Uitnodiging na Gent lei tot wedersyds verrykende program vir vertaler en digter Daniel Hugo 

Daniel Hugo, ’n bekende Afrikaanse digter wat al meermale bekroon is vir sy vertalings uit Nederlands, is die eerste vertaler wat ná die instelling van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit van Gent daarheen genooi is. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor sy werk, optredes en ervarings daar as “vertaler op kampus”.