Klara du Plessis

Klara du Plessis is ʼn Suid-Afrikaans-Kanadese digter wie se debuutbundel, Ekke, in 2019 die wenner was van die Pat Lowther Memorial Award, ‘n nasionale prys wat in Kanada toegeken word aan ‘n digbundel geskryf deur ‘n vrou. Haar tweede digbundel in Engels verskyn volgende jaar in Kanada en sy skryf tans aan ʼn eerste Afrikaanse manuskrip. Sy is ʼn doktorale student aan die Concordia Universiteit en woon in Montreal en Kaapstad.

Verified by MonsterInsights
Top