Fanie Pretorius

Fanie Pretorius beskik oor ’n meestersgraad in publieke administrasie en was vir 22 jaar op bestuursvlak verbonde aan die Kantoor van die Staatspresident (later die Presidensie) onder presidente Botha, De Klerk, Mandela en Mbeki.

Tydens die Mbeki-era het hy met vervroegde pensioen afgetree. Daarna het hy verskeie kursusse in mensvaardighede aangebied en kursusse in “coaching” geloop.

In sy vrye tyd was Fanie vir meer as 20 jaar in ’n leidinggewende hoedanigheid betrokke by skoolverlaterskampe. Hy was ook een van die stigterslede van die komiese sanggroep Die Grafsteensangers. Sedert ’n breinoperasie in 2010 is sy aktiwiteite grootliks tot sy rekenaar beperk.

  • Foto: verskaf

Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Fanie Pretorius Interviews 2020-04-15

Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.

Verified by MonsterInsights
Top