Nuwe interkulturele bande word gesmee by SASNEV

  • 0

Op Saterdag 27 Julie 2019 het veertig Suid-Afrikaanse en Nederlandse leerders by SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) in Pinelands, Kaapstad, byeengekom om interkulturele kennismaking en leer te vier.

Leerders van Hoërskool Groenberg (Grabouw) en studente van die “College de Heemlanden” van Houten, Nederland, het saam met Frazer Barry leer rymklets.

Diana Ferrus het ook op hierdie geleentheid haar nuutste boek, Die vrede kom later, bekend gestel. Sy het ook haar poësie voorgelees vir die leerders.

Die tweede fase van ’n nuwe samewerkingsooreenkoms tussen SASNEV, “OGMIOS Communications” en die Nederlandse stigting, “Stichting Trias Neerlandica”, is ook bekendgestel: ’n beursskema is vir leerders van die Hoërskool Groenberg gestig waarmee hulle in 2020 na Nederland kan reis vir internasionale uitruiling en leer.

Hierdie projek stem ooreen met die doelstelling van die #cocreateSANL-inisiatief, ’n projek van die Koninkryk van Nederland in Suid-Afrika, “om innovasies uit te ruil vir ’n volhoubare toekoms.”

Kyk meer hier:

Fotogalery:

Van links: Eureka Barnard (bestuurshoof van SASNEV), Frazer Barry, Diana Ferrus, Sebastiaan Messerschmidt (Nederlandse konsul-generaal), Karin Benjamin van Lierop (OGMIOS Communications) en Roy Dielemans (Stichting Trias Neerlandica) (Foto: Menán van Heerden)

Eureka Barnard (Foto: Menán van Heerden)

Frazer Barry (Foto: Izak de Vries)

Erwin Rode (voorsitter van die Orde van die Prinse, afdeling Kaapstad) (Foto: Izak de Vries)

Roy Dielemans (Foto: Izak de Vries)

Karin Benjamin van Lierop (Foto: Izak de Vries)

Diana Ferrus (Foto: Izak de Vries)

Sebastiaan Messerschmidt (Foto: Izak de Vries)

Diana Ferrus en Sebastiaan Messerschmidt (Foto: Izak de Vries)

Foto: Menán van Heerden

Lees ook 

Persverklaring: Saterdag 27 Julie 2019 van 9.00 tot 13.00 by SASNEV

Kaapse sentrum ’n kulturele tuiste vir die Nederlandse taal en letterkunde in Suid-Afrika

’n Nuwe lente vir SASNEV

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top