Verdere maatreëls kom om COVID-19 te stuit
“Suid-Afrikaners staar op die vooraand van die feesseisoen strenger maatreëls in die gesig om die verspreiding van die koronavirus te probeer stuit. Die owerhede hoop egter om nie weer ’n algehele inperking soos vroeër vanjaar af te kondig nie. Dit volg nadat die getal nuwe infeksies in veral die Wes-Kaap en Oos-Kaap besig is om teen ’n kommerwekkende koers te styg. Die Wes-Kaapse distriksdirekteur van die Departement van Gesondheid, Zee Brickles, sê gesondheidsinstansies in die streek is besig om hospitaalbeddens aan te vul in openbare en staatshospitale.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed