F#cking schandalig.
'Ze willen niet met ons praten over de inhoud van een mogelijk regeerakkoord'
VVD en CDA gooien deur voor ’Kaag-coalitie’ definitief dicht via @Telegraaf https://t.co/YQS0AwNwUn
— ThisTimeItsDifferent 🇪🇺 (@maes0011) August 31, 2021
Die twee regse koalisievennote, die VVD (wat die meeste stemme gekry het) en die CDA, hou voet by stuk dat hulle hoegenaamd nie met die linkse partye GroenLinks en Partij van de Arbeid (PvdA) in ’n koalisie gaan saamwerk nie. Die Tweede Kamer-verkiesing was al in Maart, maar steeds is daar nie ’n regering nie. Volgens die leier van GroenLinks, Jesse Klaver, is dit “on-Nederlands” dat die VVD en CDA nie wil onderhandel nie. "Maar misschien is het wel een compliment. Dat ze de kracht van onze samenwerking zien en denken: dat willen we niet,” sê Klaver. Die leier van die PvdA, Lilianne Ploumen, sê op haar beurt sy vind dit “spijtig” dat daar geen verdere onderhandelinge is nie, want Nederland wag al maande lank dat die politieke dooie punt opgelos word. Die PvdA en GroenLinks het verlede week laat blyk dat hulle as ’n blok sou saamwerk in ’n koalisieregering, maar ook daarvoor sien die twee regse partye nie kans nie. Die VVD staan ’n voortsetting van die huidige koalisie voor met die ChristenUnie, maar daarvan wil die ander koalisievennoot, die linksgesinde D66, niks weet nie, omdat die ChristenUnie ’n voorstander van beperkings op medies-etiese gebied is. Die drie partye wat wel nog met mekaar wil saamwerk, die VVD, D66 en die CDA, sou Dinsdag nog vergader. Die drie sou ook ’n minderheidsregering kon vorm, maar of dit gaan gebeur, sal ons maar moet sien.
Vuurspoegvertoning ontaard in tragedie
Vuurspuwster zwaar gewond nadat act verkeerd afloopt op Highlight Festival in Ieper - https://t.co/Bfy5UhigHw
— Het nieuws van West-Vlaanderen (@hnvwvl) August 30, 2021
In die Belgiese stad Ieper, bekend vir sy monumente ter herdenking van die Eerste Wêreldoorlog, het ’n vrou ernstige brandwonde opgedoen toe haar vertoning by die Highlight Festival skeefgeloop het. VRT berig die kunstenaar was geklee in ’n pakkie met donsige bykomstighede op haar bors, skouers en arms. Tydens die vertoning het een van die vlamme die dons op haar klere laat vlamvat. Sy het dadelik haar fakkels laat val en na die agterkant van die verhoog gehardloop en probeer om die vlamme te blus. Toe dit nie werk nie, het sy van die verhoog af gespring en in die gras gerol. Personeel van die fees het haar te hulp gesnel, waarna sy in die hospitaal opgeneem is. “Gelukkig reageerden de medewerkers en hulpdiensten heel snel. We hopen dat alles goed komt met haar,” sê een van de organiseerders van die fees.
Paneelwa beland in die Schelde
In Zwijnaarde naby Gent in België het ’n paneelwa afgelope Sondag in die Schelde beland. VRT berig die voorval het omstreeks 10-uur die aand gebeur toe die man met sy Volkswagen Caddy by ’n vernouing in die pad in die rivier beland het. Die reddingsdienste vermoed dat die man gedink het die pad is heeltemal gesluit en probeer het om om te draai. Tydens die omdraaislag het hy weens die gebrekkige beligting nie gesien dat hy op die oewer van die rivier is nie en so mooi netjies in die rivier ingery. Terwyl sy voertuig besig was om te sink, het die man op die dak geklim en die brandweer gebel. Toe die voertuig egter heeltemal onder water raak, moes hy noodgedwonge na die oewer swem, waar hy ’n leer gevind het waarmee hy uit die rivier kon klim. Behalwe nat klere het hy gelukkig niks anders oorgekom nie. Die paneelwa kon met behulp van die brandweer uit die rivier gehaal word.
Ystervretende bakterie hou gevaar vir skepe in
Ik dacht dat zoiets science fiction was, maar het blijkt te bestaan: ijzervretende bacterie. Als dat groeit en muteert, dan kan dit serieus gevaarlijk zijn. https://t.co/V0vjazpG7i
— Eric 'drammer' Oosterom (@GEOosterom) August 26, 2021
Die NOS berig dat ’n ystervretende bakterie in die Kanaal van Gent in België na Terneuzen in Nederland ontdek is. Die bakterie kan dwarsdeur yster en selfs staal vreet. Verskeie bote in die hawe Zelzate in België is al swaar deur die bakterie beskadig. Die organisme hou egter nie net ’n gevaar vir bote in nie – alle yster- of staalstrukture, soos die wande van kanale, word deur die bakterie bedreig. Volgens navorsers aan die Universiteite van Gent en Leuven kan die bakterie ongeveer ’n halwe sentimeter per jaar wegvreet, waar onder normale omstandighede maar 0,1 mm wegroes. Daar word gehoop dat ’n ondersoek meer lig op die verspreiding en voorkoming van die organisme sal werp.
Shell lewer groen energie
Shell gaat 'groen energie' leveren, de 5% die ze investeren in duurzame energie. 95% gewoon doorgaan met oppompen van fossiele brandstoffen.
Gas wordt CO2 gecompenseerd. Net als de benzine nu al, o nee, misleidende reclame. @FVReclame @FossielvrijNL— Eeke Anne de Ruig (@EAdeRuig) August 28, 2021
Voertaal het ’n paar maande gelede berig dat die energiereus Shell ingevolge ’n hofbeslissing gedwing is om sy koolsuurgasvrystelling aansienlik te verminder. In die lig hiervan gaan Shell binnekort aan Nederlandse verbruikers groen energie verskaf. Dit gaan hier oor “CO2-gekompenseerde gas en groen elektrisiteit” wat die maatskappy van Nederlandse son- en windparke inkoop. Volgens ’n woordvoerder van Shell, Barbara van de Bergh, is die maatskappy van plan om ’n belangrike rolspeler in die groenenergiesektor te word. Op die oomblik bestee Shell nog die meeste van sy geld aan die winning en verkoop van olie en gas. Na verwagting sal die eerste klante teen die einde van die jaar aan Shell se gas- en elektrisiteitsnetwerk gekoppel kan word.
Twee susters byna hul woonplek kwyt nadat hul ma sterf
Dit land gaat kapot aan rigide regels.
Politiek leiderschap (gemeentelijk, provinciaal, landelijk) onderscheid zich in de 5% waar maatwerk vereiste is
Zussen uit Enschede mogen na overlijden moeder voorlopig in huis blijven wonen /via @NOS https://t.co/eQHN2Ngyr9
— Anri van Toor (@AnriToor) August 30, 2021
Twee susters van 18 en 19 jaar in Enschede het vroeër, nadat hul ma aan kanker dood is, by hul woningboukorporasie gehoor dat hulle moet uittrek. Fabiënne (19) en Valerie Valk (18) se ma is in Desember verlede jaar oorlede. Hulle woon sedertdien saam in die huis waar hulle ook grootgeword het, maar omdat hulle nog nie 23 jaar oud is nie, kom hulle nie vir ’n huursubsidie in aanmerking nie en volgens die reëls mag hulle dan nie in die woningboukorporasiehuis woon nie. Die afgelope naweek het ’n artikel in die Tubantia verskyn waarin die verhaal van die twee sussies vertel is. Dit het tot ’n groot ophef onder die publiek gelei. Twee van die woningboukorporasies se voertuie is aan die brand gesteek en die mure is met spuitverf ontsier. Raadslid Jeroen Diepemaat het egter laat blyk dat hy met die twee sussies wil praat en dat hulle vir eers wel in die huurhuis mag aanbly.
Prinses Elisabeth studeer aan Engelse universiteit
Vanaf oktober zal Prinses Elisabeth de driejarige opleiding “History & Politics” volgen aan het Lincoln College, dat deel uitmaakt van @UniofOxford. De Prinses zal regelmatig terugkeren naar België en betrokken blijven bij het Belgische publieke leven. pic.twitter.com/H2eA1iQ4IV
— Belgian Royal Palace (@MonarchieBe) August 31, 2021
Die Belgiese koninklike paleis het aangekondig dat prinses Elisabeth vanaf Oktober vanjaar aan die Lincoln College, ’n deel van Oxford Universiteit, gaan studeer. Die prinses het haar toelatingseksamen vir die opleiding in geskiedenis en politiek geslaag. Sy het in 2020 ook ’n internasionale baccalaureaat aan die UWC Atlantic College in Wallis behaal. Volgens die koninklik paleis sal prinses Elisabeth nog gereeld in België te sien wees en by aktiwiteite van die Belgiese openbare lewe betrokke wees.
Die prinses het die grootste deel van haar skoolloopbaan in Nederlands voltooi, maar vanaf 16-jarige ouderdom het sy haar in Wallis tuisgemaak om die laaste twee jaar van haar skoolopleiding te voltooi, waarna sy ’n jaar lank aan die Koninklike Militêre Skool in Brussel ’n ingekorte opleiding in die leër gevolg het.
Lees ook:
Rechter beveelt: oliegigant Shell moet CO2-uitstoot flink verminderen