Die Vlaams/Nederlandse Willem de Zwijgerstichting het in 1997 die Huis der Nederlanden gevestig en befonds die sentrum sedertdien. As indirekte eienaar van die gebou is die stigting verantwoordelik vir sowel die uitgawes rondom die gebou waaruit SASNEV bedryf word as uitgawes ten opsigte van projekte.
Op Vrydag 16 November 2018 het belangrike genote in die SASNEV-netwerk amptelik vir die eerste keer bymekaargekom om die nuwe voorsitter van die stigting te ontmoet.
Hierdie historiese geleentheid is die eerste byeenkoms wat gereël is om nie net die nuwe voorsitter voor te stel aan SASNEV se wye netwerk nie, maar ook samesprekings te fasiliteer oor die strategiese visie en primêre rol van SASNEV. Die waarde hierin van die Nederlandse Bibliotheek Kaapstad is opnuut bekragtig.
Die rol van SASNEV as Nederlandse en Vlaamse netwerk spilpunt in Suid-Afrika is opnuut bevestig en kan SASNEV en genote nou tesame uitsien na SASNEV se nuwe toekoms.
Ludo Helsen, voorsitter van die Willem de Zwijgerstichting en lid van die Davidsfonds (Foto's: Izak de Vries (links) en Menán van Heerden)
Eureka Barnard is die bestuurshoof van SASNEV. (Foto: Izak de Vries)
Jan Mutton, oudambassadeur van België en voorsitter van die bestuursraad van SASNEV (Foto: Menán van Heerden)
Abraham H de Vries, skrywer en bestuurslid van die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek (Foto: Izak de Vries)
Wium van Zyl, voorsitter van die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek en voorsitter van die Van Ewijck-Stigting (Foto: Menán van Heerden)
Andries Visagie, ondervoorsitter van SASNEV en raadslid van die Van Ewijck-Stigting (Foto: Menán van Heerden)
Erwin Rode, voorsitter van die Orde van die Prinse, afdeling Kaapstad (Foto: Izak de Vries)
Fred de Bruin, bestuurslid van die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek (Foto: Izak de Vries)
Daniel van Dalen, ’n Vriend van die Nederlandse Bibliotheek en betrokke by die Orde van die Prinse, afdeling Kaapstad (Foto: Menán van Heerden)
Gerrit Wiechers, visevoorsitter en penningmeester van die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek en betrokke by ANV-Zuid-Afrika (Foto: Izak de Vries)
Piet Westra, betrokke by die Van Ewijck-Stigting, voorsitter van die Van Riebeeck-Vereniging en betrokke by die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek (Foto: Menán van Heerden)
Abraham H de Vries en Wium van Zyl (Foto: Izak de Vries)
- Teks: Eureka Barnard
- Foto’s: Izak de Vries en Menán van Heerden
Lees ook
Kaapse sentrum ’n kulturele tuiste vir die Nederlandse taal en letterkunde in Suid-Afrika
Buro: MvH