Milton Webber

Milton Webber (1976) is ’n vryskuttaalpraktisyn wat tans in Nederland woon. Hy het sy studies aan die destydse Kaapse Technikon begin waar hy die Nasionale Diploma: Taalpraktyk verwerf het. Later het hy aan Unisa sy studie voortgesit met Duits en Musiekgeskiedenis as hoofvakke. Hy het ook Nederlandse lesse by Alfred Schaffer geneem. Milton het in die reklamebedryf begin werk en later by verbruikers- en bedryfstydskrifte as redakteur, subredakteur en vertaler gewerk. Hy is tans redakteur van die taalspeletjie Beter Afrikaans en was tot onlangs nuusskrywer vir RSG. Hy maak steeds bydraes vir die boekeprogram, byvoorbeeld oor die Week van de Afrikaanse Roman en Het Festival over het Afrikaans in Nederland. Milton hou van reis en maak graag musiek. As hy nie agter die rekenaar besig is met ’n taalopdrag nie, sal jy hom dalk êrens agter die orrel in ’n kerk raakloop.

Somber Prinsjesdag en ’n nuwe werk deur Vincent van Gogh

Milton Webber In het nieuws 2021-09-22

"Die derde Dinsdag in September, was soos gewoonlik Prinsjesdag. Intussen is die kabinet verlede week geruk deur die bedanking van die minister van buitelandse sake, Sigrid Kaag. Dit volg ná ’n mosie van afkeuring teen haar weens haar hantering van die ontruiming in Afganistan van mense wat die regering gehelp het. Ook, ’n nuwe werk van die bekende Nederlandse skilder Vincent van Gogh is pas ontdek."

Uber steier, Nederland betoog, ’n wolf en ’n slang

Milton Webber In het nieuws 2021-09-14

"Die regter het beslis dat Uber sy bestuurders permanent in diens moet neem, betogers het die strate ingevaar om hul frustrasie te kenne te gee, ’n reuseluislang is in die Gent-Terneuze-kanaal gewaar en ’n wolf het twee Shetlandponies doodgebyt."

Nederlandse boere bedreig deur onteiening

Milton Webber In het nieuws 2021-09-07

"Die landbousektor is die grootste sondaar in die produksie van stikstof, wat groot nadele vir die natuur inhou. Die Rijksinstituut voor Gezondheid en Milieu het die afgelope week bekend gemaak dat die besoedeling wat Tata Steel in IJmuiden veroorsaak, ’n ernstige bedreiging vir die gesondheid van kinders inhou. Die eerste elektries aangedrewe vragskip het Maandag goedere van Alphen aan den Rijn na Moerdijk begin verskeep."

Nederlandse politieke partye steeds haaks oor samewerking

Milton Webber In het nieuws 2021-08-31

"Die twee regse koalisievennote hou voet by stuk dat hulle hoegenaamd nie met die linkse partye in ’n koalisie gaan saamwerk nie. Ook, ’n ystervretende bakterie is in die Kanaal van Gent in België na Terneuzen in Nederland ontdek, die bakterie kan dwarsdeur yster en selfs staal vreet."

Nuusflitse uit die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2021-08-24

"Teen Maandag is ongeveer 800 mense reeds uit Afghanistan ontruim en na Nederland gebring. De Morgen berig dat ’n Belg uit Antwerpen, Hotak Jahanshir, Vrydag op die lughawe in Kaboel vermoedelik deur ’n Amerikaanse soldaat geskiet is."

Chaos in Kaboel, kopseer vir Nederland

Milton Webber In het nieuws 2021-08-17

"Premier Rutte het laat weet dat Nederland alles in sy vermoë doen om ambassadepersoneel, tolke en 'anderen die onze bescherming verdienen' in Afghanistan te gaan haal, gewapende rowers het probeer om ’n werk van die Franse skilder, Claude Monet, te steel en vissers betoog teen die uitbreiding van windmeulparke op see."

Vakansie op die Veluwe

Milton Webber Reizen 2021-08-11

"Die Veluwe is ’n bosryke gebied in die provinsie Gelderland en beslaan sowat 1 000 vierkante kilometer. As ’n vakansie in die bos jou ding is, is dit die perfekte bestemming vir jou."

Bekende Belgiese joernalis in die sop oor seksistiese opmerkings op die lug

Milton Webber In het nieuws 2021-08-10

"Die joernalis Eddy Demarez is voorlopig geskors rakende sy opmerkings oor die Belgiese vrouebasketbalspan. Nederland het geskitter in die pas afgelope Olimpiese Spele. Die bekroonde Surinaamse skryfster Astrid Roemer is onder skoot. In Nederland byt wolwe vee dood."

Verdraagsaamheid?

Milton Webber In het nieuws 2021-08-03

"Die 14-jarige Frédérique is tydens Gay Pride-week deur vyf minderjarige seuns aangeval, die Zero Flags-projek trek aandag, ’n spesiale kommissariaat is op die been gebring om die waterskade in België te bepaal, prinses Elisabeth se opleiding aan die Koninklike Militêre Skool het tot ’n einde gekom en alle meerdaagse groot byeenkomste in Nederland is weer eens verbied."

Feeste gekelder, nog oorstromings met gepaardgaande rukwinde en hael

Milton Webber In het nieuws 2021-07-27

"België het opnuut onder hewige oorstromings deurgeloop, Pukkelpop, die Belgiese driedaagse musiekfees, is afgelas en die Nederlandse regering het ook aangekondig dat feeste wat meer as ’n dag lank duur, nie mag voortgaan nie."

Moorde en dodelike water

Milton Webber In het nieuws 2021-07-20

"Terwyl Suid-Afrikaners moes toekyk hoe onmeetbare skade deur plunderaars aangerig word, moes Europeërs in Duitsland, België en Nederland toekyk hoe ’n natuurramp verwoesting saai en al hul besittings deur vloedwater meegesleur word."

Nederland steeds in skok, Belgiese prinses toon staal

Milton Webber In het nieuws 2021-07-13

"Nederland is steeds geskok ná die gewelddadige aanval op die ondersoekende misdaadjoernalis Pieter R de Vries, die Belgiese pers is Vrydag toegelaat om te sien hoe die 19-jarige kroonprinses Elisabeth met ’n hindernisbaan klaarspeel en TopGear gesels oor polisiekarre."

Oor konings, slawe, komponiste, vliegtuie en die klimaat

Milton Webber In het nieuws 2021-07-06

’n Belgiese F-16-vegvliegtuig bots teen ’n gebou, die Nederlandse koning gekritiseer oor hy Duitsland toe vlieg, die komponis Louis Andriessen sterf, klimaatbetogers beset  ’n pensioenfonds en Amsterdam vra om verskoning vir slawerny.

Jou selfoon weet jy is ingeënt, ’n tiener ry weg met ’n trein, en Oranje stel teleur

Milton Webber In het nieuws 2021-06-29

"Die treindiens Arriva het onder skoot gekom toe ’n video op sosiale media opgeduik het van ’n tiener wat deur die masjinis gevra is om die trein te bestuur. Saam met die nuwe versoepelinge wat die afgelope week in Nederland in werking getree het, is die CoronaCheck-selfoontoepassing ook bekendgestel. Die marechaussee, of militêre polisie, het Sondag drie kinders uit ’n motor gered, die temperatuur buite was ongeveer 29 grade Celsius. Die dagblad Trouw berig dat klimaataktiviste nou een van Nederland se grootste pensioenfondse in hul visier het om hulle te dwing om geen beleggings in fossielenergie meer te doen nie."

’n Bouramp, ’n natuurramp en ... maskerlose inkopies!

Milton Webber In het nieuws 2021-06-22

"Konstruksiewerkers sterf nadat ’n gebou inmekaar tuimel, hewige weer saai verwoesting, die lyk van die vermiste Belgiese soldaat word opgespoor en grootskaalse Covid-verligting vir België en Nederland."

Verified by MonsterInsights
Top