Reizen
Kan jy hoor hoe roep Koringberg?
2026-03-12"Draai die horlosie nou 103 jaar aan vir die prentjie soos hy nou daar uitsien: ’n ligtepienk boetiekhotelletjie, Marrian George Lifestyle Hotel & Restaurant – ingerig in die voormalige Wildehurst-wynkelder – ontvang nou gul besoekers."
Brick Lane, bagels, Engelse beesvleis, Londen en ander stories
2026-03-10"Brick Lane is nie bloot ’n straat in die ooste van Londen nie. Dis ’n stuk dinamiese geskiedenis van transformasie, migrasie, aanpassing en ’n gees van vasbyt."
Terugkeer vir nuwe herinneringe op Wellington
2026-02-26"Mens kan skaars glo jy is net 60 minute se ry vanaf Kaapstad, want hier is die pas stadiger; asof die stadsgewoel veel verder weg moet wees."
Los jou lewensbagasie by die Mount Camdeboo-hek
2026-02-12"Mount Camdeboo se transformasie van landbougrond na ’n florerende wildreservaat is merkwaardig."
Thula thu, thula nana, thula sana ... stil word jy by Thuúla Hidden Haven
2026-02-05"Daar is plekke wat jy besoek, en daar is plekke waarheen jy wil terugkeer – al het jy nog skaars gearriveer. Thuúla is so ’n plek: ’n toevlug waar die landskap jou eerste asem steel en die stilte jou tweede."
Kunō-zan: Raak rustig in ’n Japannese heiligdom aan die voete van Berg Fuji
2026-01-15"Ek sluk hard aan die knop in my keel. Hoe onselfsugtig, hoe mooi ... En hierdie heilige plek is net die regte keuse om jou wense te laat, voor jy sterf."
Anglo-Boereoorlog is 125 jaar terug geveg, maar steeds deel van ons
2025-12-24"Die oorlog mag dalk 125 jaar gelede gewoed het, maar dis steeds deel van ons."
Kanada – wanneer jeug ons weer vind
2025-12-18"Die jare het verbygegaan, maar hier vind ons mekaar weer – ons lag steeds vir dieselfde grappe, ons stry steeds oor dieselfde kwessies, en ons verwonder ons steeds aan die natuur. Ek besef om oud te word beteken nooit om te laat gaan wie jy eens was nie; dit beteken eerder om dit vorentoe te dra, soos ons. Na al die paaie en ompaaie wat ons gestap het, bly ons steeds net twee laaities van Parow, en Bob Dylan se 'Forever young' sweef saggies as ’n seëning deur die lug."
St Helena: bewaring kry nuwe betekenis op dié afgeleë eiland
2025-12-17"Om ’n halfwoestyn tot woud te herstel, is egter uitputtende werk. ’n Klein bosbouspan – soms net twee of drie mense – baklei teen hitte, wind, plae, indringerspesies en gereelde mislukkings."
Stap terug na ’n diep verbintenis met jou geskiedenis by Soetmelksvlei
2025-11-24"Net anderkant Babylonstoren in Simondium se boorde, lei ’n kort rit op ’n oop-wildkykvoertuig jou na veel meer as ’n ander plaas: Dit ry terug na 1897 – na ’n tyd toe plaaslewe om vakmanskap, vindingrykheid en ’n diep verbintenis met die land gedraai het."
Blommeskou steel ook plaaslik harte
2025-10-23"SA het sedert 1976 altesaam 43 keer aan die RHS Chelsea Flower Show in Londen deelgeneem en ons fynbos bekoor beoordelaars elke jaar só, dat die harde werk van die SA span al 37 goue medaljes ingepalm het. Danksy die visie van ’n paar plantliefhebbers en bewaringskundiges, was dié uitstalling deel van Stanford in Bloom wat van 10–24 September gehou is."
Groot jaar vir Lord’s se Oosthuizens
2025-10-02"Soos wat die krieketveld die tuiste van krieket genoem word, kan Lord’s Wines die tuiste van Pinot Noir in hierdie mooie McGregor-wynvallei genoem word."
Boomplantweek kry dieper betekenis vanjaar
2025-09-10"Suid-Afrika se Nasionale Boomplantweek – wat vanjaar sy 80ste bestaansjaar vier en van 1–7 September 2025 gehou word – het op min plekke vanjaar só ’n diep betekenis as op Stellenbosch, Suid-Afrika se tweede oudste dorp en beslis die een met die meeste én oudste bome."
Nuwe baadjie vir Spier Hotel, maar dieselfde goeie beginsels
2025-09-01"Spier is een van die land se bekendste en oudste wynplase en met sy erfenis wat 333 jaar terugstrek, is hier nou nog ’n rede om te vier. Die nuutste toevoeging tot die alreeds lekker wynplaasbestemming waar jy kan wynproe, eet, stap, fietsry, piekniek, kunskyk en selfs Segway in die wingerde, is die opgeknapte hotel, spa en restaurant."
Amsterdam: wanneer ligkuns in die gragte skyn
2025-08-20"Ek stap langs die Herengracht toe ek my eerste installasie gewaar. Teen die wal skitter ’n reuse-koivis in die donker, skynbaar vasgevang in tyd. In die verte sweef ligwesens bo die water."
’n Grasieuse en stylvolle eeu vir May de Lencquesaing
2025-08-19"As jy op die stoep by Glenelly-wynlandgoed in Idasvallei buite Stellenbosch sit, kom dans die geskiedenis in sulke stadige walse om jou enkels. Dis nie net die eienaar, May de Lencquesaing, wat vanjaar rede het om fees te vier met haar 100ste verjaardag nie, hier is soveel ander mylpale om te gedenk."
Boeke-vat in Utrecht
2025-08-18"Hieperdepiep hoera! Dan vra sy of ek Jaco Jacobs se boeke ken en toe ek entoesiasties antwoord, trek sy weg en is dit dadelik duidelik dat sy een van Jaco se grootste aanhangers is. Sy’s gek oor sy boeke."
Jongerenprojek 2025: Van Gent na Arnhem
2025-08-18"Dit was ’n herinnering daaraan dat identiteit nie net iets is wat jy dra nie, maar iets wat jy sáám bou."
Riverhide: Rivierwegkruip laat die stres verdwyn
2025-08-12"’n Langnaweek-wegbreek wanneer ander mense werk, omdat jou kop en lyf suf is, moet spesiaal wees. Riverhide tussen Swellendam en Bonnievale is dit toe beslis ... Die naweek begin wanneer die eerste WhatsApp deurkom met: 'Waar trek julle?' want almal ry uit verskillende rigtings na een bestemming."
Jongerenprojek 2025: ’n verslag
2025-08-08"Die Nederlanders was veral opgewonde om ons taal te hoor en het aan jou lippe gehang as jy sou sê jy is van Suid-Afrika af en jy praat Afrikaans. Ons het op publieke vervoer met wildvreemde mense kon gesels, of jy nou die Nederlands wat jou professors so lank aan jou probeer leer het, wou uitoefen en of jy nou rou Afrikaans gepraat het ... Die verstaan en wedersydse nuuskierigheid wat tussen ons en die mense van Nederland en België ontstaan het, was een van die mooiste dinge van die toer."