|
Ontworpen, beheerd en onderhouden door LitNet
|
Nieuwsbrief 73
20/11/2020
|
Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen
|
|
Ton van de Langkruis na 25 jaar Winternachten: "Je moet beseffen dat de ander anders kijkt dan jij."
Ingrid Glorie
Literatuur
"In september ontving Van de Langkruis een koninklijke onderscheiding, onder meer vanwege de grote rol die Writers Unlimited, de stichting achter het festival, 'heeft gespeeld en nog steeds speelt voor het vrije woord van auteurs uit de gehele wereld'. Terwijl de redactie inmiddels alweer druk bezig is met het volgende festival, blik ik met Van de Langkruis terug op de eerste 25 jaar. Het gesprek groeit al gauw uit tot een masterclass over verbinding, verdieping, cultuur en engagement."
|
|
Agter die skerms: Kaapse kunstenaars werk saam in grendeltyd
Ingrid van der Walt
Interviews
Vier organisasies, een aanlyn musiek-en-dans-teaterproduksie, naamlik Pergolesi se Stabat Mater, die klassieke werk wat handel oor Maria se swaarkry tydens Jesus se kruisiging. Met die oog op die pandemie wat wêreldwyd ellende saai, was Matthew Wild (Kaapstad Opera) se visie nou juis om ’n produksie van musiek, sang en ballet te skep wat poog om die traumatiese ervarings van mense te versinnebeeld. Die vervreemding, verwydering, verval, rou.
|
|
Charlotte Van den Broeck: "Ik zie de vertalingen echt als een gedeeld auteurschap met de vertaler"
Willem de Vries, Charlotte Van den Broeck
Literatuur
Die Vlaamse digter Charlotte Van den Broeck is vir die bundel Kameleon (2015) met die Herman de Coninck-debuutprys bekroon. Sedertdien het werke uit haar pen lesers in verskeie tale eweneens beïndruk. Haar debuut is nou in Afrikaans beskikbaar danksy Daniel Hugo se vertaling daarvan vir Protea. Vir Van den Broeck behels veral literêre vertaling ’n gedeelde outeurskap.
|
|
Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar
Francis Galloway, Izak de Vries
Interviews
"Of die boek nog tersaaklike aangeleenthede aanspreek in ’n era waarin Afrikaans (en witheid) onder druk staan? Ek glo wel mens moet weet waar jy vandaan kom (die hoofstroomgeskiedenis asook die alternatiewe narratief daaromheen) om jou eie pad vorentoe te vind. Dis soos om eers die klassieke kitaar te begryp sodat jy kan improviseer en vernuwe."
|
|
’n Gesprek met HemelBesem oor "Witbooi"
Annie Klopper, HemelBesem
Musiek
"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord HemelBesem. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."
|
|
Ons Perspektief – A virtual exhibition by Vrystaat Kunstefees 2020
Marli van Eeden, BrotherTill, Frazer Barry, HemelBesem, Yoma
Interviews
Ons Perspektief is ’n samewerkingsprojek van die Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill en verskeie Afrika-rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musikale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture transendeer. |
|
Donker tye vir Suid-Afrikaanse media
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is hulle is besorg oor die huidige onstabiliteit by die SAUK. Die SAUK het aan die einde van Maart vanjaar ’n netto verlies van R511 miljoen getoon."
|
|
Korona skrik beleggers af
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"President Cyril Ramaphosa het toegegee dat dit bloedsweet sal kos om die land se ekonomie in die nadraai van COVID-19 weer behoorlik aan die gang te kry deur middel van groter buitelandse beleggers."
|
|
Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."
|
|
Die naam is Biden, James Biden
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het."
|
|
I am Greta, ’n resensie
Izak de Vries
Film
"Hierdie film doen meer as net goeie werk vir die klimaat, dit breek ook lansies vir mense wat op die outismespektrum is."
|
|
België in die Kaap: ’n Fotogalery
Izak de Vries
Culinair
"Die idee was om Belgiese maatskappye wat in Suid-Afrika handel dryf, groter lugtyd te gee onder die sambreelbeskrywing 'A taste of Belgium'."
|
|