Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie

“Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek.”