...
Talle jongmense kies juis die niebinêre ruimte omdat hulle nie ingeperk wil wees nie.
...
...
Elke nou en dan klap die patriargie weer op die lelikste moontlike manier na die brose werk wat reeds gedoen word om kwesbare mense ter wille te wees. So sou ’n bekende popsanger waaragtig onlangs beweer die + in LGBTQIA+ staan vir bestialiteit. Nie net maak sulke snert talle mense seer nie, dit is ook gevaarlik, want deur sulke valse boodskappe word die lewens van ons minderheidsgroepe nog meer blootgestel aan geweld.
...
Talle jongmense identifiseer deesdae bewustelik as niebinêr – hulle pas dus nie in die oude dosies van “vroulik” of “manlik” nie. Daarmee saam word die stereotiepe rolle wat arbitrêr gekoppel is aan gender, deur al hoe meer mense uitgedaag.
Progressiewe skole en ander ondernemings skep nou toilette waar enige een welkom is, en leerders by van ons land se beste skole word gevra om die voornaamwoorde waarmee hulle identifiseer, bekend te maak.
In Suid-Afrika, waar skooluniforms nog ’n klaaglike oorblyfsel van ons Brits-koloniale verlede is, implementeer meer en meer skole uniforms wat geen gendermerker het nie. Meisies, seuns en niebinêre leerders kan dus almal een uniform dra; daar word nie meer gediskrimineer nie.
Dit is prysenswaardig, maar elke nou en dan klap die patriargie weer op die lelikste moontlike manier na die brose werk wat reeds gedoen word om kwesbare mense ter wille te wees. So sou ’n bekende popsanger waaragtig onlangs beweer die + in LGBTQIA+ staan vir bestialiteit. Nie net maak sulke snert talle mense seer nie, dit is ook gevaarlik, want deur sulke valse boodskappe word die lewens van ons minderheidsgroepe nog meer blootgestel aan geweld.
Die + is positief. Dit staan vir ’n nuwe begin, weg van die stereotiepe, patriargale rolle waar mans oor vroue kon heers. Die + is ’n plus vir ons inklusiewe samelewing.
Die + as verteenwoordiging van niebinêre mense
Daardie + omarm diegene wat nie in boksies pas nie.
Waarom moet almal altyd gekategoriseer word?
Hierdie slim (hoewel effens tranerige) kortfilm van ongeveer 15 minute som die niebinêre persoon se reis na aanvaarding baie goed op.
Kyk hoe Bailey voor die toilette staan: Mans dié kant, vroue daai kant. En Bailey? Waar moet hulle ingaan?
Wat moet Bailey doen wanneer die onderwyseres, onnadenkend, sê: “Seuns dié kant, meisies daardie kant?”
Bailey is nie ’n seun of ’n meisie nie.
Bailey verkies die voornaamwoord “hulle”.
Dit maak hulle nie minder mens nie, soos hulle in die film sê: “Ek is nog ek.”
Vir lesers wat die Afrikaanse letterkunde ken, hier is ’n interteks: Die karakter Bart Nel, man en patriarg, het dekades gelede in ’n totaal ander stryd om identiteit gesê: “Ek is nog hy.” Die Afrikaner-patriarg het vir dekades ná Bart Nel geskep is, tientalle simbole tot stand gebring om homself te verteenwoordig, dikwels in ’n streng aparte boksie.
Die + verteenwoordig mense soos Bailey wat nie in enige van die uitgediende boksies pas nie.
Die + wys daar kan ook méér wees
Vir baie jare het die bekende, en durf ek sê beeldskone, Nederlandse skrywer Marieke Lucas Rijneveld, as niebinêr geïdentifiseer.
Lucas 7.4 🚀https://t.co/aASwsSWYWP pic.twitter.com/GImJEq1nbY
— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) November 11, 2021
Ek noem opsetlik beeldskoon, want daar is soms ’n vreemde idee dat mense wat teen die gendernorme opstaan, nie mooi of verfynd wil wees nie.
💧💧
📸 Martijn van de Griendt pic.twitter.com/EeZYOGkJDw
— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) November 30, 2021
Rijneveld is ’n baie mooi mens en hou ook daarvan om mooi aan te trek.
Hulle is (was) ook een van die bekendste niebinêre skrywers in die wêreldletterkunde. (Ek verduidelik die was binnekort.)
She's not sure if you're a boy or a girl. Hey babe, you're hair's alright
Hey babe, let's go out tonight 🎼💫 pic.twitter.com/7xMnS8P6Nv— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) November 3, 2021
Hulle het dikwels ’n bietjie met hulself gespot oor hul gender.
Hulle is suksesvol. Nie net as digter nie, maar ook as romansier. In 2020 is die Booker-prys aan hulle toegeken vir die vertaalde roman The discomfort of evening.
Hulle Nederlandse roman De avond is ongemak was ’n wegholsukses. Dit is toe in Engels vertaal deur Michele Hutchinson. Dié vertaling het die Booker gewen.
Die amptelike aankondiging van die Booker-prys deur die Nederlandse regering het Rijneveld soos volg beskryf:
Born in April 1991 in Nieuwendijk, the Netherlands, Marieke Lucas Rijneveld, whose preferred pronouns are they/them, is the youngest author and also the first Dutch national to win The International Booker Prize. They adopted the name Lucas, originally the name of their imaginary friend, to represent their identity as non-binary. Rijneveld grew up in a Reformed farming family in North Brabant before moving to Utrecht and, alongside their writing career, they still work on a dairy farm.
Soos Bailey in die film het Rijneveld nie as ’n man of ’n vrou bekendgestaan nie. Hulle is niebinêr.
View this post on Instagram
Tog was Lucas ’n belangrike deel van hulle identiteit.
My Heavenly Favourite is the favorite book of Lieve van de Velde in @destandaard With a great collage by Celine Poppe (I want those legs!). 🐮💫 #Mijnlievegunsteling pic.twitter.com/AxakNg9oAx
— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) December 28, 2021
Aan die ander kant was hulle gemaklik om die uiters vroulike weergawe van hulself te plaas toe iemand ’n collage gemaak het van ‘n taamlik sexy, vroulike lyf met ’n Rijneveld-kop.
Gender is egter vloeibaar en dit wil voorkom asof Lucas ’n al hoe sterker identiteit begin inneem in Rijneveld se lewe.
He/him! 🎉🎉🚀🚀 pic.twitter.com/GZg92qoOce
— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) January 7, 2022
Op 7 Januarie het 2022 het hy aangekondig dat sy gekose voornaamwoord geskuif het na hy (en natuurlik daarmee saam hom).
Meer en meer sien ’n mens dan ook dat na Rijneveld as ’n man verwys word.
En so, sou dit inderdaad die voorkeur wees, word “hulle” dus “hy”. Daarom verwys ek ook verder na hom met hy.
Golden Lucas ✨✨ #newhaircolorhttps://t.co/aASwsSXwMn pic.twitter.com/vIGR7CEHeR
— Marieke Lucas Rijneveld (@MLRijneveld) February 9, 2022
Let ook op hoe hy sy nuwe haarkleur aankondig. Dit is goue Lucas hierdie.
Die + sê die wêreld is nie swart-en-wit nie
Martien Lucas Rijneveld is ’n goeie persoon om ’n + aan toe te ken, want hy is bekend, gewild en gemaklik om oor sy gender te gesels.
Rijneveld, selfs noudat hy skynbaar kies om onder die manlike voornaamwoord bekend te staan, probeer hoegenaamd nie om “soos ’n man” te lyk of te klink nie.
Luister na sy voorlesing uit The discomfort of evening en hoe hy daaroor gesels.
Op 30 Januarie, na hy aangekondig het dat hy en hom sy voornaamwoorde sal wees, het hy die volgende onderhoud geblaas.
"Je moet omgaan met een leven dat valgevaarlijk is." @MLRijneveld doet dat door te dichten. Vanavond is hij te gast over zijn nieuwe bundel 'Komijnsplitsers'. #brommeropzee, 19.25 uur bij de @vpro op @NPO2. pic.twitter.com/TuXaL1crbk
— VPRO Brommer op zee (@brommeropzee) January 30, 2022
Daar is steeds geen aanduiding dat hy pogings aanwend om met ’n dieper stem te praat nie.
Ek noem dit, want sommige mense vind die gender wat by geboorte aan hulle toegeken is, so problematies dat hulle moeite doen om oor te gaan na ’n gender waarin hulle gemaklik is. Trans mans sal dikwels testosteroon gebruik om hulle stemme dieper te maak en om seker te maak dat hulle baarde ordentlik en dig kan wees. Trans vroue sal dikwels estrogeen gebruik om borste te kry en baie van hulle neem lesse om hulle stemme meer vroulik te maak.
Maar nie almal wil sulke drastiese stappe doen nie.
Talle jongmense kies juis die niebinêre ruimte omdat hulle nie ingeperk wil wees nie.
Daar is ander wat beslis die oorgang, of transisie, wil maak.
Hierdie kortfilm beeld die noodsaak om sulke reise te ondersteun, baie mooi uit.
Rijneveld skyn gemaklik te wees in sy lyf presies soos dit nou is en het ook skynbaar geen probleem met hoe sy stem klink nie.
View this post on Instagram
Robert Hamblin is ’n kunstenaar en fotograaf. Meer nog, as transaktivis het hy ontsettend veel gedoen om struikelblokke uit die pad te rol vir mense wat ’n pad van transisie, of dan oorgang na ’n ander identiteit, stap.
Op 31 Maart, ’n dag wat internasionaal gebruik word om die kollig op trans mense se reise te plaas, het hy ’n besonder interessante plasing op sy Instablad gemaak.
By ’n foto van sy bebaarde gesig het hy geskryf:
Here I am. Trans day of visibility. I love my new body. I celebrate every hair. Thank you beloveds.
I’m not a man. I’m not and never was trapped in the wrong body. I’m a kind of a human, untethered. The straightjacket of gender came loose. It happens.
Een van sy volgelinge, wat bekendstaan as Stephen_mcr, het soos volg daarop gereageer.
I love what you said – I am just a Stephen. I’m happy being just a Stephen. I was never a woman – didn’t get that far, but I never wanted to be the sort of men I so often really don’t like. The men I do like may be trans or cis, but they are always untethered. If that makes me, me, then so it is.
Die + is dus positief en inklusief. Die + maak dit moontlik vir mense om te wees, ongebonde aan ’n binêre wêreld.
Lees gerus ook die onderhoud met Robert Hablin oor sy eie reis op LitNet, waarin hy sê: “Ek is presies die persoon wat ek altyd wou wees.”
Die + gee ’n uitkoms vir alfabetsopskeppers
In Suid-Afrika is daar ’n aantal instansies wat hulle daarvoor beywer om mense by te staan wat as LGBTQIA+ identifiseer.
Een van die organisasies, bekend as die Professional Association for Transgender Health South Africa, of Pathsa, is, soos die naam aandui, ’n vereniging wat professionele gesondheidswerkers van raad en bystand bedien in die hantering van enige persoon op die transspektrum.
Hulle amptelike riglyne vir gesondheidswerkers is gratis beskikbaar aan die publiek. Onder andere doen hulle baie moeite om korrekte en bruikbare definisies te verskaf.
Daar sal jy lees dat LGBTQIA+ ’n sinoniem het: LGBTQQIP2SAA.
Sjoe.
Hiermee dan die amptelike, korrekte verduidelikings vir LGBTQIA+, soos verskaf deur die organisasie Gender Dynamix.
- L – Lesbies: Wanneer ’n vrou romanties of seksueel aangetrokke is tot ander vroue.
- G – Gay: Wanneer ’n man romanties of seksueel aangetrokke is tot ander mans. Daar is egter talle mans wat seks sal hê met mans, byvoorbeeld in tronke of in hostelle, wat nie as gay bekend wil staan of identifiseer nie.
- B – Biseksueel: Iemand wat romanties of seksueel aangetrokke is tot meer as een gender, nie noodwendig op dieselfde manier nie, ook nie noodwendig op dieselfde vlak nie.
- T – Trans/Transgender: Dit is ’n breë sambreelterm vir mense wie se gender nie belyn is met die gender wat by geboorte aan hulle toegeken is nie.
- Q – Queer: ’n Wonderlike term, maar een wat ongelukkig ook by tye negatiewe konnotasies dra. Dit is ’n sambreelterm wat enige persoon insluit wat nie ’n boksie wil pas nie. In Engels is die Q soms ook ’n simbool vir diegene wat nog vrae oor hul identiteit en seksualiteit vra – Q vir questioning,
- I – Interseks: Dit is van toepassing op iemand wat, dikwels reeds by geboorte, nie duidelik as man of vrou geïdentifiseer kan word nie, iets wat van 1,7% van die wêreld se bevolking gesê kan word.
- A – Aseksueel: Iemand wat min of geen aangetrokkenheid tot seks het nie.
- + Die lieflike sambreelterm vir mense wat nie in boksies pas nie – van hulle is demiseksueel, niebinêr, gendervloeibaar, pansekseksueel, of ?.
Die sinoniem, LGBTQQIP2SAA, is mooi, maar lomp. Waar die terme dieselfde is as hier bo, gaan verdere verduidelikings nie gegee word nie:
- L – Lesbies
- G – Gay
- B – Bisekseksueel
- T – Transgender
- Q – Questioning
- Q – Queer
- I – Interseks
- P – Panseksueel: Iemand wat verlief raak op of seksueel aangetrokke is tot iemand op ’n manier wat niks met daardie persoon se seks of gender te make het nie.
- 2S – Two spirit: ’n Term wat ontleen is aan eerste nasies wat erken dat sommige mense die gees van ’n man en ’n vrou in hulle kan hê.
- A – Androgeen: Iemand wat manlike en vroulike eienskappe in hulle menswees omarm en/of nie as manlik of vroulik identifiseerbaar is nie.
- A – Aseksueel
Dankie tog vir die +
Om waarlik inklusief te wees, beteken dat die alfabetsop al hoe langer gaan word.
Dit het begin met LBGT. Die I het vinnig bygekom. En toe nog.
Die plus is ’n positiewe toevoeging om te sê almal is welkom.
Hoe kan ek en jy verwelkomend wees?
Dit is nie altyd maklik of eenvoudig om te weet hoe om mense aan te spreek of hoe om na hulle te verwys nie.
Om iemand te misgender, maak seer.
Maar hoe weet ons?
Vra.
Een van die beste maniere om iemand ter wille te wees is om eenvoudig te vra: “Wat is jou voornaamwoorde?”
- As iemand sê hy/hom, respekteer dit en verwys na hom as ‘n man.
- As iemand sê sy/haar, respekteer dit en verwys na haar as ‘n vrou.
- As iemand sê hulle, respekteer dit en verwys na hulle as niebinêr.
- As iemand sê sy/haar/hulle beteken dit jy mag die vroulike verwysing of die niebinêre verwysing gebruik, maar nooit die manlike nie.
- As iemand sê hy/hom/hulle beteken dit jy mag die manlike verwysing of die niebinêre verwysing gebruik, maar nooit die vroulike nie.
Die + is die toekoms
Die jongmense wat ons tans uitdaag om verby die stereotipes te dink, is die toekoms, al kla die patriarge, en matriarge, hoe hard.
’n Eeu gelede is geglo vroue mag nie stemreg hê nie. Dit het verander.
Tot onlangs is geglo mense wat seksueel tot dieselfde geslag aangetrokke is, sou kwansuis aan ’n mediese kondisie ly wat reggedokter kan word. Dit is gelukkig as vals bewys.
My eie pa het geglo swart mense sal nooit Suid-Afrika kan regeer nie.
Gender is ’n swak en baie problematiese konstruk wat dikwels diepgesetelde vooroordele behels. Oor ’n 100 jaar sal mense hopelik hierdie stuk lees en dit vreemd vind dat enige iemand moontlik die positiewe + kon bevraagteken.
Hulpbronne
Pathsa se professionele raad aan sielkundiges, mediese dokters, maatskaplike werkers en verwante bedrywe kan hier afgelaai word.
Gender Dynamix se toeganklike raad oor definisies en alledaagse hulp kan hier afgelaai word.
Die organisasie Iranti se hulp aan die media kan hier afgelaai word.
Lees ook op LitNet:
Só benader mens die transgender-gesprek sensitief en sinvol
’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel