Hermann Buhr Giliomee is op 4 April 1938 op Sterkstroom in die Oos-Kaap gebore. Hy gaan skool op Porterville en studeer Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy werk daarna by die Departement van Buitelandse Sake en gee ook klas aan die Universiteit Stellenbosch. Vanaf 1983 tot 1998 was hy Professor in Politieke Studies aan die Universiteit van Kaapstad. Van 1995 tot 1997 was hy president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede. Hy is tans ’n Buitengewone Professor in Geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch.
Hermann Giliomee is die skrywer van verskeie geskiedkundige en politieke publiasies. In 2003 verskyn The Afrikaners – Biography of a people en dit is ook in Amerika en Engeland uitgegee. ’n Jaar later verskyn Die Afrikaners: ’n Biografie. Hy ontvang in 2008 die Helgaard Steyn-prys vir letterkunde vir Die Afrikaners. In 2007 het Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika en New History of South Africa verskyn wat hy saam met met die historikus Bernard Mbenga geskryf het.