Rymstories: "Die Wildbewaarder"
2026-04-01"Ook die mierleeu lê en wag, só wag
Die luisterende vlakte op die reën om genade"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Rymstories: "Die Pryssanger"
2026-03-17"Geprys die ystervarkpen dun besnede
In die voetpaadjie tussen spore en grassies"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Rymstories: "Die Rolbosman"
2026-03-12"Die wind deur die rolbos sing ’n droewe psalm
Die lyk roer in sy kerkpak lig ’n bleek handpalm"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Rymstories: "Die Innige"
2026-03-02"Wees innig digby pyn, in die aangesig
Van lyding, self toegedien, gadegeslaan
Of ervaar."
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Rymstories: "Die Ongeluksvoël"
2026-02-26"Jakkals verlang na wolf se vrou
Is gemis muskeljaat wat in sy vanghok grou?"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Rymstories: "Die Spookvanger"
2026-02-16"Hy kom uit die land van weerlig aan
Uit die land van kanniedood die skuinstiep maan"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
’n Afrikaanse skrywer in die Lae Lande: oor skrywerspolitiek, die oorgang van die tye en ’n vertaalde lewe
2025-11-05"Op universiteit het ek gesit en luister na WEG Louw wat Kloos, Nijhoff, Holst, Perk en ander met ’n gedrae stem voordra tydens die bedompige, warm somersmiddae van die jare sewentig, met Afrika se sonbesies wat buite die lesingsaal se vensters sing en die studente wat swetend en tjoepstil sit en luister. Louw se voorlesings van die Tagtigers se pragtige sonnette het my as bloedjong eerstejaarstudent getref nes die film Woodstock of Jimi Hendrix my ’n dwarsklap gegee het – glo my vry, dit was ’n kulturele ingryp in my brose psige. Ek het gedink hulle – Perk en Kloos en dié snare – is baie cool." Yves T’Sjoen gesels met Etienne van Heerden.