Carolyn Meads is die uitgewer by NB-Uitgewers se Kwela-druknaam. Sy was voorheen redakteur by Queillerie, en ook by Umuzi.
Sy beskik oor ’n BA-graad in Geesteswetenskappe, ’n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands en ’n BPhil-graad in Joernalistiek.
Haar loopbaan het in die joernalistiek begin en sy was onder meer die besturende redakteur van die literêre webtuiste Books LIVE voordat sy die skuif na die uitgewerswese gemaak het.
Enkele van haar kortverhale is al gepubliseer, insluitend een in Nuwe Stories (Human & Rousseau 2012) en een in Wys:Woordfeesbundel (SUN MeDIA 2017).