Juanita Pienaar

Juanita M Pienaar is professor in privaatreg aan die Regsfakulteit, Universiteit Stellenbosch. Sy het die volgende grade verwerf: BIuris (cum laude), LLB, LLM en LLD (Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Sy doseer inheemse reg, sakereg en statutêre sakereg. Haar navorsingsfokus is sakereg in die algemeen en grondhervorming en verwante aangeleenthede in die besonder. Sy is mede-outeur van sommige van die standaard-sakeregbronne, onder meer Silberberg and Schoeman’s Law of Property (saam met PJ Badenhorst en H Mostert) en Principles of the Law of Property (H Mostert en A Pope (reds). Sy is ook verantwoordelik vir die grondhervormingsgedeelte in die jongste LAWSA-titel, Land (2010, saam met H Mostert en J van Wyk) en die “Land”-hoofstuk in Constitutional Law of South Africa (saam met J Brickhill). Sy was lid van die Advieskomitee van die Regskommissie (Hersiening van Grond-wetgewing) 2008-2010 en was vir die tydperk 2006-2007 waarnemende regter in die Grondeisehof. Haar NRF-evaluasie vir die tydperk 2012-2017 is B3.

 

Onteiening sonder vergoeding: voorvereiste vir suksesvolle grondhervorming of populisme?

Juanita Pienaar Actueel 2018-01-22

"Wat behels onteiening? Wat is die wesenselemente daarvan? En wat is die grondwetlike en ander – verreikende – implikasies van so ’n stap?"

Verified by MonsterInsights
Top