Matjiesfontein: jou Karoo blaaskansie

  • 0

Geurige lamstjops, ’n wyntjie op die stoep, en die beste appeltert in die geweste. ’n Blaaskansie by die Victoriana Karoo-oase Matjiesfontein, skuins voor die lente en somer, is net wat mens nodig het om tweede-helfte-van-die-jaar batterye te herlaai.

Op Matjiesfontein is daar iets vir almal.

Stel jy belang in erfenis? Daar is ’n Suid-Afrikaanse oorlogsmuseum met onder andere geroeste items wat gevind is in die veld; “relics of a time gone by”. Daar is ook spookagtige poppe, besittings van kinders wat hier gewoon het. ’n Bizarre uitstalling van kose. ’n Foto-collage van ou Boere-generaals en ’n geraamde foto van Koningin Victoria.

Vir die literatuur-liefhebbers: Olive Schreiner, skrywer van Story of an African Farm, het vir ’n rukkie op Matjiesfontein gebly (Cecil John Rhodes het haar hier kom besoek). Daar is ook ’n kurio-winkel met interessante Africana-boeke.

Besoek die stylvolle kroeg vir ’n sjerrie en ’n gesellige kuier.

Daar is ook ’n motor-museum, ’n tennisbaan, en ’n welige groen tuin vir ’n laat-middag wandel. As jy bietjie meer oefening wil kry, gaan klim oor die draadhek en gaan stap in die veld en tot bo die klein koppie. Neem ’n tydjie om die Karoo-stilte te ervaar en asem die vars lug in.

The Lord Milner Hotel is in 1899 gebou. Die hotel was ’n militêre hospitaal tydens die Suid-Afrikaanse oorlog (voorheen die Anglo-Boereoorlog).

Geniet ’n laat-middag glasie wyn voor ’n lamstjop en malvapoeding-fees.

Die mooiste klein kerkie.

Die langpad

Iewers in die Karoo

Die veld by Matjiesfontein

Tydens die Suid-Afrikaanse oorlog het daar ongeveer 10 000 troepe in die veld rondom die dorpie gekamp. In die museum word daar ’n soldaat se waterbottel, wat in die veld gevind is, uitgestal.

Matjiesfontein is in 1884 gevestig deur die Skot James Douglas Logan.

’n Brief vir Logan se dogter, Gertrude Logan, deur Olive Schreiner.

Lees meer oor die geskiedenis van hierdie Nasionale Erfenisgebied.

Die hoofstraat en enigste straat.

Olive Schreiner se huis.

Die uigestalde poppe vanuit ’n vorige eeu in die museum

Een van die treine wat ’n draai by die stasie kom maak is die bekende Bloutrein.

Uitsig vanuit die Bloutrein (ek het gou ingeloer)

Matjiesfontein het ’n ryk krieketgeskiedenis.

Die unieke prag van die Karoo

Koningin Victoria hou toesig in die kroeg.

Paul Kruger hou ook ’n oog (reg bo die kaggel).

Die ligging van Matjiesfontein (Bron: Google Maps)

Foto’s: Menán van Heerden

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top