Skietery skok gemeenskap
Twee mense is dood en nog twee ernstig gewond ná ’n skietery afgelope Vrydag op ’n sorgboerdery in Alblasserdam naby Dordrecht. ’n Sorgboerdery is ’n plaas waar mense wat sorg of toesig nodig het, bedags met aktiwiteite besig gehou word soos om diere te versorg. ’n 34-jarige vrou en 16-jarige meisie is in die voorval dood. ’n 12-jarige seun en 20-jarige vrou is ernstig beseer en word nog in die hospitaal behandel. ’n 38-jarige man is kort ná die voorval aangekeer. Hy word ook verdink van die moord op ’n man in Vlissingen.
Die liggaam van die bestuurder van ’n skoenmakery is op 4 Mei in sy winkel in Vlissingen aangetref. Die televisienuusdiens RTL Boulevard berig dat die verdagte kort voor die skietery ’n e-pos aan die redaksie gestuur het waarin hy skryf dat hy vir die moord op die man uit Vlissingen verantwoordelik is, maar dat die man ’n toevallige slagoffer was. Hy skryf ook dat hy psigiese probleme het, waaronder ’n obsessie met wapens. Hy het volgens hom meerdere kere om hulp gevra, maar het dit nie gekry nie.
Tydens polisie-ondervraging het die verdagte ook die skietery op die sorgboerdery beken.
Die NOS berig die verdagte was reeds by die polisie bekend as ’n “probleempersoon”. Sy blyplek is kort ná sy inhegtenisneming deursoek.
Drie aanklagte van moord en twee van poging tot moord staar die verdagte in die gesig. Volgens die staatsaanklaer sal die verdagte nog minstens 14 dae in aanhouding bly.
Deze foto #Alblasserdam #schietpartij #politie 😭🙏 pic.twitter.com/q79NNzghkK
— Melitz 🚜🐄🐠🌴🏖🏜🌞🌊 (@Melitz_Vivid) May 6, 2022
Inktzwarte dag voor ons dorp. 💔 #Alblasserdam pic.twitter.com/mUfPY0Zfws
— Marleen (@Marleen_72) May 6, 2022
Somber Dodeherdenking in Nederland
Dit was die eerste keer in twee jaar dat die publiek weer direk kon deelneem aan die Nasionale Dodeherdenking in Nederland. Die dag word jaarliks op 4 Mei herdenk ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Tweede Wêreldoorlog. Die hoofbyeenkoms is op die Dam in Amsterdam van waar kranse gelê en daar om 20:00 twee minute stilte gehou word. Die geleentheid word landwyd op televisie uitgesaai.
Op verskeie plekke is die slagoffers van die oorlog in Oekraïne ook by die herdenking betrek.
In sy toespraak in die Nuwe Kerk op die Dam het die historikus Hans Goedkoop na dié land verwys en gesê: “Er dreigt een ontrechting van miljoenen. Generaties lang hoopten we daarvan weg te drijven naar een nieuwe toekomst, nooit meer, maar we vallen door de tijd, het lijkt wel 1939, en nu komt het op ons aan – op ons kompas voor goed en kwaad.”
Die voorsitter van die Tweede Kamer, Vera Bergkamp, het tydens haar toespraak en kranslegging in die Tweede Kamer gesê: “Het gedonder van bommen, de overscherende vliegtuigen, de verwoesting en de vernietiging, en wat dat doet met onschuldige burgers – het geeft deze 4-mei-herdenking vandaag een extra lading.”
Vir die eerste keer is tydens die Dodeherdenking ook melding gemaak van die slagoffers wat omgekom het tydens die koloniale oorlog wat Nederland tussen 1945 en 1949 in Indonesië gevoer het. Tydens die kransleggingseremonie is dié slagoffers ook pertinent vermeld: “De volgende krans wordt gelegd voor alle burgers in Azië die tijdens of direct na de Tweede Wereldoorlog en de koloniale oorlog in Indonesië zijn omgebracht of omgekomen als gevolg van verzet, internering, oorlogsgeweld, uitputting, honger ene ? en? dwangarbeid,” het die seremoniemeester Jos Coumans aangekondig.
Terecht dat men nu expliciet de Indonesische slachtoffers herdenkt. Wat nog moet gebeuren, is het expliciet herdenken van de Surinaamse slachtoffers die in de Tweede Wereld oorlog zowel in Nederland, als in Indonesië zijn gevallen. https://t.co/E21ZKM2V10
— Ankje (@Ankje5) May 5, 2022
By die Homomonument in Amsterdam, waar die vervolging van seksuele minderhede herdenk word, is ook kranse gelê
Vanuit de Wester werden bij het Homomonument de LHBTI+ slachtoffers van de Tweede Wereldoorlog herdacht.#4mei #herdenking #dodenherdenking #amsterdam #westerkerk #homomonument #lhbti pic.twitter.com/5paJcXSPA7
— Westerkerk Amsterdam (@Westerkerk1) May 4, 2022
In die Nationaal Erevald in Loenen het die opperrabbi Binyomin Jacobs en Duitse ambassadeur in Nederland Cyrill Jean Nunn saam ’n krans gelê.
Vanavond vond de Nationale Militaire #Dodenherdenking plaats op Militair Ereveld op de Grebbeberg. De Krijgsmacht herdacht militairen die sinds 10 mei 1940 waar ook ter wereld voor het Koninkrijk der 🇳🇱 zijn gevallen, dan wel zijn omgekomen bij de uitvoering van militaire dienst. pic.twitter.com/eyxHl4mJvF
— Koninklijke Landmacht (@landmacht) May 4, 2022
Dodenherdenking De Dam
Koning Alexander en Maxima pic.twitter.com/EUUde2kQAr— Esther van Bronkhorst (@evanbronkhorst) May 4, 2022
“De beste manier om de gevallenen te herdenken is datgene te doen waarvoor zij gestorven zijn”. Indrukwekkende #Dodenherdenking op de Dam. pic.twitter.com/pqIVPrvoE0
— Martin Paus (@MartinPaus) May 4, 2022
Bevrydingsdag tot in Duitsland herdenk
Presies ’n dag ná die somber Dodeherdenking word Bevrydingsdag op 5 Mei gevier.
Op dié dag word die bevryding van die Duitse besetting van Nederland herdenk en daar word ook weer gekyk na die waardes van vryheid, demokrasie en menseregte.
Aktiwiteite word landwyd gehou.
Dit begin by die aansteek van die bevrydingsvuur in Wageningen. Die geleentheid word regstreeks op televisie uitgesaai. Vanjaar is die vuur deur die 96-jarige Britse veteraan Harry Hawlings aangesteek. Hy is deur die burgemeester van Wageningen, Floor Vermeulen, vergesel.
Van daar het 1 500 aflosatlete vertrek om die vuur in 80 ander plekke in die land aan te steek.
Aan die einde van die middag het die aflosspan uit Nijmegen na die Duitse grens vertrek van waar ’n Duitse aflosspan die vuur na Kleve gebring het. Dit was vanjaar die eerste keer dat die vuur ook na Duitsland geneem word.
Die vuur is ook by bevrydingsfeeste oor die land heen aangesteek.
Die amptelike verrigtinge het daarna om 12:00 in Oss afgeskop met ’n lesing deur luitenant-genaraal Gijs Tuinman, Ridder van die Militêre Willems-Orde, waarin hy beskryf het wat sy vryheid vir hom beteken: “Niet het hebben of ervaren van vrijheid, maar het actief beschermen van je idealen waarin je gelooft en de dingen die je belangrijk vindt.”
In Wageningen het die minister van verdediging, Kasja Ollongren, weer na die oorlog in Oekraïne verwys: “Vandaag vieren we onze vrijheid ook in de wetenschap dat er in Oekraïne geen muziek klinkt, maar het geluid van luchtalarmen, raketinslagen en artilleriebeschietingen.”
Op 14 verskillende plekke is bevrydingsfeeste gehou waar mense soos die Nederlandse wenner van die Eurovisie-liedjiesfees opgetree het.
𝐍𝐔 𝐎𝐍𝐋𝐈𝐍𝐄! Bij het park aan de Euromast werd donderdag Bevrijdingsdag gevierd. Met onder andere optredens van Duncan Laurence en Jett Rebel was het een fantastisch feest.https://t.co/iJeCt4hRIc pic.twitter.com/gfwTeUnzqI
— NL foto & video (@NLfotoenvideo) May 5, 2022
Vandaag is het Bevrijdingsdag, hijs daarom de hele dag de vlag in de top. Het vlagprotocol: https://t.co/Cw0ZrosSDb#5mei #Bevrijdingsdag #vlaguit #vrijheid pic.twitter.com/JhQGOfI4ss
— Comité 4 en 5 mei (@Comite4en5mei) May 5, 2022
Deze #Bevrijdingsdag voelen we nog meer dan andere jaren wat een voorrecht het is dat wij hier in vrijheid kunnen leven. Op een paar uur vliegen vecht het Oekraïense volk voor hun vrijheid. Dat drukt ons met de neus op de feiten. Vrede en vrijheid zijn niet vanzelfsprekend. pic.twitter.com/yHXHk9ZrcV
— Mark Rutte (@MinPres) May 5, 2022
Vlaminge voel migrante moet assimileer
Uit ’n gesamentlike ondersoek deur die Vrije Universiteit Brussel en die Universiteit Antwerpen, in opdrag van VRT NWS, sê die meerderheid van die respondente hulle voel dat migrante van ’n nie-Westerse herkoms die Vlaamse kultuur en gewoontes moet aanneem, die taal moet leer en dat daar ’n strenger migrasiebeleid moet wees. So berig VRT NWS.
Soveel as 76% van die respondente voel dat migrante moet assimileer. Soos verwag, is dit veral die geval onder ondersteuners van regse partye, maar ook die meerderheid van linkse partye stem hiermee saam.
Verrassend is dat sowat 68% van respondente voel dat die regering meer toetse moet instel om diskriminasie op die arbeidsmark te voorkom, dit sluit selfs toetse in om seker te maak dat immigrante en mense van kleur nie onregverdig behandel word nie. Selfs die meerderheid van ondersteuners van die regse Vlaams Belang – 56% – is dit hiermee eens.
Die meerderheid respondente het ook laat blyk dat hulle ten gunste van ’n strenger migrasiebeleid is.
Ook voel die meerderheid – 57 % – dat die aantal asielaansoeke die afgelope jare gestyg het. Volgens die statistiek het die aantal asielaansoeke die afgelope jare eintlik konstant gebly. België kry sowat 11 000 asielaansoeke per jaar.
Op ’n vraag of respondente hul meer Belgies of meer Vlaams voel, blyk dit dat 44% hul ewe veel Vlaams as Belgies voel, maar die België-gevoel is aan die afneem.
Ry en bel kos jou straks jou rybewys
Die Vlaamse Stigting vir Verkeerskunde het ’n nuwe veldtog bekend gestel om motoriste daarvan te laat afsien om hul selfone te gebruik terwyl hulle bestuur. Ter ondersteuning hiervan het die kantoor van die Belgiese staatsaanklaer in Oos-Vlaandere, of parket soos dit daar bekend staan, aangekondig dat mense wat selfone sonder houers gebruik terwyl hulle bestuur, se rybewyse vir agt dae opgeskort sal word. Dit is ’n swaarder straf as die boete van €174 (sowat R3 000) wat gewoonlik uitgereik word as jy betrap word dat jy jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur, berig VRT NWS.
Motoriste wat hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur het die afgelope paar jaar sterk toegeneem.
Volgens die Vias-instituut kan 8% van dodelike motorongelukke aan die gebruik van selfone toegeskryf word.
Berichtje van je mama om te komen lunchen, gewoon even negeren als je aan het rijden bent.
Focus op de weg, niet op je gsm en ga in #automodus voor je rijdt #voorveiligverkeer.
Tips om veilig in automodus te gaan voor je vertrekt vind je hier:https://t.co/kheJKZyl4o pic.twitter.com/t7r8SWjrDe
— Politiezone Noord (@PZ_Noord) May 10, 2022