Portale

Pareltjes uit Amsterdam: Jannie du Toit in Amsterdam

Johan Allers Cultuur 2025-11-06

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video spring hy saam met Jannie du Toit in ’n motor. Hulle soek na parkeerplek terwyl hulle gesels oor musiek, taal, fietse, kitare en linkerhandstuurwiele.

SASNEV Ontbytborrel was veel meer as netwerkgeleentheid

Maryke Roberts Cultuur 2025-10-17

"Die SASNEV Ontbytborrel, wat Sondag die Week vir Nederlands op ’n hoë noot afgesluit het, was veel meer as net ’n netwerkgeleentheid tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Belge. SASNEV het by hierdie Toyota Stellenbosch Woordfees-geleentheid aangekondig dat dit aanstaande week die hele Ingrid Jonker-argief van die Literatuurmuseum in Den Haag na Stellenbosch bring, waar dit ’n tuiste in die universiteitsbiblioteek sal hê."

Die eerste Afrikaanse diktee en ’n spookskip se koloniale skadu

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-10-10

"’n Taaltradisie uit Nederland het nuwe lewe in Suid-Afrika gekry toe die diktee op Saterdag 4 Oktober 2025 deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in samewerking met die Nederlandse Taalunie aangebied is vir graad 10- en 11-leerders. Hierdie spellingkompetisie is geskoei op die beroemde Groot Dictee der Nederlandse Taal, wat sedert 1990 ’n kulturele instelling in Nederland en Vlaandere is."

Uitnodiging: Lesing en gesprek, Diktee vir Afrikaans op 4 Okober 2025 by SASNEV

Voertaal SASNEV 2025-09-28

Die SAVN bied die openbare lesing van die wisseldosent, Agnes Andeweg, aan op Saterdag 4 Oktober 2025. Die tweede deel van die uitnodiging is vir die Eerste Diktee vir Afrikaans op inisiatief van SASNEV se voorsitter, Jan Mutton.

Persverklaring: Eerste Diktee vir Afrikaans

Voertaal SASNEV 2025-09-06

Die eerste Diktee vir Afrikaans is vir graad 10- en 11-leerders. Die Nederlandse Taalunie stel drie groot pryse beskikbaar: R3000 vir die wenner, R2000 vir die naaswenner en R1000 vir die leerder wat derde eindig. Slegs die eerste 60 inskrywings word aanvaar, ’n maksimum van drie leerders per skool. Skryf dus onmiddellik in om teleurstelling te vermy.

Uitnodiging: Yves T'Sjoen by SASNEV

Voertaal SASNEV 2025-08-13

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word.

Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog: Binnerym van bloed, die einde van ’n skryflewe

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-08-03

Daar is verskeie redes waarom die bekroonde digter en skrywer Antjie Krog se outobiografiese roman haar laaste boek is. Joan Hambidge het by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad met Krog in gesprek getree. Hiermee Jean Oosthuizen se oorsig.

Uitnodiging: Joan Hambidge in gesprek met Antjie Krog

Voertaal SASNEV 2025-07-05

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word. Joan Hambidge tree in gesprek met Antjie Krog oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed, wat in Mei 2025 gepubliseer is.

Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis

Johan Allers Zuid-Afrikahuis 2025-07-04

Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.

Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-05-09

"Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. ... Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring."

Uitnodiging na die bekendstelling van Wilma Stockenström: met my wysvingertop

Voertaal SASNEV 2025-04-29

Die SA Akademie en SASNEV nooi u vriendelik na die bekendstelling in Kaapstad van Ronel Foster (redadkteur) se boek Wilma Stockenström: met my wysvingertop. Dit is die sewentiende titel in die SA Akademie se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Persbericht: Het Zuid-Afrikahuis heeft een nieuwe directeur

Voertaal Zuid-Afrikahuis 2025-04-17

Voor het eerst mag het Zuid-Afrikahuis een Zuid-Afrikaanse verwelkomen als directeur. Vanaf 1 juni 2025 komt Susan Coetzee-Van Rooy het team van het Zuid-Afrikahuis versterken.

Persverklaring: ’n Uitnodiging na Geen land voor dromen – prestasieprys van die Van Ewijck Stigting by SASNEV 26 April 2025

Voertaal SASNEV 2025-04-17

Op Saterdag 26 April om 11:00 word die prestasieprys van die Van Ewijck Stigting in die Kleine Zaal van ZASNEV (Huis der Nederlanden), Pinelands oorhandig aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul boek Geen land voor dromen, geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur

Persbericht – Een herinnering aan Breyten Breytenbach

Voertaal Zuid-Afrikahuis 2025-03-04

Op zaterdag 23 november is Breyten Breytenbach, de bekende Zuid-Afrikaanse dichter, schrijver en schilder, op 85-jarige leeftijd overleden. Ter ere van zijn nalatenschap organiseert het Zuid-Afrikahuis op 13 maart een bijeenkomst.

Bekendstelling van Max Havelaar: Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen

Jean Oosthuizen SASNEV 2025-02-21

Die bekendstelling van die Afrikaanse vertaling van die monumentale roman Max Havelaar deur Multatuli (die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker) het verlede Saterdag by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, Kaapstad plaasgevind. Hierdie roman, wat deur Ena Jansen in Afrikaans vertaal is, is waarskynlik die bekendste Nederlandse boek ooit. Dit lewer skerp kritiek op die Nederlandse koloniale bewind in Indonesië en word as ’n vroeë meesterwerk van sosiale geregtigheid beskou.

Uitnodiging: Bekendstelling van Max Havelaar, Jaap Goedegebuure in gesprek met Ena Jansen

Voertaal SASNEV 2025-01-22

Max Havelaar word as die grootste Nederlandse roman van alle tye beskou.

Persverklaring: Die volgende Orde van den Prince-byeenkoms

Voertaal SASNEV 2024-10-22

Die spreker is Danie Visser. Die titel van sy lesing is: "Die verlede, hede, en toekoms van die Romeins-Hollandse reg".

SASNEV akademiese konferensie: Vertalings ontsluit nuwe wêrelde

Jean Oosthuizen SASNEV 2024-08-22

"Die belangrikheid van vertalings in die letterkunde en die akademie is die afgelope naweek opnuut beklemtoon tydens ’n vertaalkollokwium oor Nederlands-Afrikaanse vertaling wat deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Kaapstad aangebied is."

Persverklaring: Herinnering aan die kollokwium oor vertaling Nederlands-Afrikaans op 17 Augustus 2024

Voertaal SASNEV 2024-08-13

Graag herinner ons u aan SASNEV se kollokwium wat handel oor vertaling Nederlands-Afrikaans.

Persbericht: Uitnodiging – Colloquium over vertalen Nederlands-Afrikaans

Voertaal SASNEV 2024-07-31

Ook voor SASNEV werd een nieuwe wereld geopend toen we, samen met de Nederlandse Bibliotheek Kaapstad, nog niet zo lang geleden, met onze vertaalcollectie begonnen, de wereld van het vertaalde boek, met weer andere horizons die geopend worden.

Verified by MonsterInsights
Top