Can’t see this mail? Click here to view it online

Ontworpen, beheerd en onderhouden door LitNet

Nieuwsbrief 40

02/08/2019

Afrikaans, Nederlands, gewoon voor iedereen

Voertaal: Jouw uitwisseling

Meningen

Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV

Menán van Heerden, Izak de Vries
SASNEV

Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier. Die leerders het saam met Frazer Barry leer rymklets. Diana Ferrus het ook haar nuutste boek (Die vrede kom later) bekend gestel. ’n Beursskema vir leerders van die Hoërskool Groenberg (Grabouw) is ook bekendgestel, waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.

Jongerenprojek Netwerk 2019

Mandie Ehlers
Zuid-Afrikahuis

"’n Groep van elf Suid-Afrikaanse studente en twee begeleiers het met oë vol verwagting op Brussel Lughawe geland. Vir baie van die studente was dit hul eerste kennismaking met die buiteland. In België het ons ondermeer Brussel, Leuven en Hasselt besoek. Ons eerste kennismaking van Nederland was in die pragtige stad Den Haag."

Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite

Izak de Vries
SASNEV

"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend soos die gesprek oor haar fiksie."

Geschiedenis

NALN-tydkapsule: Van België na Suid-Afrika in 1950

Leana Lategan
Geschiedenis

Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein (Suid-Afrika) terug in tyd. Leana Lategan gaan gereeld interessante, waardevolle en soms byna vergete argief-items met Voertaal-lesers deel. Rob Antonissen is eerste aan die beurt. Hy was in sowel België as Suid-Afrika ’n gerekende akademikus en kenner van onder meer die Afrikaanse letterkunde.

Interviews

Luna Paige bring Korreltjie Kantel Lae Lande toe

Ingrid Glorie, Luna Paige
Interviews

In Oktober gaan die Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Luna Paige Lae Lande toe met Korreltjie Kantel, ’n oorspronklike en gevarieerde vertoning oor die liefde tussen André P Brink en Ingrid Jonker. Om hierdie toer moontlik te maak, is ’n skarebefondsingsveldtog begin. Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars het kunswerke vervaardig wat geïnspireer is met die storie van Jonker en Brink. Afdrukke van hierdie kunswerke is nog tot 5 Augustus te koop. Ingrid Glorie gesels met Luna Paige.

Den Haag-studie-uitruil: ’n onderhoud met Tenita Kidelo

Cliffordene Norton, Tenita Kidelo
Interviews

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Nederland jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme. Tenita Kidelo is van De Doorns en is tans besig met haar meestersgraad in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy het vir ses maande in Den Haag gewoon. Cliffordene Norton gesels met haar oor haar tyd in die pragtige stad.

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha

Marli van Eeden, Giselle Botha
Interviews

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek Europese lande jaarliks as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed. Giselle Botha vertel meer oor haar studie-ervarings en avonture in Duitsland, Nederland en België.

Nu op LitNet

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: In my vel deur Azille Coetzee

LitNet
Du Toitskloof Wyne | LitNet Eerste Slukkie

"Ek is in Amsterdam om ’n PhD aan die Vrije Universiteit te doen. Ek het ’n visum en ’n beurs vir 22 maande, maar het reeds besluit dat ek vir ewig hier wil bly." In my vel is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.

Reizen

Jou Europa-toer en oorsee studeer survival guide

Menán van Heerden
Reizen

"Hierdie gids is vir enige jongmens wat beoog om nuwe horisonne te ontdek en om nuwe kuslyne te betree, of dit nou Barcelona, Rome, of Amsterdam is."

The Rosebank Area – Johannesburg, Oxford Road

Paul Murray
Reizen

"Rosebank is one of Johannesburg’s most cosmopolitan areas, yet it is also very commercial. It lies in the leafy northern suburbs, on the Main Gautrain route from Pretoria to Johannesburg central. Young professionals and younger people alike enjoy it as do business persons and residents of the adjoining suburbs, Parktown, Melrose and Houghton. Its day-time life is as lively as its night-time, with cafes, bars and it even has its own flea market."

Matjiesfontein: jou Karoo blaaskansie

Menán van Heerden
Reizen

"Geurige lamstjops, ’n wyntjie op die stoep, en die beste appeltert in die geweste. ’n Blaaskansie by die Victoriana Karoo-oase Matjiesfontein, skuins voor die lente en somer, is net wat mens nodig het om tweede-helfte-van-die-jaar batterye te herlaai. Op Matjiesfontein is daar iets vir almal!"

In het nieuws

Werkloosheid skiet die hoogte in

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Werkloosheid in Suid-Afrika het ’n nuwe rekordhoogte bereik en sowat tienmiljoen Suid-Afrikaners sit sonder werk. Dit is die hoogste werkloosheidsyfer in die land se geskiedenis. Die kommerwekkende toedrag van sake is deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak in hulle jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling."

Omstreden "boerkaverbod" vanaf vandaag van kracht

Ingrid Glorie
In het nieuws

"Per 1 augustus is het in Nederland verboden gezichtsbedekkende kleding te dragen. Maar hoe moet dit verbod in de praktijk gehandhaafd worden?"

Literatuur

Multiple Identity. Meertaligheid van het "ik"

Yves T'Sjoen
Literatuur

"De 'ekke' in de titel, die zich zo nadrukkelijk als spreker manifesteert, drukt zich uit in de talen die zij zo intelligent en creatief verbindt. In de titelafdeling begint een tekst nadrukkelijk met 'I speak languages'. Taal en identiteit zijn onlosmakelijk verbonden."

Over taal

Skreeusnaakse Nederlandse woordeskat en valse vriende

Menán van Heerden
Over taal

"'Fokkerij'; 'knuffel'; 'kater'; 'paraplu' ... Nederlandse en Afrikaanse woordeskat stem met ongeveer 70% ooreen, volgens Dorothea van Zyl. Maar, net soos wat daar Afrikaanse woorde is wat uniek is, het Nederlands woordeskat wat vir skreeusnaakse misverstande kan sorg!"

Cultuur

Gin en Nederlandse herkoms by Afrikaanse kunstefees gevier

Maryke Roberts
Interviews

"As jy gaan kyk na die afgelope paar jaar se gin-malligheid wat ook Suid-Afrika beetgepak het, kan jy nie anders as om te gaan kyk waar presies gin, of jenewer, sy oorsprong gehad het nie. Ons het natuurlik vir Nederland hiervoor te bedank." Maryke Roberts gesels met Natascha C.

Save H2O Today for tomorrow

Cliffordene Norton
Meningen

Cape Town’s drought has been well documented, but water scarcity is not an isolated local problem: it’s a challenge that is faced globally. The H2O Today exhibition at the Iziko South African Museum (Cape Town) ended 31 July 2019. Cliffordene Norton reports.

Kunst

Izicwangciso Zezethu: Dis nie ’n "Ag shame"-uitstalling nie

Cliffordene Norton
Kunst

"Die stryd het nie verander nie, want vroue word steeds misgekyk," sê kunstenaar Nobukho Nqaba. "Vroue het in alle sfere van die samelewing geleenthede nodig." Nobukho se eerste solo-uitstalling, Izicwangciso Zezethu ("ons maak planne"), is tot 20 Oktober 2019 by Zeitz MOCAA (Kaapstad) te sien. Hierdie uitstalling beeld die lewe in ’n informele nedersetting uit en weerspieël die kunstenaar se kinderlewe in die Oos-Kaap. #vrouemaand2019

Hedendaagse Afrikaanse kunst centraal geplaatst

Michaël Vandamme
Kunst

"Toeval of niet, maar tijdens deze zomermaanden vinden in Brussel een aantal evenementen plaats die (hedendaagse) Afrikaanse kunst in de kijker plaatsen. We focussen op twee tentoonstellingen: een in BOZAR, het voormalige Paleis voor Schone Kunsten, sinds jaar en dag het cultureel epicentrum van de hoofdstad en WIELS, een veel recenter project, maar daarom niet minder interessante plek."

The Hotazel Years. 1974‒1980.

Obie Oberholzer
Kunst

"This story started with a dream in Pretoria some 44 years ago and continued as grains of silver suspended in photographic paper, later becoming electronic pixels – culminating in a lifetime of images. I saw the country in tonal values of black and white, striving for subtle detail in the shadows and highlights. Sometimes this was very difficult, as we lived in a land of extreme contrasts."

First Thursdays: ’n Viering van Kaapstad se kuns en kultuur

Marli van Eeden
Kunst

"First Thursdays is ’n inisiatief wat, soos die naam voorstel, elke eerste Donderdag van die nuwe maand plaasvind. Kunsgalerye se deure staan oop tot 9-uur die aand en die publiek word genooi om kunsgalerye gratis te besoek."

Muziek

EET KREEF!: Die verhaal van PW Botha se wysvinger en Johannes Kerkorrel se middelvinger

Wilken Calitz
Muziek

"In April 1989 vertrek ’n stoet kombi’s uit Johannesburg met sowat twintig wit 'terroriste' aan boord om iets te gaan doen wat min mense nog vantevore gewaag het: om skoor te soek met PW Botha en die NG Kerk – wat min of meer dieselfde ding was. Saans op die TV-nuus het PW die Afrikanervolk gewaarsku, met ’n wysvinger in die lug, teen die Johannes Kerkorrel-tipes. Saans ná die nuus het Kerkorrel voor duisende gatvol Afrikaners ’n ander vinger gelig vir die Botha-tipes."

Contact

voertaal@voertaal.nu

+27 (0) 21 886 5169 | + 31 (0) 20 6249318


© 2019 LitNet. Alle rechten voorbehouden | All rights reserved