Woedende rokers wil vuurmaak onder regering

“Terwyl dorstige Suid-Afrikaners hulle lippe aflek om volgende Maandag in die tou te val om ’n kissie bier of bottel wyn te gaan koop, is die land se rokers op die oorlogspad. Hulle is woedend omdat hulle steeds nie sigarette of tabak mag koop wanneer vlak 3 Maandag in werking tree nie.”