Beste vriende
Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms.
Datum en tyd: Saterdag 9 November 2024 om 10:00 vir 10:30.
Plek: SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands.
Die spreker is Danie Visser, emeritus professor in die Regsfakulteit, Universiteit van Kaapstad. Die titel van sy lesing is: “Die verlede, hede, en toekoms van die Romeins-Hollandse reg”.
Daniel Visser is Emeritus Professor in die Regsfakulteit, Universiteit van Kaapstad, waar hy ’n leerstoel in Privaatreg beklee het vanaf 1984 tot 2016. Hy was Dekaan van die Regsfakulteit (1995 – 1999) en Vise-Rektor van die Universiteit, verantwoordelik vir navorsing en internasionalisasie vanaf 2009 tot en met sy aftrede in 2016. Hy is ’n Life Fellow van die Universiteit van Kaapstad en is tans ’n genoot by STIAS (Stellenbosch Institute of Advanced Study) en ’n aktiewe lid van die Adviesraad van die DHET/Stellenbosch University Future Professors Programme; en hy assisteer met verskillende navorsingsinisiatiewe by die Universiteit van Kaapstad.
Hy het studeer aan die Universiteit van Pretoria (B Iuris LLB LLD) en aan die Universiteit van Leiden (Dr Iuris) en in 2013 het die Universiteit Edinburgh ’n ere-doktoraat in die regte aan hom toegeken.
In die buiteland het hy die volgende posisies beklee: Huber C Hurst Eminent Visiting Scholar Chair, Universiteit van Florida (2001); Ere-Professor aan die Universiteit van Aberdeen (2001–2006); Alexander von Humboldt Genoot aan die Universiteite van Tübingen en Regensburg asook die Max Planck Instituut vir Regsvergelyking en Internasionale Privaatreg in Hamburg (1990, 1994, 2000 en 2017); besoekende professor aan die Universiteit van Melbourne, (2003 – 2007); en besoekende professor aan die Universiteit van Edinburgh (2017 and 2018).
Sy akademiese werk is toegespits op die reg van ongeregverdigde verryking, regsvergelyking en regsgeskiedenis en hy het daaraan meegewerk om die regsvergelykende studie van ongeregverdigde verryking ’n internasionale studieveld te maak, asook om begrip te skep vir hoe die voorbeeld wat deur regstelsels gestel word, wat wortels in beide die Romeinsregtelik-geïnspireerde Europese stelsels en die Engelse reg het (soos die Suid-Afrikaanse reg en die Skotse reg), kan bydra tot internasionale regsontwikkeling.
Hy was mede-redakteur van die South African Law Journal vanaf 1999 tot 2009. Hy dien steeds op die redaksionele adviesraad van verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale regstrydskifte. Hy het meer as 150 publikasies tot sy krediet en onder die belangrikste bydraes wat oor die jare verskyn het tel: (a) op die gebied van ongeregverdigde verryking: Unjustified Enrichment, Juta (2008) (wat die Regsvergelyking Boek van die Jaar prys van die Zeitschrift für Europäishes Privatrecht in Duitsland gewen het); (b) op die gebied van regsvergelyking: Private Law and Human Rights: Bringing Rights Home in Scotland and South Africa, Edinburgh University Press, 2013 (red met Elspeth Reid); Southern Cross: Common Law and Civil Law in South Africa (red. met Reinhard Zimmermann), Oxford University Press, 1996; en Mixed Legal Systems in Comparative Perspective; Property and Obligations in Scotland and South Africa (red met Reinhard Zimmermann & Kenneth Reid) Oxford University Press, 2004; en (c) op die gebied van regsgeskiedenis: Essays on Legal History, Juta, 1989. Van sy onlangse boeke is On Becoming a Scholar – What Every New Academic Needs to Know Sun Media (2022) (red met Jonathan Jansen) en The Future of the Law of Contract: Essays in Honour of Dale Hutchison Juta (2021) (red met Tjakie Naude).