Datum en tyd: Saterdag 15 Februarie 2025 om 10:00
Plek: SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands
RSVP: info@sasnev.co.za teen 12 Februarie
Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms. Die geleentheid is die Orde van den Prince, Afdeling Kaap de Goede Hoop, se eerste byeenkoms van die jaar en word in samewerking met Protea Boekhuis en SASNEV aangebied.
Dit is die bekendstelling van die Afrikaanse vertaling deur Ena Jansen van die roman Max Havelaar deur Multatuli (die skuilnaam van Eduard Douwes Dekker), wat onlangs by Protea Boekhuis verskyn het.
Max Havelaar word as die grootste Nederlandse roman van alle tye beskou.
Die roman is ’n striemende aanklag teen Nederlandse kolonialisme, en dit het ’n sleutelrol in die vorming van die Nederlandse koloniale beleid in Nederlands Oos-Indië in die negentiende en vroeë twintigste eeu gespeel.
Max Havelaar is ’n komplekse en veelvlakkige roman wat ’n wye reeks temas ondersoek, insluitend kolonialisme, rassisme en die aard van geregtigheid.
Die Orde van den Prince, afdeling Kaap de Goede Hoop, SASNEV en Protea Boekhuis se jaar kan nie op ’n mooier noot begin as met Jaap Goedegebuure wat in gesprek sal wees met Ena Jansen nie.
Maak so lank ’n dagboekaantekening!
Meer oor die gespreksleier:
Jaap Goedegebuure, Emeritus hoogleraar Nederlandse Taal- en Letterkunde, was tot 2012 hoogleraar aan die Universiteit Leiden. Hy publiseer boeke en artikels oor die Nederlandse literatuur van die 19de en 20ste eeu, oa oor Louis Couperus, H Marsman en Frans Kellendonk.
Meer oor die vertaler:
Ena Jansen was tot 2018 bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Sy het boeke oor Elisabeth Eybers, Boereoorlog-tekste en huiswerkers in die Suid-Afrikaanse letterkunde gepubliseer .