Lesersindruk: Zwarte Socrates. Gesprekken over recht, tijd en verzoening deur Bert van Roermund
2019-12-06"Die inhoud van die Nederlandse regsfilosoof se boek is geput uit gesprekke wat die outeur oor die jare met medewetenskappers gevoer het en uit sy eie internasionale ondersoek na versoening in konflikgebiede. Die ryk gesprekke stel die vraag hoe 'daders' en 'slachtoffers' van politieke en gewelddadige konflik met mekaar kan saamleef."