Deurbraak in die vorming van ’n regering
Ná maande van beraadslaging is daar uiteindelik sprake van ’n nuwe regering in Nederland. Nou ja, “nuwe regering” moet ’n mens maar met ’n knippie sout neem, want soos sake nou staan, gaan die koalisie van partye wat tans aan bewind is, gewoon voort. Kabinetslede hou egter vol dat die nuwe kabinet, wat sedert Januarie demissionêre status het weens die sogenaamde toeslagaffaire, heeltemal anders daar sal uitsien. Minister Kajsa Ollogren van binnelandse sake sê dat daar ’n ander verhouding tussen die vier koalisiepartye bestaan. In die huidige koalisie was die regse CDA die tweede grootste party, maar in die nuwe koalisie is die linkse D66 die tweede grootste. Die minister van regsbeskerming, Sander Dekker, stem saam en sê: “Er komt een nieuw kabinet, met een nieuw programma en ook met nieuwe mensen waarschijnlijk.” Tot dusver is minister Stef Blok van ekonomiese sake die enigste wat sê dat hy nie kans sien om vir nog ’n termyn as minister te dien nie.
Die gesprekke oor die vorming van ’n nuwe regering het maande geduur en is deur skandale gekenmerk. Die eerste was toe die verkenner Kajsa Ollogren ná ’n formasiegesprek afgeneem is terwyl sy ’n stuk papier dra met die woorde “Positie Omzigt, functie elders” daarop. Ná aanvanklike ontkenning het dit gou geblyk dat premier Rutte die een was wat die woorde aan Ollogren geuiter het. Dit het hom byna sy premierskap gekos en vertroue onder sy medekoalisievennote ernstig geskaad. Op haar beurt het die D66-leier Sigrid Kaag aan haar kiesers ’n meer progressiewe kabinet beloof en aanvanklik gesê sy wil onder geen omstandighede met die ChristenUnie saamwerk nie – weens hul teenkanting teen medies-etiese ontwikkeling. Sy moes egter nou haar woorde sluk. Die CDA het ook met allerhande probleme te kampe gehad met Pieter Omzigt se vertrek uit die party.
Nietemin, Nederlandse kiesers kan nou uiteindelik uitsien na ’n volwaardige kabinet wat aandag aan belangrike kwessies kan gee wat nou maande lank op ys gelaat is.
Betogings teen die nuwe koronapas lei na dreigement
Foto: Milton Webber
Sowat 25 000 mense het Sondag ondanks die eendeweer die strate van Amsterdam ingevaar om protes aan te teken teen die invoer van die inentingstoegangsbewys of koronapas. Die betogers het eers op die Dam byeengekom en ’n roete van vyf kilometer deur die stad gevolg. Die betogings was oorwegend vreedsaam, maar op sosiale media was daar ophef oor berigte van mense wat Jodesterre gedra het wat herinner aan die Nazi-besetting van Nederland. Sommige betogers het ook die ou Prinsenvlag – soortgelyk aan die ou Suid-Afrikaanse vlag – met sy oranje, wit en blou geswaai. Die vlag is veral in die Nazi-tyd deur die Nederlandse Nationaal-Socialistische Beweging (NSB) gebruik.
Voor het Paleis op de Dam staat nu een galg, volgens deze tweep 'voor Hugo de Jonge'. Ook bij de bestorming van het Capitool was een galg opgericht, voor vicepresident Mike Pence.#3oktoberAmsterdam pic.twitter.com/dZd3iW6nfN
— Rudy Bouma 🧑💻🎦📺 (@rudybouma) October 3, 2021
Wat egter die oë die meeste laat rek het, was ’n man wat tydens die optog ’n galg rondgestoot het. Op Twitter kan gesien word hoe iemand ’n foto van die galg omkring en skryf: “De galg hangt voor je klaar VWS-minister De Jonge” – ’n verwysing na die minister van volksgesondheid, Hugo de Jonge. Die minister het intussen ’n klag gelê weens die dreigement. Volgens die sameroepers van die optog het sowat 80 verskillende groepe onder die naam “Samen voor Nederland” aan die optog deelgeneem.
Hier een video-opname van de galg tijdens het coronaprotest: #3oktoberAmsterdam https://t.co/KiR4nFm411
— Rudy Bouma 🧑💻🎦📺 (@rudybouma) October 3, 2021
Aanlyn dobbel is nou wettig in Nederland
Is gokken weer toegestaan? @Habbo_Staff (lees chatlog links) pic.twitter.com/gNeAICdQ6w
— openbaar-toilet (@Openbaar_Toilet) November 12, 2014
Altesaam 10 dobbelmaatskappye is vanaf verlede Vrydag, 1 Oktober, wettig. Hoewel mense lankal onwettig op internasionale webwerwe dobbel, kan hulle dit nou wettig doen. Die organisasies mag ook hul dienste adverteer. Twee van die organisasies wat lisensies gekry het, is Nederlandse maatskappye waarvan die staat deels ’n aandeelhouer is. Die res kom uit die buiteland. Met die wettiging van die organisasies geniet verbruikers nou ook beskerming. Volgens wet moet die organisasies dobbelaars se speelgedrag monitor en maatreëls tref as daar tekens van verslawing opduik. In uiterste gevalle kan spelers toegang verbied word en hul name kan in ’n sentrale register kom sodat hulle ook nie by ander aanlyn dobbelhuise kan aanmeld nie. Internasionale aanlyn dobbelhuise met Nederlandse klante wat nie ’n lisensie het nie, moet die rekeninge van hul Nederlandse klante vries. Dit het ook gebeur.
Unibet sluit (voorlopig) alle bestaande Nederlandse klanten af van online gokken. Dit terwijl ze voor de legalisering juist erg actief waren en in NL op het gebied van sport de grootste speler zijn 🤔 pic.twitter.com/0CbyYONSQ5
— Arjen Hoek (@ArjenHoek) October 1, 2021
Supermark sê nee vir sigarette
Die supermarkgroep Lidl in Nederland het besluit om vanaf Vrydag 1 Oktober die verkoop van alle tabakprodukte te stop. Die supermark het drie jaar gelede aangekondig dat hy van plan is om teen 2022 die verkoop van rookprodukte te staak. Ná die aankondiging het Lidl reeds begin om minder voorraad in sy bestaande winkels aan te hou en nuwe winkels het reeds nie meer tabakprodukte verkoop nie. Lidl het die voortou geneem in die algehele verbod op die verkoop van tabakprodukte in supermarkte wat vanaf 2024 van krag word.
LIDL stopt per direct met verkoop sigaretten -Supermarktketen LIDL stopt nu totaal met de verkoop van cigaretten. LIDL had in 2018 al besloten om de verkoop af te bouwen en uiterlijk in 2022 de verkoop te staken. Vanaf 2024 mogen... https://t.co/CdBO9FG85b
— ShopperWithAttitude (@SWAwinkelen) October 1, 2021
Talle beendere tydens opgrawing ontdek
VRT NWS berig argeoloë in België het tientalle beendere op Scheldekaaien in Antwerpen gevind op ’n plek waar die Sint-Michielsabdy van die 12de tot die 19de eeu gestaan het. “We hadden niet verwacht hier nog zo veel skeletten te vinden,” sê argeoloog Jef Vansweevelt. Benewens die abdy was daar ook ’n begraafplaas in die omgewing, maar die argeoloë sê hulle het nie verwag om soveel beendere op een plek te ontdek nie. “Hier was na de 19de eeuw nog andere bebouwing en we dachten dat die de ondergrond meer verstoord zou hebben. Maar er liggen dus nog een hele hoop skeletten, en ze zitten zelfs op minder dan een meter diep,” sê Vansweevelt. Die terrein is in die middel van die stad, maar word vir die publiek afgesper sodat nuuskieriges nie die terrein versteur nie. Die skedels van al die opgegraafde skelette is reeds uit voorsorg verwyder.
Die Sint-Michielsklooster was een van die belangrikste kloosters in België. Dit kan vandag nog aan talle straatname gesien word, soos Sint-Michielskaai, Sint-Michielstraat en Kloosterstraat.
Moet er misschien ook maar eens een kijkje nemen. Altijd interessant: Al tientallen skeletten gevonden bij opgravingen op Scheldekaaien in Antwerpen https://t.co/RAS8VbBvBC
— Johan Peters (@LiveinAntwerp) October 4, 2021