Philip du Plessis

Philip is ’n boorling van Kuilsrivier en woonagtig in Stellenbosch.

In die jaar 2000 matrikuleer hy aan Hoërskool de Kuilen en in 2007 verwerf hy sy Meestersgraad in Dokumentanalise- en Ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch.

In 2008 voltooi Philip ’n internskap aan die Amsterdam-gebaseerde ontwerpfirma Edenspiekermann waarna hy vir vier jaar as kommunikasieadviseur werk by die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum.

Sedert 2013 werk hy as filmmaker en videojoernalis by Blindspot films waar hy meestal dokumentêre en promosieprojekte aanpak in die ontwikkelingssektor. Sedert 2014 werk hy gereeld saam met Nederlandse kliënte en dokumenteer hy graag Afrikaanstalige feeste in Nederland.

Philip gaan verdwyn graag in die Jonkershoekberge op sy bergfiets, en probeer jaarliks tyd in die bosveld spandeer.  

Bekijk het videoverslag van Festival voor het Afrikaans 2018!

Philip du Plessis Actueel 2018-12-11

Kijk hier naar een video-impressie door Philip du Plessis van Blindspot films.

Verified by MonsterInsights
Top