Beste lede en vriende
Op Saterdag 26 April om 11:00 word die prestasieprys van die Van Ewijck Stigting in die Kleine Zaal van ZASNEV (Huis der Nederlanden), Pinelands oorhandig aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul boek Geen land voor dromen, geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur.
Die commendatio word gelewer deur Chris van der Merwe waarna beide skrywers ’n praatjie sal hou oor die boek.
Namens Wium van Zyl, Voorsitter Van Ewijck Stigting, nooi ons u hartlik uit na die byeenkoms.