Kabinet Rutte IV, op anderhalve meter afstand. pic.twitter.com/B6zYitCoPF
— Mark Rutte (@MinPres) January 10, 2022
Nuwe Nederlandse kabinet uiteindelik ingehuldig
Die nuwe ministers en staatsekretarisse is Maandag op Paleis Noordeinde in Den Haag ingehuldig. Die nuwe minister van finansies en visepremier, Sigrid Kaag, is egter via ’n videoverbinding ingehuldig omdat sy COVID-19 opgedoen het en by die huis in isolasie is. Weens die beperkende maatreëls is die inhuldiging nie soos gewoonlik in Paleis Huis ten Bosch gehou nie, maar wel in die Grote Balzaal van Paleis Noordeinde, omdat dit meer ruimte het. Tydens die inhuldiging tree die nuutverkose ministers een vir een na vore en sê “Zo waarlijk helpe mij God almachtig” of “Dat verklaar en beloof ik.” Die nuwe staatsekretaris vir toelae en doeane, Aukje de Vries, het haar verklaring in Fries afgelê. Ministers wat deel van die vorige kabinet was, soos premier Rutte, hoef nie weer ingehuldig te word nie. Hierna het die traptoneel of bordescene gevolg waartydens die 19 aanwesige ministers en die koning vir ’n foto poseer.
14-jarige Esmee gegroet
Die 14-jarige Esmee wie se liggaam verlede week onder ’n boom in Leiden gevind is, is Saterdag in dié stad ter ruste gelê. ’n Wit koets het Saterdag omstreeks 12-uur met die liggaam van Esmee vanaf die perdestalle, wat sy gereeld besoek het, vertrek en van daar ’n paar kilometer verder tot by die begraafplaas gery. Die stoet is deur berede polisie begelei, gevolg deur honderde roubeklaers, berig die NOS.
Esmee se liggaam is op Oujaarsdag in die bosse in Leiden gevind en ’n 32-jarige man is in verband met haar dood in hegtenis geneem. Aanklagte van moord of strafbare manslag asook ontug staar hom in die gesig. Hy is enkele ure nadat Esmee se liggaam gevind is, in hegtenis geneem. Volgens sommige media is hy ’n gimnastiekafrigter by ’n plek waar Esmee ook lid was.
Bij manege Elza Hoeve in Leiden is zojuist de 14-jarige Esmee herdacht. Het was haar tweede thuis. Nu vertrekt de rouwstoet, begeleid door de paarden die zij verzorgde, naar de begraafplaats in Leiden…. pic.twitter.com/AsR6nPNxoC
— Edwin vd Berg/NOS (@EdwinvdBergNOS) January 8, 2022
Snelweg gesluit ná verdagte situasie rakende ’n bewaakte joernalis
Die A2-snelweg naby Amsterdam is verlede Donderdag gesluit weens ’n vermeende bedreiging van die misdaadjoernalis John van den Heuvel, berig die NOS. Volgens die polisie is Van den Heuvel ná die voorval na veiligheid gebring. Van den Heuvel het kort daarna laat weet dat dit goed gaan met hom en dat hy vertroue het in die polisie se ondersoek na die voorval. Die snelweg was vir sowat ’n driekwartier in albei rigtings gesluit. ’n Motoris is weens die voorval voorgekeer en in hegtenis geneem. Die dagblad Het Parool sê die verdagte, bekend as Mourad O, van Utrecht is ook ’n getuie in die Marengo-saak – ’n groot strafsaak waarby 17 verdagtes betrokke is. Die misdaadjoernalis word al jare lank deur kriminele bedreig en word dag en nag beveilig. Verlede jaar is die bekende misdaadjoernalis Pieter R de Vries kort ná sy verskyning op ’n televisieprogram helder oordag in die straat in Amsterdam doodgeskiet. Die verdagte se advokaat, Veerle Hammerstein, het Saterdag op Twitter gesê haar kliënt het te vinnig gery en “misschien ook te dicht” aan ander motors, maar hy het volgens haar geen benul gehad dat Van den Heuvel in een van die motors was nie.
De politie heeft donderdagmiddag grootschalige beveiligingsmaatregelen getroffen omdat men een aanslag vreesde op journalist John van den Heuvel. Er bestond de vrees voor een aanslag of een ontvoering van Van den Heuvel die op de A2 reed. https://t.co/VamUG3pRTf
— NRC (@nrc) January 6, 2022
Duisende betoog weer in Brussel teen inperkingsmaatreëls
Die nuusdiens VRT in België berig dat sowat 5 000 betogers Sondag in die hoofstad Brussel byeengekom het om teen die inperkingsmaatreëls in dié land te betoog. Afgesien van enkele insidente het die betoging grotendeels vreedsaam verloop. Nietemin is sowat 30 mense aangekeer. Die betogers, van verskillende organisasies soos Viruswaanzin en Vecht Voor Vrijheid, het saam onder die leuse “Samen voor vrijheid” die strate van Brussel ingevaar. Volgens die VRT was die polisie sigbaar teenwoordig. Die betogers is gekant teen die inentingspas en die maatreëls wat volgens hulle die samelewing verdeel. Ná die betoging, toe die meeste betogers al die gebied verlaat het, het sommiges tog probeer om ’n konfrontasie met die polisie uit te lok. Die polisie is met voorwerpe bestook, en Kersbome en struike is aan die brand gesteek.
Ook in Antwerpen was daar ’n betoging. Hier het die 750 betogers spesifiek oor die dra van mondmaskers in die onderwys en die maatskaplike druk om kinders te laat inent, betoog.
Enkele sfeerbeelden van onze betoging gisteren in Brussel 🔥 #freebelgium pic.twitter.com/cSDT7yjkPg
— Samen Voor Vrijheid (@samenVvrijheid) January 10, 2022
Brussel. @Kees71234 pic.twitter.com/RyNNvubNuB
— Bettina (@Bettinaflower1) January 9, 2022
Noodplan vir Belgiese hospitale onder die loep
Indien die druk op mediese sorg weens die Omikron-variant nie hanteer word nie, kan pasiënte met COVID-19 verwag dat hulle nie meer voorkeurbehandeling by hospitale sal kry nie, skryf koerante van die groep Mediahuis in België. Dit is volgens ’n noodplan vir hospitale wat deur die Departement van Volksgesondheid vrygestel is.
Tot dusver word hospitale verplig om ’n aantal beddens vir COVID-19-pasiënte beskikbaar te hou. In die huidige noodfase – fase 3 – beteken dit dat hospitale 50% van hul waakeenheidkapasiteit aan Covid-pasiënte moet afstaan, berig De Morgen. Indien die druk egter te veel word, sal dit nie genoeg wees nie. “Als het zover komt, komen alleen mensen met dringende aandoeningen het ziekenhuis in,” sê Marcel van der Auwera, voorsitter van die Komitee vir Hospitale, Vervoer en Kapasiteit. Dit beteken hospitale sal pasiënte op grond van ’n lys van prioriteite toelaat. Die prioriteite laat egter etiese vrae ontstaan, berig VRT, hoewel dit nog nie duidelik is wat die prioriteite sal wees nie. “De drempel is het evenwicht tussen de zorgvraag en het aanbod dat aanwezig is in het ziekenhuizen,” sê Van der Auwera. “We hopen dat er door de boosters niet veel personeelsuitval is, maar hoe meer personeel wegvalt, hoe sneller we aan de limiet komen van de zorg die we kunnen bieden,” sê hy.
Hoofdarts @FrankVermassen: 'Het komt er dus op aan om de capaciteit die beschikbaar is zo optimaal mogelijk te benutten.' #vijfdegolf @ugent https://t.co/rKM9xPis7j
— UZ Gent (@uzgent) January 11, 2022
Byna elke dag rekordinfeksies
Terwyl België dink aan ’n noodplan vir hospitale, hou Nederland asem op vir die infeksiesyfers wat byna daagliks vorige rekords oortref. Die Rijksinstituut voor Volksgezondheid en Milieu, die RIVM, het die afgelope week byna 202 000 nuwe positiewe toetse aangemeld. Dit is ’n styging van 77% vergeleke met die vorige week. “Nog niet eerder zagen we zulke grote aantallen in een week tijd,” meld die RIVM. ’n Week vantevore was het die besmettingsyfer met 35% gestyg. Volgens die RIVM was dit veral jongmense in die ouderdomsgroep 20–24 jaar wat die afgelope week besmet geraak het. Die groot aantal herinfeksies wek ook kommer. In die eerste week van die jaar was 13% van mense wat positief getoets het, reeds voorheen besmet. In België het die afgelope week ook 20 264 mense per dag positief getoets. Dit is 85% meer as ’n week vantevore. In Belgiese hospitale styg die aantal opnames ook. Daar is die afgelope week sowat 182 pasiënte per dag opgeneem – ’n styging van 17% vergeleke met die week daarvóór. In Nederland is die getal opnames in hospitale voorlopig nog aan die daal, met 146 nuwe Covid-pasiënte wat die afgelope 24 uur opgeneem is.