Verwoestende water
Dit was nie net Suid-Afrika wat die afgelope week hoogdrama ervaar het nie. Terwyl Suid-Afrikaners moes toekyk hoe onmeetbare skade deur plunderaars aangerig word, moes Europeërs in Duitsland, België en Nederland toekyk hoe ’n natuurramp verwoesting saai en al hul besittings deur vloedwater meegesleur word.
VRT NWS berig dat minstens 31 mense in België deur die vloedwater dood is, en minstens 70 word nog vermis nadat tot 271 mm reën binne 48 uur in sommige gebiede gemeet is. Die provinsies Luik, Luxemburg, Namen en Waals-Brabant is swaar getref. Talle huise het ineengestort en sowat 20 000 mense was sonder krag. Teen Maandag was 3 400 mense nog sonder drinkwater. Volgens die Waalse minister van begroting, Jean-Luc Crucke (MR), is dit noodsaaklik dat mense die erns van die kweekhuiseffek ná die ramp besef. “Ik hoop dat alle politici nu begrijpen dat het klimaat niet alleen een gesprek is voor wetenschappers,” sê hy.
🌊 Opgelet! De Maas stijgt razendsnel en bereikt bij Luik en Maastricht nu al absolute record waardes. In Roermond worden ruim 5000 mensen geëvacueerd vanwege dreigende overstromingen; mogelijk volgen meer regio's de komende dagen.. #hoogwater
Webcam vanuit Roermond pic.twitter.com/HC2vCoozT4— Wouter van Bernebeek (@StormchaserNL) July 15, 2021
In Duitsland is minstens 158 mense dood toe 150 mm reën in sommige plekke binne so min as agt uur gemeet is. Die Duitse weerdiens beskou dit as ’n gebeurtenis wat een keer in 100 of selfs 1 000 jaar kan gebeur. Die deelstate Noordrijn-Wesfale en Rijnland-Palts het die ergste deurgeloop. Sowat 200 000 mense is sonder krag gelaat, en selfoonnetwerke en treinverkeer is ontwrig, wat reddingspogings in die wiele gery het. In die dorp Schuld is ses huise verwoes en talle swaar beskadig. In Sinzig is 12 inwoners dood toe hulle deur die vloedwater oorval is.
Luchbeeld uit #Duitsland geeft #noodweerschade duidelijk aan in #Schuld pic.twitter.com/xloxoRhORR
— Harry Offermans RE RCX (@Phoenix5964) July 15, 2021
Some Images from Sinzig in Germany, absolute devastation after small stream turned into a swirling water mass in no time. Twelve residents in home for disabled died in their rooms #europefloods pic.twitter.com/84FgQQ0lDS
— Step Vaessen (@stepvaessen) July 17, 2021
In Nederland het die grootste probleme in die provinsie Limburg naby die Duitse en Belgiese grens voorgekom toe sowat 100 mm reën binne 24 uur uitgesak het. Op sommige plekke het die Maas die hoogste vlak sedert die begin van metings in 1911 bereik. Dit het op sy beurt oorstromings en ernstige skade veroorsaak. Sommige dele van Roermond, Maastricht, Stein, Eijsden-Margraten en Valkenburg moes ontruim word. In die middestad van Valkenburg het ’n brug ineengestort en in Maastricht het ’n kanaaldyk gebreek. In Meerssen moes inwoners inderhaas ontruim word toe ’n dyk langs die Julianakanaal breek. Die gat in die dyk is egter betyds gestop om te keer dat groot skade aangerig word. In Venlo moes 10 000 mense die dorp verlaat en die hospitaal is uit voorsorg ontruim. Inwoners en pasiënte kon intussen terugkeer nadat die water begin sak het.
Vijfduizend mensen moeten Roermond verlaten, evacuaties elders niet uitgesloten: https://t.co/2GGbVfGMku
— NU.nl (@NUnl) July 15, 2021
De post!
Proost de Beaufortstraat
15.07.2021 16:07 #Meerssen #Limburg #ZuidLimburg #overstroming #wateroverlast @PostNL pic.twitter.com/YpXkFI2ghT— Thomas Schlijper (@schlijper) July 15, 2021
Hoe ziet zo iets nu uit van bovenaf? #Valkenburg pic.twitter.com/SapqY1KCDV
— Nicole Bus (@nicolebus) July 15, 2021
Koei gered
Die brandweer het Saterdag ’n koei uit die stygende Maas gered. Die dier is sowat 100 km deur die rivier meegesleur. Toe sy uiteindelik in Escharen gered is, het dit geblyk dat sy afkomstig was van Echt, in die middel van die provinsie Limburg. ’n Fietsryer het die koei tussen die drywende puin sien swem. Slegs haar snoet het bo die water uitgesteek. Nadat die brandweer die koei gered het, is sy deur ’n veearts ondersoek. Danksy die koei se oormerk kon haar eienaar opgespoor word, wat haar toe kom haal het.
𝗗𝗶𝗲𝗿𝗲𝗻𝗿𝗲𝗱𝗱𝗲𝗿𝘀 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗲 𝗱𝗮𝗴! 🙏
Een koe uit Echt werd door de Maas maar liefst 𝟭𝟬𝟬 𝗸𝗺 meegesleurd. Alleen de neusgaten van het dier dreven nog boven water. 😲
Lees meer over de koe ➡️ https://t.co/Fb7vumthrA pic.twitter.com/ff7vraLe1h
— 1Limburg (@1Limburg) July 17, 2021
’n Hartseer tyding
Ná etlike dae in die hospitaal ná die gewelddadige aanval op die misdaadverslaggewer Peter R de Vries, het die familie afgelope Donderdag bekend gemaak dat hy oorlede is. Die 64-jarige De Vries is in die teenwoordigheid van sy familie oorlede. In ’n verklaring skryf die familie: “Peter heeft geknokt tot het einde, maar heeft de strijd niet kunnen winnen. We zijn onnoemelijk trots op hem en tegelijkertijd ontroostbaar.”
De Vries is op 6 Julie om ongeveer 19:30 ná sy verskyning op ’n joernaalprogram, RTL Boulevard, naby Leidseplein in Amsterdam verskeie kere geskiet. Twee verdagtes is intussen vir die aanslag op sy lewe aangekeer: die 35-jarige Pool Kamil E uit Maurik, en die 21-jarige Delano G uit Rotterdam. Hulle bly in aanhouding.
De Vries is oor die jare heen wyd aangeprys omdat hy mense wat valslik veroordeel is, vry gekry het en onopgeloste sake ná jare opgelos het. Danksy hom is die 55-jarige Jos Brech verlede jaar ná meer as 20 jaar skuldig bevind aan die moord op die 11-jarige Nicky Verstappen. De Vries was ook ’n vertroueling van die kroongetuie in die Marengo-saak, Nabil B. Die Marengo-saak is ’n hofsaak teen 17 verdagtes, onder wie Ridouan Taghi, wat vermoedelik lede is van ’n sogenaamde mocro-maffia en verantwoordelik is vir ’n reeks moorde en pogings tot moord.
Demissionêre minister-president Mark Rutte het in ’n toespraak oor die dood van De Vries gesê: “Heel Nederland is diep geraakt.” Hy het gesê De Vries was iemand wat “toegewijd, vasthoudend, voort niets en niemand bang was. Altijd op zoek naar de waarheid en op de bres voor gerechtigheid. En daarom des te dramatischer dat hij nu zelf slachtoffer is geworden van groot onrecht.” Kyk hier na Rutte se reaksie:
Intussen word die berg blomme op die toneel waar De Vries geskiet is, steeds groter.
Moord op Majorka
NOS berig dat ’n 27-jarige Nederlander wat Woensdag deur ’n groep landgenote in Majorka aangerand is, aan sy beserings beswyk het. Die slagoffer is ná die aanval in ’n kritieke toestand met breinskade in die hospitaal opgeneem. Na wat berig word, is ’n groep van vyf vriende omstreeks 02:30 uit die bloute deur ’n groep van nege ander Nederlanders aangeval. Die voorval het in Playa de Palma gebeur. Drie van die slagoffers het geringe beserings opgedoen, ’n vierde het sy bewussyn verloor en ’n vyfde is in die hospitaal oorlede nadat hy in die kop geskop is terwyl hy op die grond gelê het. Die betrokkenes was almal tussen die ouderdomme van 18 en 20 jaar. Danksy kameras op die toneel kon al nege verdagtes geïdentifiseer word. Agt van hulle het daarin geslaag om terug na Nederland te vlug. ’n Negende verdagte is wel deur die Spaanse polisie in hegtenis geneem. ’n Internasionale arrestasiebevel is vir die ander agt verdagtes uitgereik.
Lees ook:
Peter R de Vries geskiet: ’n Aanval op joernalistiek, ’n hoeksteen van die regstaat