Wynboere maak planne om COVID-19 te oorleef

“Die skade wat die nasionale inperking as gevolg van COVID-19-regeringsbeleid aan Suid-Afrika se wynbedryf aangerig het, beloop reeds R7,5 miljard in die sewe maande sedert die inperking aangekondig is. Na raming is daar ’n oorskot van byna 400 miljoen liter wyn, wat meer as Suid-Afrika se plaaslike jaarlikse verbruik is, sê Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai). Saai sê hulle is baie bekommerd oor die duisende hektaar wingerde wat in die gedrang is. Tot 80 familieplase kan as gevolg hiervan verlore gaan.”