Vind jou voete in Nederland met die South Africans in The Netherlands Facebook-groep

  • 0

Jy het pas na Nederland verhuis en sukkel om jou voete te vind.

Is daar Suid-Afrikaners wat ’n lekker braai hou die naweek? Waar en by wie vind jy uit?

South Africans in The Netherlands!! is ’n Facebook-groep met meer as 7 000 lede wat daagliks aan verskillende gesprekke deelneem.

 Cliffordene Norton het met Shanita Henze, administrateur van dié groep, gesels.  

Wanneer en hoekom het hierdie Facebook-groep begin?

Marc van Eck het die groep ’n hele paar jaar gelede begin omdat hy gesien het dat daar ’n mark is waarheen mense kan gaan wat mekaar se kultuur verstaan.

Wat is die doel van die Facebook-groep?

Om mekaar te help om jou voete te vind in die vreemde.

............

Beskrywing van die Facebook-groep

Saffas on (or heading for) the Polder: Once again we unite in a different country!!! It’s not always easy ... but we were raised in South Africa ... so we can handle almost everything ... if not everything, right?!? 🙂

The purpose of this group is summarised as the following:

  • Informing each other about social events (eg camping weekends, pub nights and individual get-togethers hosted by fellow South Africans) 
  • Advertising of South African products or services available in the Netherlands (Without it becoming SPAM, please limit this to one advert per 14 days. Offending repeat and irrelevant ads will be removed.) 
  • Company and business support – linking South Africans with Dutch businesses or vice versa.  
  • To ask questions regarding life in the Netherlands, the do’s and don’ts, and to give relevant and educated advice and support when asked for.

............

Waaroor gesels die lede die meeste?  

Diverse onderwerpe. Elkeen het maar sy passie.

Wat was die vreemdste/snaaksste vraag wat al ooit op die groep gevra is?

“Hoe kan ek my bra maat  meet?” ( Ek het vir drie dae my kop geskud.)

............

Hier is nog Facebook-groepe vir mense wat oorsee bly

South Africans living overseas share their good and bad experiences

South Africans wanting to emigrate to Netherlands 

South Africans in Amsterdam  

South Africans in The Hague 

South Africans Around The World

............

Is daar Suid-Afrikaners wat ’n lekker braai hou dié naweek? Waar en by wie vind jy uit?

Gewoonlik sit iemand dit in die groep, maar ek het nog nie gesien of iemand dié naweek ’n braai organiseer nie.

Kan ’n mens eg Suid-Afrikaanse eetgoed kry vir so ’n braai?

Daar is ’n paar mense wat boerewors maak sover ek weet.

Wat moet Suid-Afrikaners van Nederland weet voor hulle emigreer? 

Weet dit is nie Suid-Afrika nie, hier is dit anders. As jy bereid is om aan te pas, dan is Nederlanders meer as gretig om jou te help.

Lees ook 

Jou Europa-toer en oorsee studeer survival guide

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top