Can’t see this mail? Click here to view it online

Ontworpen, beheerd en onderhouden door LitNet

Nieuwsbrief 192

22/08/2025

Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen

Voertaal: Jouw dialoog

Actueel

Laat die dialoog begin!

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Genade, sou ’n mens kon sê, die ANC het oor die afgelope drie dekades álles beheer wat die swart kind in staat moes gestel het om teen hierdie tyd beter vooruitsigte te kon geniet. Waarom het dit nie gebeur nie? Korrupsie. Gulsige mense wat net nie genoeg kan kry nie; wat net meer en meer wil hê."

Skeptisisme oor dialoog duur voort, Ramaphosa pleit vir insluiting

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die uitkomste van elk van die komende dialoë sal opgeneem en saamgevoeg word op ’n spesiale digitale platform. Daar sal ook meganismes wees om diegene sonder toegang tot die tegnologie in staat te stel om die uitkomste van hul dialoë in te dien."

"Suid-Afrikaners wil praat, maar nie met Ramaphosa nie"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Minstens agt organisasies en ’n stuk of sewe politieke partye het reeds hul teenstand teen, of onttrekking aan, die Nasionale Dialoog uitgespreek."

Regering stoom voort met Nasionale Dialoog ondanks groeiende kritiek en onttrekkings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Nasionale Dialoog, wat aanvanklik as ’n burgergedrewe inisiatief aangekondig is, beoog om Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing saam te bring om gemeenskaplike oplossings vir die land se uitdagings te vind."

Die poppe dans

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Oor twee jaar en vier maande – in Desember 2027 – kies die ANC nuwe leiers en kan ’n verandering in die verhouding tussen die ANC en sy 'radikale' bondgenote geskied, afhangend van wie as Ramaphosa se plaasvervanger aangewys word."

Amerika ook warm onder die kraag oor SA-weermaghoof se uitlatings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Amerikaanse regering wil glo duidelikheid hê oor Suid-Afrika se beleid teenoor Iran ná die wyd gepubliseerde kommentaar van Maphwanya, tydens sy reis na Iran."

Suid-Afrika slaan vure dood na weermaghoof se uitsprake

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Terwyl die regering probeer om die voorval af te maak as ’n geïsoleerde fout, beklemtoon dit die uitdagings in die koördinasie van buitelandse beleid binne die regering."

Onsekerheid en kommer na ontbinding van SA Toerismeraad

Jean Oosthuizen
Voorblad

"SA Toerisme het in die 2024/25-boekjaar slegs 89% van sy doelwitte bereik, terwyl hy sy begroting met R24,1 miljoen oorskry het."

Valke trek renosterhoringsindikaat vas

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die feit dat die verdagtes deur ’n stelsel van vervalste permitte kon opereer, toon die groot uitdaging waarmee wetstoepassers gekonfronteer word."

Suid-Afrika verwerp VSA se verslag oor verslegting van menseregte in SA

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Onder die Trump-administrasie maak die verslag geen melding van kritiek op bondgenote soos Israel en El Salvador of van Gaza se menseslagting of humanitêre krisis nie, terwyl dit harder kritiek uitspreek teen lande soos Suid-Afrika en Brasilië, met wie Washington koppe stamp."

Reizen

Jongerenprojek 2025: van Gent na Arnhem

Marlé-Zanne Barnard, Elizna Henderson
Reizen

"Dit was ’n herinnering daaraan dat identiteit nie net iets is wat jy dra nie, maar iets wat jy sáám bou."

Boeke-vat in Utrecht

Magdel Vorster
Reizen

"Hieperdepiep hoera! Dan vra sy of ek Jaco Jacobs se boeke ken en toe ek entoesiasties antwoord, trek sy weg en is dit dadelik duidelik dat sy een van Jaco se grootste aanhangers is. Sy’s gek oor sy boeke."

’n Grasieuse en stylvolle eeu vir May de Lencquesaing

Maryke Roberts
Reisgogga

"As jy op die stoep by Glenelly-wynlandgoed in Idasvallei buite Stellenbosch sit, kom dans die geskiedenis in sulke stadige walse om jou enkels. Dis nie net die eienaar, May de Lencquesaing, wat vanjaar rede het om fees te vier met haar 100ste verjaardag nie; hier is soveel ander mylpale om te gedenk."

Amsterdam: wanneer ligkuns in die gragte skyn

Imke van Heerden
Cultuur

"Ek stap langs die Herengracht toe ek my eerste installasie gewaar. Teen die wal skitter ’n reuse-koivis in die donker, skynbaar vasgevang in tyd. In die verte sweef ligwesens bo die water."

Riverhide: Rivierwegkruip laat die stres verdwyn

Maryke Roberts
Reisgogga

"’n Langnaweek-wegbreek wanneer ander mense werk, omdat jou kop en lyf suf is, moet spesiaal wees. Riverhide tussen Swellendam en Bonnievale is dit toe beslis ... Die naweek begin wanneer die eerste WhatsApp deurkom met: 'Waar trek julle?' want almal ry uit verskillende rigtings na een bestemming."

Literatuur

Tweespraak met Jolyn Phillips #1: "As ’n kontemporêre Afrikaanse digter kritiseer ek die Dertigers vir hul elitisme en eng omvang van onderwerpe, veral hul verwaarlosing van die sosiopolitieke realiteite van Suid-Afrika."

Yves T’Sjoen, Jolyn Phillips
Literatuur

"Ek wou illustreer dat Afrikaanse epiese poësie unieke innovasies in ritme, struktuur en lynkonstruksie na vore bring. Ek het die klassieke epos se definisie en eienskappe gebruik om hierdie navorsingsvraag te ontleed."

Leesimpressie: De bewaring door Yael van der Wouden

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een intense, intrigerende en ingenieuze roman over de doorwerking van de oorlog. Liefdesrelaties, familiepatronen en oorlogservaringen zijn nauw verweven."

Leesimpressie: De gezichtslozen door Alicja Gescinska

Erik van den Bergh
Literatuur

"Zeer rake, goed geschreven novelle waarin het perspectief van de hoofdpersoon verandert en ruimer wordt. Kritische vragen over de omgang met Palestijnen in Libanon worden gekoppeld aan het (over-) leven van staatlozen in Europa."

Leesimpressie: Het tij keren door Joke J. Hermsen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bondige, heldere tekst over relevantie van Rosa Luxemburg en Hannah Arendt voor 'de transitie naar een meer duurzame, menselijke en solidaire samenleving'."

Leesimpressie: Geen vaarwel vandaag door Daan Heerma van Voss

Erik van den Bergh
Literatuur

"Uitzonderlijke en veelomvattende roman over Oskar van Bohemen die zeer plotseling op Schiphol overlijdt en zijn nabestaanden die worstelen met hun herinneringen en veelal ook met zichzelf en elkaar."

Leesimpressie: Droomhuis, El Hizjra Literatuurprijs 2016–2024

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een bundel met werk van ruim veertig Belgische en Nederlandse winnaars en finalisten van de El Hizjra Literatuurprijs. Zeer uiteenlopende teksten, verhalen en gedichten."

Uitnodiging: Yves T’Sjoen en Willie Burger in gesprek oor De ontdekking van het eiland: breytenbachiana

Voertaal
Literatuur

U word hartlik uitgenooi na die volgende byeenkoms: Yves T’Sjoen en Willie Burger tree in gesprek oor De ontdekking van het eiland: breytenbachiana.

Nu op LitNet

Kultuuroorlog teen kommunikasie: Wat ons wil, kan, moet, mag, en nie durf sê nie

Mercia Coetzee
LitNet25-skrywersberaad

"In die lig van dié [...] Nasionale Dialoog, en teen die agtergrond van al die besware daarteen, wonder ek of 'vrye debatvoering' en ware 'oop gesprekke' nog in Suid-Afrika moontlik is. [...] My essay word gerig deur berigte in die media van beperkinge op die vryheid van spraak en veral akademiese vryheid van spraak."

VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde

Jean Oosthuizen
Seminare en essays

"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"

Trump, Amerika en die toekoms van Afrika

Jean Oosthuizen
Seminare en essays

"Vir Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, beteken dit ’n nuwe werklikheid. ... Trump [sien] die vasteland hoofsaaklik deur ’n praktiese, selfs skeptiese lens. Sy fokus is nie op hulpverlening of ontwikkelingsamewerking nie, maar op wat Amerika daaruit kan kry. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Amerikaanse beleidsontleder Joshua Meservey verlede week ’n dagsimposium van die Pionier Instituut buite Stellenbosch toegespreek het."

Memoires van een hoofmeisie

Ingrid Glorie
LitNet25-skrywersberaad

"Het eerste jaar gebruikten we vooral het openbaar vervoer, en reden we verder rond in het geleende autootje van de moeder van een van onze vrijwilligers. Later zijn we, omwille van de veiligheid en het voortbestaan van de Afrikaanse literatuur, toch maar busjes mét chauffeur gaan inhuren."

Voertaal: Jou hoogtepunte

Voertaal
Nieuwsbrief

Hierdie is die eerste nuusbrief (Deel I) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

Voertaal: Jou hoogtepunte ‒ Deel II

Voertaal
Nieuwsbrief

Lees die tweede nuusbrief (Deel II) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

Volg Voertaal ook op Facebook!

Voertaal

Like Voertaal op Facebook en blijf op de hoogte van al onze artikelen.

Voertaal: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

Voertaal
Over Voertaal

Voertaal wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | Voertaal would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.

Contact

voertaal@voertaal.nu

+27 (0) 21 887 0212


© 2025 LitNet. Alle rechten voorbehouden | All rights reserved