Vind jou voete in Nederland met die South Africans in The Netherlands Facebook-groep

Jy het pas na Nederland verhuis en sukkel om jou voete te vind. Is daar Suid-Afrikaners wat ’n lekker braai hou die naweek? Waar en by wie vind jy uit? “South Africans in The Netherlands!!” is ’n Facebook-groep met meer as 7 000 lede wat daagliks aan verskillende gesprekke deelneem. Cliffordene Norton het met Shanita Henze, administrateur van dié groep, gesels.