deur ’n groep betogers aangeval wat hul gesigte bedek het. Sommige het knuppels en selfs vuurwerke by hulle gehad. Die polisie het egter die voorval betreur en sê in ’n verklaring: “Het geweld dat de politie mag gebruiken is aan strenge voorwaarden gebonden en wordt achteraf altijd getoetst. Dat is ook bij deze aanhoudingen het geval.” Die polisiehoof, Paul van Musscher, het aan die uitsaaier Omroep West gesê hy verstaan dat mense skrik as hulle sulke beeldmateriaal sien. “Het ziet er heel naar uit, dit mag niet. Dit is niet zoals wij als politie willen zijn.” Hy wys egter daarop dat polisiebeamptes aan swaar geweld deur die groep blootgestel is. Die demissionêre minister van justisie, Ferdinand Grapperhaus, het egter gewaarsku dat die publiek nie direk ’n oordeel moet vel oor ’n beeld wat op die internet verskyn nie. Die saak word ondersoek.
Politiegeweld gisteren in Den Haag‼️
Ze schoppen en slaan iemand die weerloos op de grond ligt 😳. pic.twitter.com/OBACiq4IkA
— 🌸Simone Juffermans (@SimoneSays123) November 1, 2021
Treine weer in hul spore gestuit
Die gevolge van die landwye personeeltekort in Nederland word al hoe erger. In die jongste geval kon talle treine in spitstyd Dinsdagoggend nie ry nie, omdat daar nie genoeg verkeersreguleerders was nie. Dit was veral treinverkeer tussen Utrecht en Arnhem en tussen Utrecht, Rhenen en Barneveld wat geraak is. ’n Woordvoerder van die spoorbeheerder ProRail, Martijn de Graaf, sê gewoonlik word die tekort op kreatiewe maniere opgelos, maar Dinsdag was daar niemand wat die hele skof van 07:00 tot 15:00 aan diens kon wees nie. Iemand is wel gevind wat vanaf 09:00 aan diens kon wees, waarna treine weer begin ry het.
Dinsdagochtend geen treinen in de spits tussen Utrecht en Arnhem door tekort aan treinverkeersleiders.
Tekort aan docenten, tekort aan zorgpersoneel, tekort aan agenten, hoe zou dat toch komen allemaal?
Gelukkig hebben we wel een overschot aan uitvreters
https://t.co/XsRM8M4v2k— Gerhard Verwox (@GerhardVerwox) November 2, 2021
ProRail skryf volgens die NOS die verkeersreguleerderstekort toe aan die feit dat dit nie meer ’n werk van eer is nie en dat ’n mens deesdae sommer in die posisie kan begin werk, terwyl dit in die verlede ’n pos was wat ’n mens meestal aan die einde van jou loopbaan beklee het. ProRail het egter sy begroting aansienlik uitgebrei om nuwe verkeersreguleerders op te lei en hoop om die tekort teen 2023 weg te werk.
We begrijpen dat het erg vervelend is wanneer er minder of zelfs geen treinen rijden. Uiteraard moeten we ook rekening houden met de veiligheid. Op het moment dat ProRail onvoldoende treinverkeersleiders heeft is het niet verantwoord om alle treinen te laten rijden. ^DF
— NS online (@NS_online) November 2, 2021
Slegs elektriese motors vanaf 2027?
Met die klimaatberaad in Glasgow is alternatiewe vir fossielbrandstof opnuut in die kollig. So word daar in België aanbeveel dat dit vanaf 2027 nie meer moontlik sal wees om ’n nuwe diesel-, petrol- of hibriede motor te koop nie. Volgens die Vlaamse minister van mobiliteit, Lydia Peeters, is die plan dat daar ook teen 2030 ’n verbod kom op die verkoop van tweedehandse petrol- en dieselmotors. Dit is heelwat vinniger as die spertyd wat die EU voorstel, naamlik 2035. Noorweë is die enigste land wat nog twee jaar vroeër die verbod op petrol- en dieselmotors wil invoer. Die grootste party in die regering is egter nog nie heeltemal oortuig nie en stel eerder ’n spertyd van 2030 voor, skryf De Morgen. Een van die grootste besware teen elektriese motors in dié stadium is dat dit duurder as ander motors is, maar die verwagting is dat elektriese motors vanaf 2026 dieselfde as ander motors sal kos. Die motorjoernalis Tona Verhelle vind die planne besonder ambisieus en twyfel of dit hoegenaamd haalbaar is: “Tot nu toe sleepte Vlaanderen met de voeten op vlak van groene mobiliteit. Nu maakt het plots een bocht van 180 graden. We zullen verschillende tandjes moeten bijsteken,” skryf hy in De Morgen.
Op sosiale media is die Vlaminge ook skepties oor die plan:
Vanaf 2027 enkel nog elektrisch rijden in #vlaanderen! Top voor het #milieu, maar wat voor de mensen die dit niet kunnen betalen? Een elektrische auto koop je niet voor een paar 1000€. Veel mensen gaan de auto aan de kant moeten zetten vrees ik! #klimaattop @VlaReg
— Krisis (@MertensTim) November 2, 2021
Als gans mijn buurt morgen elektrisch gaat rijden valt de boel wellicht plat. En publieke laadpalen zijn er niet bepaald in overvloed. Misschien eerst leren wandelen (of ja, kruipen) ipv meteen een ultra loop te willen aangaan. https://t.co/EVr9KKZmPc
— Stefan Pieters (@Stef_pieters) November 2, 2021
Stel je dit voor in een stad: elke 300m zijn er wss 50 wagens om op te laden... ??? 🤔🤔
— KrisDG (@KrisDG6) November 2, 2021
Koronapas geld vanaf Maandag ook in restaurante in Vlaandere en Nederlanders verwag dieselfde lot
Alle Vlaminge wat vanaf 1 November ’n koppie koffie wil gaan drink of keel natmaak by die kroeg op die hoek moet ’n elektroniese inentingsbewys of koronapas toon. Dit volg nadat besmettings met COVID-19 die hoogte ingeskiet het. Verlede week is 62% meer positiewe gevalle aangeteken in vergelyking met ’n week vantevore, en hospitale sit ook weer vol. VRT berig dat restauranteienaars in Vlaandere bekommerd is dat hulle nie die kapasiteit het om elke klant te kontroleer nie. Restauranteienaars wat versuim om klante se inentingsbewyse na te gaan, kan boetes van tussen €50 (sowat R900) en €2 500 (sowat R45 000) verwag. Besoekers wat nie by die reëls hou nie, kan boetes van tot €500 (sowat R9 000) te wagte wees.
In Nederland word Dinsdagaand strenger maatreëls aangekondig om die skerp styging in COVID-19-infeksies in dié land te bekamp. Dit is reeds verpligtend om by restaurante en straatkafees ’n koronapas te toon. Die strenger maatreëls, wat al aan die media uitgelek is, is ’n breër toepassing van die reeds bestaande koronatoegangsbewys en die herinvoering van verpligte mondmaskers by byvoorbeeld haarsalonne. Die advies om by die huis te werk word ook weer verskerp. Ingevolge wetgewing is dit nog nie in Nederland moontlik om werknemers te verplig om te bewys dat hulle ingeënt is nie, maar die kabinet is wel op soek na maniere om dit wel te doen. Die verwagting is nie dat dit deel sal wees van Dinsdag se aankondiging nie. Die NOS berig dat kenners onseker is of die voorgestelde maatreëls wel genoeg is om die stygende infeksies in bedwang te bring en sommige wonder of dit nie alreeds te laat is nie.
Geen nuwe hotelle in Amsterdam
Die stadsraad van Amsterdam wil geen nuwe hotelle in die grootste deel van die stad hê nie, om die aantal toeriste daar te probeer beperk. Die stad het onlangs die maatreëls vir Airbnb ook verskerp. Airbnb-gastehuise moet deesdae registreer en elke huurder moet vooraf aan die stadsraad gemeld word. Met die nuwe maatreëls het die aantal Airbnb-gastehuise van 16 648 tot 2 924 gedaal. Slegs in buurte waar ’n nuwe hotel waarde kan toevoeg, soos nuwe ontwikkelde buurte, mag nog hotelle gebou word en dan moet hulle ’n unieke konsep bied en ook aan streng eise in terme van buurtbetrokkenheid, volhoubaarheid en maatskaplike ondernemerskap voldoen. Daar is sowat 533 hotelle in Amsterdam wat saam sowat 40 000 kamers het.
Kijk, dit is goed maandagmorgen nieuws waar ik vaak om heb gevraagd!
'Nu toch geen nieuwe hotels meer: Amsterdam dwingt stop af via erfpacht'#perdirect #hotelstop #leefbaarheid https://t.co/Mj5ei6BxnZ
— Dennis Boutkan (@DennisBoutkan) November 1, 2021
Groot styging in die getal asielsoekers
Het Centraal Bureau voor de Statistiek (CBS) meld dat die aantal mense wat in Nederland om asiel aansoek doen, in die derde kwartaal vanjaar tot byna 9 000 gegroei het. Dit is meer as dubbeld die getal aansoekers in die tweede kwartaal. Dit is die grootste toename sedert 2015. Die meeste asielsoekers is afkomstig uit Sirië, maar die aansoeke uit Afganistan het ook sterk toegeneem. Vroeër is al berig dat asielsoekersentrums nie meer die groot getalle asielsoekers kan hanteer nie. Die NOS het vroeër berig dat die asielontvangssentrum Ter Apel tot oorlopens toe vol was en dat asielsoekers in tydelike nagskuilings moes bly. Na gesprekke met die kabinet is die kapasiteit by Ter Apel egter uitgebrei, wat beteken dat minder asielsoekers op die oomblik in ’n nagskuiling gehuisves word. Die probleem is egter nog nie opgelos nie. Het Centraal Orgaan Opvang Asielzoekers waarsku juis dat daar einde van die maand weer probleme met die huisvesting van asielsoekers kan ontstaan. Sedert die einde van Augustus is plek vir 6 800 geskep, maar die meeste daarvan is slegs tydelik.
Twee mense dood nadat motor in rivier beland
Twee persone is dood toe hul motor Maandag in Okegem naby Ninove in België in die Denderrivier beland het. Duikers het daarin geslaag om die insittendes uit die water te haal en na die hospitaal te bring, maar hulle het nie die voorval oorleef nie. Dit is nog nie duidelik hoe die voertuig in die water beland het nie. Die insittendes was ’n 38-jarige man en ’n 26-jarige vrou uit Ninove, berig VRT. Volgens ooggetuies het die motor skielik van die pad geloop, maar dit is nie bekend waarom dit gebeur het nie. Die polisie ondersoek die saak. ’n Soortgelyke voorval het verlede week in Gent plaasgevind toe ’n motor met vier insittendes in die Leie ingery het. Al vier insittendes is in dié voorval dood.
3M moet PFAS-produksie stop
Die Vlaamse Omgewingsinspeksie het die chemiese bedryf 3M opdrag gegee om alle produksieprosesse te staak wat veroorsaak dat poli- en perfluooralkielstowwe (PFAS) in die natuur vrygestel word. Dit volg nadat die Vlaamse owerheid vroeër gevra het dat inwoners binne ’n radius van 5 km van die fabriek hulle bloed moet laat toets. Uit die bloedtoetse het dit geblyk dat inwoners veels te veel PFAS in hul bloed het, wat tot gesondheidsprobleme kan lei. Volgens die Vlaamse owerheid is die tydelike staking van produksieprosesse die enigste manier om verdere blootstelling van inwoners te verseker. 3M stem egter nie saam met die maatreël nie. “Maar we blijven samenwerken met de bevoegde overheden om alle vragen te beantwoorden,” sê 3M in ’n verklaring. Intussen het die Amerikaanse direkteur van 3M, Rebecca Teeters, haar in ’n onderhoud met VRT NWS heelwat kritiek op die hals gehaal toe sy in die onderhoud sê: “Onze werknemers hebben 10 keer hogere bloedwaarden dan de inwoners van Zwijndrecht (waar die 3M-fabriek geleë is) en ze worden niet ziek.”
Lees: "Wees blij dat je niet bij ons werkt. Die mensen zijn pas echt genaaid."
Dit krijg je dus als je enkel met een vermanend vingertje multinationals in toom probeert te houden. #3M #PFOS #Zwijndrecht pic.twitter.com/4i3jEbE4O2
— Anton Van Dyck ⚖️ (@AnonVD) October 30, 2021