Ronel van Oort het na 18 jaar in die onderwys by die NWU se Fakulteit Opvoedkunde (Vakgroep Afrikaans vir Onderwys) aangesluit. Sy doseer letterkunde en metodiek op voor- en nagraadse vlak. Sy verwerf die volgende kwalifikasies: BA (Afrikaans en Nederlands en Geografie); BA Hons (Afrikaans en Nederlands) en BA Hons HOD (Geografie); MA (Geografie). Haar PhD (Afrikaans en Nederlands) fokus op die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans vanaf 1652. Haar navorsingsresultate is in ’n internasionale akademiese tydskrif gepubliseer en ’n hoofstuk uit haar pen is in Ons kom van vêr af (Carstens en Le Cordeur 2016) opgeneem. Sy is die skrywer en medeskrywer van vier Afrikaanshandboekreekse vir laer- en hoërskole asook medeskrywer van ’n handboek vir Afrikaansmetodiekstudente. Ronel is die afgelope 12 jaar die projekleier van ’n gemeenskapsprojek waartydens Afrikaansmetodiekstudente Afrikaans (Tweede Addisionele Taal) aan landelike leerders in haar plaasskooltjie onderrig. Sy het ook in 2018 ’n handpopprojek van stapel gestuur. Ronel is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.