Henriëtte Loubser

Henriëtte Loubser is ’n bibliotekaris in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Hier leef sy haar uit in ’n omgewing waar haar passies vervloei – ’n wêreld van boeke, lees, jongmense en navorsing. Sy verwerf haar PhD in Omgewingsopvoeding in 2017 (US) met die titel “Die uitbeelding van omgewingskwessies in geselekteerde tekste uit die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur: ’n Ekokritiese perspektief”. Sy tree aan die einde van 2019 uit as bibliotekaris, maar sal steeds aan die US verbonde bly.

Haar belangstellingsveld is die gebruik van kinder- en jeugliteratuur in ekobewusmaking by jong lesers en dit spruit uit haar beheptheid, reeds van kindsbeen af, met die wonderwêreld van ’n lewe na aan die grond en die natuur. Sy doen gereeld navorsing oor die ekokritiek, posthumanisme en die nuwe materialisme en die invloed daarvan op kinder- en jeugliteratuur. Sy glo vas in die krag van die ekoteks vir omgewingsbewusmaking en dit is haar doel om deur middel van stories vir kinders omgewingsbewustheid te kweek. Talle akademiese artikels het reeds uit haar pen verskyn.

Sy is ook die skrywer van verskeie kortverhale (onder die skrywersvan Linde-Loubser) vir volwassenes en ook vir die jeug. Van haar werk is opgeneem in versamelbundels soos die Woordfeesbundel Bly (2016) en Boereoorlogstories 2 (2012), asook in talle voorgeskrewe werke vir skole. Sy is voorheen ook benoem as ’n finalis vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Sy is ’n vryskutskrywer vir populêre tydskrifte soos Rooi Rose en van haar verse is in Nuwe Kinderverseboek (2009) en Vonk@Verse! (2011) gepubliseer. Henriëtte skryf gereeld resensies oor jeugboeke en tree soms as keurder op, soos onlangs by die toekenning van die 2019-MER-prys vir jeugliteratuur. Haar eerste bundel ekoverhale vir kinders verskyn in 2020 by Tafelberg.

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Academisch 2020-08-25

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer." 

Verified by MonsterInsights
Top