Hennie van Coller

Hendrik Petrus (Hennie) van Coller, navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat en buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit, is redakteur van die nuwe driedelige Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis.

Hy is ’n poësievertaler (Bandelose gedigte van Luuk Gruwez, 2007) en ’n gepubliseerde digter (Soom, 2012).

Sy belangrikste publikasies is die bundels opstelle Tussenkoms en Tussenstand.

Hy publiseer veral oor literêre geskiedenis, oa ’n hoofstuk in die Cambridge South African Literary History.

Hy is voorsitter van die Letterkundekomissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ’n vorige voorsitter van dié akademie en ook lid van ASSAF.

Afrikaans as onderrigtaal: ’n spesiale "vergunning"?

Hennie van Coller Over taal 2019-03-05

"Daar is oorvloedige bewyse dat daar ’n stryd teen Afrikaans woed; dalk ten dele begryplik in ’n bepaalde perspektief wat uit die oog verloor dat Engels op presies dieselfde wyse as Afrikaans baat gevind het by apartheid én dat ’n taal nooit (behalwe in ’n diktatuur) pa kan staan vir sondes van (sommige van) sy sprekers nie."

Verified by MonsterInsights
Top