"Ons beleef ’n gesonde digkuns-era": ’n onderhoud met Diana Ferrus
2019-09-04Die digter Diana Ferrus tree by die Open Book Festival op wat tot 8 September 2019 in Kaapstad plaasvind. Sy het met Cliffordene Norton gesels oor die Suid-Afrikaanse digkuns, haar jongste digbundel, Die vrede kom later, en haar toekomsdrome.
Nasionale Vrouedag 2019: Swaarde kruis
2019-08-08In Suid-Afrika word Vrouedag jaarliks op 9 Augustus gevier. Nasionale Vrouedag herdenk die 1956-mars van ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria om teen die paswet te betoog. Diana Ferrus skryf meer oor die posisie van vroue vandag en of daar genoegsame eenheid tussen vroue is om patriargie die stryd aan te sê.
Menere, is julle in staat om die "bullet" vir ons te vat?
2018-08-09"Ek was amper drie jaar oud toe die Women’s March op 9 Augustus 1956 plaasgevind het. Ek verjaar op die 29ste. Dit was die onstuimige 1950’s. My oudste broer was nege jaar oud, my suster vyf en die broer na my een jaar oud. My ma was amper al weer verwagtend. Die Tweede Wêreldoorlog was verby en die soldate terug van gevangenskap en besig om aan te gaan met hulle lewe, ongeag. My pa was een van hulle. Voor dit het die Nasionale Party, wat in 1948 aan bewind gekom het, stadig maar seker hulle apartheidswette ingestel."
Herdenking van die afskaffing van slawerny
2018-01-29"Groot was my verbasing toe ek hoor dat die nasate van tot-slaaf-gemaakte mense in Nederland (hoofsaaklik van Surinaamse herkoms) die slawehandel en die vrystelling van hul voorouers vir ’n hele maand lank herdenk!"