Pieter Odendaal
Pieter Odendaal is ’n digter, vertaler, redigeerder en uitvoerende direkteur van InZync Poetry, ’n nie-regeringsorganisasie verbind tot die uitbreiding van veeltalige en multi-genre poësieplatforms in Stellenbosch en Kaapstad. Saam met Adrian van Wyk reël hy sedert 2011 die InZync Poetry Sessions, ’n maandelikse poësieaand in die hartjie van Kayamandi, asook die weeklikse INKredibles poësie werkswinkels vir ontluikende digters in en om Stellenbosch. Hy het ’n meestersgraad in Volhoubare Ontwikkeling en het reeds na Londen, Lagos en Brisbane vir sy verse gereis. Van sy gedigte is in die bundel Nuwe Stemme 5 opgeneem (2013), hy dien die afgelope drie jaar as Afrikaanse beoordelaar vir die Sol Plaatje Europese Unie Poësie Toekenning en is die mede-redakteur van Many Tongues (2013) en ConVerse (2018). Odendaal is tans besig met sy PhD in podiumpoësie as bevorderaar van weerstandigheid in sosio-ekologiese stelsels aan die Queensland University of Technology in Brisbane.
Foto: Rheta Ferguson