Met een miljard inentings gaan China dalk die eerste land sonder maskers wees!

  • 0

Grafika: Sebastien Marty | Pixabay

Kom ons wees eerlik. Toe China aankondig COVID-19 is gevaarlik, was die meeste mense in die wêreld maar skepties. Bla, nog ’n griep, het ons gedink.

Boonop weet ons almal dat Chinese al jare lank maskers dra in die openbaar. Nie een van ons wou sou ooit in die openbaar met ’n masker verskyn nie! Jig!

Toe begin die feite deurkom. Wuhan bou reeds aan die einde van 2019 die grootste veldhospitaal wat die wêreld nog gesien het ...

In Januarie 2020 het die Chinese regering die volle rNS van die COVID-19-virus gepubliseer. Dit het medici in alle lande in staat gestel om entstowwe te begin ontwikkel – in ’n rekordtyd.

Entstowwe is al jare lank in gebruik, en al wat die slim mense uiteindelik gedoen het, was om bestaande platforms te neem en seker te maak die proteïen van die Covid-stekels word ingebed in die bestaande, reeds-getoetste platforms.

Die Covid-virus het daardie stekel nodig om ons selle mee oop te sluit. Ons liggame vervaardig teenliggaampies wat soos stukkies borrelgom om daardie stekels saampak, dan kan dit ons nie siek maak nie.

Selfs met die nuwe variante werk dit so: Die liggaam neem ’n rukke langer om die nuwe variant te uitoorlê, maar het in die meeste mense se liggame genoeg tyd om die teenliggaampies teen daardie variant te vervaardig voor die persoon ernstig siek word.

Terwyl China en die VSA meeding op militêre gebied en in die ruimte, is China ook besig om ’n ander wapenwedloop te wen: entstowwe.

China het nou reeds meer as een miljard entstowwe toegedien.

In die VSA is Biden baie hard aan die werk om Trump se skade om te keer, maar ons moet erken, die Chinese loop al weer voor!

China skud tans behoorlik hulle swaarde in die koue oorlog wat steeds om Taiwan se “onafhanklikheid” gevoer word – daar is selfs ontleders wat ’n Chinese inval vrees.

China, nie Nasa nie, is besig om ’n nuwe ruimtestasie te bou en het pas ’n bemande sending daarheen gestuur.

Biden se administrasie doen goed om die land in te ent, maar soos in Suid-Afrika is kudde-immuniteit net ’n droom as te veel mense sou weier om ingeënt te word.

Maskers, leë teaters en leë rugbystadions kan nog lank Suid-Afrika se voorland bly as die antivaksers hulle sin kry.

China is los voor. Hulle hoop om teen Desember 2021 reeds kudde-immuniteit te hê danksy al die inentings.

Binnekort kan China die eerste land wees wat hulle maskers met gemak by die huis kan los. Hoe ironies.

Lees ook:

Jy is ’n belangrike deel van die nuwe wapenwedloop

COVID-19: Jeremy Nel on vaccines, returning to normal and ivermectin

 

  • 0
Top