Dolf Britz

Dolf Britz is verbonde aan die Departement Historiese Teologie, Fakulteit Teologie en Religie van die Universiteit van Pretoria. Sy navorsing is gewy aan die kritiese ondervraging van die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedskrywing, wat die teologiese aspekte van die intellektuele geskiedenis van die Afrikaner insluit. Hierbenewens het hy hom ook verdiep in die 16de-eeuse Europese teologiegeskiedenis. In die hoëronderwysomgewing het hy hom onderskei as ’n kundige op die gebied van akademiese beplanning en kurrikulumontwerp. As navorser en promotor deel hy in die navorsingsprogramme van die Teologiese Universiteit Kampen in Nederland en die Puritan Reformed Theological Seminary, Grand Rapids, in die VSA. Hy dien in die redaksie van die Jonathan Edwards Journal, Yale Divinity School, Yale-universiteit in New Haven.

Die Voortrekkermonument: ’n onderhoud

Pieter GR de Villiers, Dolf Britz Geschiedenis 2018-08-16

"Die Voortrekkermonument van Pretoria is onteenseglik een van die merkwaardigste geboue en monumente in ons land. Die gebou maak eenvoudig ’n stelling wat reaksie oproep en navorsing inspireer. Dit word verdag gemaak (’n Vrymesselaarstempel), afgemaak (’n fascistiese struktuur) en opgehemel (vergestalting van die Afrikanerroeping)."

Verified by MonsterInsights
Top