Ilse van Staden is in 1972 in Pretoria gebore, maar het grootgeword in die Waterberge in die Limpopoprovinsie. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Pro Arte (Pretoria) en studeer veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi ook ʼn B.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan UNISA.
Haar debuutbundel Watervlerk ontvang die Eugène Marais- en Ingrid Jonker-pryse. Sedertdien publiseer sy nog vier digbundels, ʼn kortverhaalbundel en twee romans. ʼn Versamelbundel van Duitse vertalings van haar poësie word beplan vir 2024. Sy praktiseer tans as veearts in New South Wales, Australië.